Page 1 of 1

Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Jun 14, 2018 8:30 pm
by Ben Remington
Goeie naand...

Ek en Myburgh het gister aand vir ons 'n vuur gemaak en lekker sit en gesels...ons het onsself net sit en lus maak vir 'n lekker middag saam in die veld. Ek het besluit om hom te verras en vinnig 'n plan gemaak vir ons om in die veld te kom....na een oproep na 'n goeie maat toe en die dinge was gereël. Toe die ou van die skool af kom , kon hy sommer op my gesig sien wat die planne is vir die middag.

Ons het die trop blouwildebeeste gekry met 'n lekker sterk wind van die linker kant af ...hulle was lekker rustig en die boer het vir my gesê die een in die middel ....die bok het tussen twee klein Kameelboompies gestaan met geen bokke agter haar nie...ek het so om en by 'n duim in die wind in gemik en met die klap van die skoot kon ek geen aanduiding hoor dat dit raak was nie. Die hele trop het weggedraf en toe sê Myburgh vir my pa daar draai die stof...die skoot was lekker styf agter die blad in en effe skuins na voor uit. Die afstand was so 170m en beide longe was stukkend...
Myburgh het my hand gevat en my stip in die oë gekyk en my geluk gewens.

Groetnis

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Jun 14, 2018 8:31 pm
by Ben Remington
....

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Jun 14, 2018 8:34 pm
by Nella
Mooi man..
Lekker so saam met die jongman in die veld

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Jun 14, 2018 8:45 pm
by JPS
Baie geluk,

Great herineringe wat jy maak saam jou seun. Sien altyd uit na jou skrywes.

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Jun 14, 2018 9:23 pm
by ChristoK
Baie geluk!

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Sun Jun 17, 2018 10:06 pm
by Vlakvark Soldaat
Ben, jong, nog n jaar is verby en my planne het nie by jou uitgekom nie!! Streng gesproke, jag ons almal darem weekliks saam jou! Hahaha!

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Mon Jun 18, 2018 8:31 pm
by heywillie
Jy weet darem maar hoe om 'n mens jaloers te maak

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Aug 30, 2018 11:32 am
by Umshwati Boy
Vlakvark Soldaat wrote:Streng gesproke, jag ons almal darem weekliks saam jou! Hahaha!
Terwyl ons op die Forum sit, en debateer 270 vs 30-06, mono vs bonded, etc etc, gaan Ben en Myburgh met sy 308 en doodgewone Sierra Gamekings en kry klaar ::)

Dankie vir die deel Ben en Myburgh.

Re: Naweek breek effe vinniger aan as gewoonlik....

Posted: Thu Aug 30, 2018 12:12 pm
by Toyrsi
Baie geluk Ben.
Was lekker om met jou en Myburg te kon praat op Kuruman se skiet.