Page 1 of 1
MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Thu Jun 14, 2018 9:57 am
by MARIUS123
More almal,
Hoop dit gaan goed. kan julle hier help. Ek was opsoek na 'n Boyds kolf vir my Musgrave Lyttleton 308 enkel skoot. (het nog die oorspronklike kolf op). Ek kom toe af op iemand wat 'n Boyds kolf verkoop op een van die groepe op Facebook, maar dit was vir sy Musgrave 243 RSA. Dit was 'n blank wat hy van Boyds ingebring het, wat hy laat inlet het deur iemand.
nou my vraag. Sal hy pas op my 308? Is die aksie dimensies presies dieselfde?
Die 243 het 'n magasyn en my 308 nie, maar ek is seker ek sal daar 'n plan kan maak om die gapings te vul.
Wat is julle opinies?
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Thu Jun 14, 2018 10:18 am
by Alwin
Die aksies sal waarskynlik dieselfde wees. Daar was verskeie opdaterings deur die produksietydperk, maar ek vermoed die aksie se "voetspoor" het basies dieselfde gebly.
Die gat vir die magasynkas verswak die kolf aansienlik, wat van die voordele van die swaar, soliede RSA aksie kanseleer. Die enkelskoot aksie kan dus werk in 'n kolf met magasyngat, maar dis nie ideaal nie. Jy sal 'n vloerplaat moet maak om die gat se onderkant toe te maak.
Oorweeg ook om nog 'n "uninletted" kolf vanaf Boyds te kry en deur jou wapensmid te laat uitsny en pak.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Thu Jun 14, 2018 11:52 am
by MARIUS123
Dankie Alwin. Ek gaan maar die kolf laat kom en kyk hoe hy lyk en pas. Probleem is, Boyds will nie 'n bestelling van meer as $100 Suid-Afrika toe laat kom nie.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Thu Jun 14, 2018 12:37 pm
by Alwin
MARIUS123 wrote:Dankie Alwin. Ek gaan maar die kolf laat kom en kyk hoe hy lyk en pas. Probleem is, Boyds will nie 'n bestelling van meer as $100 Suid-Afrika toe laat kom nie.
Boyds wil. Dit is die Amerikaanse doane wat 'n $250 ITAR permit wil sien vir enige wapen-onderdele bo $100.
Die antwoord is om 'n handelaar te vra om ene in te voer. Dan versprei hy die permit koste oor die hele bestelling. Kontak vir Geno hier op Jaracal.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Tue Jun 19, 2018 9:43 pm
by thys308
Ek sal ook later belangstel as ek my lisensie gekry het vir my 308 enkel skoot. Ek dink ñ pestool greep sal dalk mooi werk.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Tue Jun 19, 2018 10:19 pm
by Jurgen Visser
Ek sal graag die musgrave enkelskoot oorspronlikke kolf by jou wil koop as jy dit sou wou laat gaan , laat weet my asb
Groete
Jurgen
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Wed Jun 20, 2018 12:52 am
by MB James
Jammer vir die afwyking.
Twee vrae.
Beste sneller opsie vir RSA Enkelskoot Musgrave?
Beste Knaldemper opsie?
Waar begin man kyk?
Sent from my S60 using Tapatalk
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Wed Jun 20, 2018 11:39 am
by thys308
Wat behoort daai oorspronklike kolf werd te wees of goeie prys wees vir hom te wees.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Sat Jan 07, 2023 10:55 pm
by Blairadam
MARIUS123 wrote: Thu Jun 14, 2018 11:52 am
Dankie Alwin. Ek gaan maar die kolf laat kom en kyk hoe hy lyk en pas. Probleem is, Boyds will nie 'n bestelling van meer as $100 Suid-Afrika toe laat kom nie.
Het julle toe die Boyds kolf gekry? Sal graag wil sien hoe dit lyk op die RSA
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Mon Jan 09, 2023 6:08 pm
by wlm
MB James wrote: Wed Jun 20, 2018 12:52 am
Jammer vir die afwyking.
Twee vrae.
Beste sneller opsie vir RSA Enkelskoot Musgrave?
Beste Knaldemper opsie?
Waar begin man kyk?
Ek deel so n paar "arm man se gedagtes" met jou vir wat dit werd is:
1. n RSA enkelskoot geweer is redelik swaar. Boyd's kolwe is ook swaar. Pasop vir later met n onhanteerbare geweer sit.
2. Die standaard RSA-kolf is dik rondom die handgreep. Jy kan n pistoolgreep maak deur net van die ekstra hout agter die snellerbeuel met n vyl te verwyder.
3. Die kolf se kam is te laag vir n goeie "cheek-weld" wanneer jy n teleskoop gebruik. Die kam kan maklik verhoog word met n stukkie hout.
Die veranderinge klink maar redelik amateuragtig maar jy moet onthou dat die RSA-Musgrave gebou is om op die skietbaan te presteer, nie om in die sitkamer mee te spog nie.
Indien jy wil sien hou my staatmaker lyk kan jy my WA op 08vier 592 7vier7vier.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Mon Jan 09, 2023 6:08 pm
by wlm
n Thor-sneller is n bekostigbare opsie en kan baie lig gestel word.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Mon Jan 09, 2023 9:55 pm
by HeinM
wlm wrote: Mon Jan 09, 2023 6:08 pm
MB James wrote: Wed Jun 20, 2018 12:52 am
Jammer vir die afwyking.
Twee vrae.
Beste sneller opsie vir RSA Enkelskoot Musgrave?
Beste Knaldemper opsie?
Waar begin man kyk?
Ek deel so n paar "arm man se gedagtes" met jou vir wat dit werd is:
1. n RSA enkelskoot geweer is redelik swaar. Boyd's kolwe is ook swaar. Pasop vir later met n onhanteerbare geweer sit.
2.
Die standaard RSA-kolf is dik rondom die handgreep. Jy kan n pistoolgreep maak deur net van die ekstra hout agter die snellerbeuel met n vyl te verwyder.
3.
Die kolf se kam is te laag vir n goeie "cheek-weld" wanneer jy n teleskoop gebruik. Die kam kan maklik verhoog word met n stukkie hout.
Die veranderinge klink maar redelik amateuragtig maar jy moet onthou dat die RSA-Musgrave gebou is om op die skietbaan te presteer, nie om in die sitkamer mee te spog nie.
Indien jy wil sien hou my staatmaker lyk kan jy my WA op 08vier 592 7vier7vier.
My RSA se kolf is oorsponklik. Die handgreep is perfek. Dit is nie 'n pistool nie en met die korrekte voorgeskrewe greep is dit prefek...
Ek het puik wangdruk met die '50 voorste lens van my 5-25 x 50 teleskoop op die geweer...
Mooi aand daar!
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Mon Jan 09, 2023 10:55 pm
by HeinM
HeinM wrote: Mon Jan 09, 2023 9:55 pm
wlm wrote: Mon Jan 09, 2023 6:08 pm
MB James wrote: Wed Jun 20, 2018 12:52 am
Jammer vir die afwyking.
Twee vrae.
Beste sneller opsie vir RSA Enkelskoot Musgrave?
Beste Knaldemper opsie?
Waar begin man kyk?
Ek deel so n paar "arm man se gedagtes" met jou vir wat dit werd is:
1. n RSA enkelskoot geweer is redelik swaar. Boyd's kolwe is ook swaar. Pasop vir later met n onhanteerbare geweer sit.
2.
Die standaard RSA-kolf is dik rondom die handgreep. Jy kan n pistoolgreep maak deur net van die ekstra hout agter die snellerbeuel met n vyl te verwyder.
3.
Die kolf se kam is te laag vir n goeie "cheek-weld" wanneer jy n teleskoop gebruik. Die kam kan maklik verhoog word met n stukkie hout.
Die veranderinge klink maar redelik amateuragtig maar jy moet onthou dat die RSA-Musgrave gebou is om op die skietbaan te presteer, nie om in die sitkamer mee te spog nie.
Indien jy wil sien hou my staatmaker lyk kan jy my WA op 08vier 592 7vier7vier.
My RSA se kolf is oorsponklik. Die handgreep is perfek. Dit is nie 'n pistool nie en met die korrekte voorgeskrewe greep is dit prefek...
Ek het puik wangdruk met die '50 voorste lens van my 5-25 x 50 teleskoop op die geweer... Gebruik jy 'n maanscope daar is nie karoo?
Mooi aand daar!
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Mon Jan 09, 2023 10:56 pm
by HeinM
HeinM wrote: Mon Jan 09, 2023 9:55 pm
wlm wrote: Mon Jan 09, 2023 6:08 pm
MB James wrote: Wed Jun 20, 2018 12:52 am
Jammer vir die afwyking.
Twee vrae.
Beste sneller opsie vir RSA Enkelskoot Musgrave?
Beste Knaldemper opsie?
Waar begin man kyk?
Ek deel so n paar "arm man se gedagtes" met jou vir wat dit werd is:
1. n RSA enkelskoot geweer is redelik swaar. Boyd's kolwe is ook swaar. Pasop vir later met n onhanteerbare geweer sit.
2.
Die standaard RSA-kolf is dik rondom die handgreep. Jy kan n pistoolgreep maak deur net van die ekstra hout agter die snellerbeuel met n vyl te verwyder.
3.
Die kolf se kam is te laag vir n goeie "cheek-weld" wanneer jy n teleskoop gebruik. Die kam kan maklik verhoog word met n stukkie hout.
Die veranderinge klink maar redelik amateuragtig maar jy moet onthou dat die RSA-Musgrave gebou is om op die skietbaan te presteer, nie om in die sitkamer mee te spog nie.
Indien jy wil sien hou my staatmaker lyk kan jy my WA op 08vier 592 7vier7vier.
My RSA se kolf is oorsponklik. Die handgreep is perfek. Dit is nie 'n pistool nie en met die korrekte voorgeskrewe greep is dit prefek...
Ek het puik wangdruk met die '50 voorste lens van my 5-25 x 50 teleskoop op die geweer... Gebruik jy 'n maanscope daar in die karoo?
Mooi aand daar!
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Tue Jan 10, 2023 9:11 pm
by wlm
Ons manne wat na 50 nog nie n dubbele ken ontwikkel het nie se wange is maar klein.
Re: MUSGRAVE RSA 308 EN 243
Posted: Tue Jan 10, 2023 11:39 pm
by HeinM
wlm wrote: Tue Jan 10, 2023 9:11 pm
Ons manne wat na 50 nog nie n dubbele ken ontwikkel het nie se wange is maar klein.
Twyfel bitter sterk of jy 'n dubbelken het

Ek gebruik lae ringe... 'n Rail sal dalk probleme veroorsaak