Page 1 of 1

Simpel kruit spateltjie

Posted: Tue Jun 19, 2018 6:36 pm
by J le Roux
Ek het gou hierdie spateltjie van 'n strootjie gemaak.

Met effens hitte van 'n aansteker of kers kan mens jou verlangde hoek van die lepel deel kry. Jy gaan n paar gate brand maar aanhouer wen. Sny dan op lengte van jou keuse af en sny die lepel vorm uit, 'n klein sker, of skerp lem sal werk. Ek het sommer ook die agterkant van n soesjie stokkie ingedruk om hom stewig te maak en met swart kleefband afgerond, maar die net omdat ek lekker gespeel het.

My seun geniet dit vreeslik om stafies kruit by te sit of uit die pannetjie te haal om die RCBS balkieskaal presies te laat balanseer nadat kruit uot die kruitmeter gegooi is. Die skaaltjie is gevoelig vir
'n enkele stafie kruit.
My trickler is vir eers werkloos, en kon in elkgeval nooit kruit uit haal nie.

Groete

Re: Simpel kruit spateltjie

Posted: Tue Jun 19, 2018 7:15 pm
by ruaanb
slim plan!

Re: Simpel kruit spateltjie

Posted: Tue Jun 19, 2018 9:20 pm
by Jake1
Mooi gedink!

Re: Simpel kruit spateltjie

Posted: Wed Jun 20, 2018 9:29 am
by andre007
Goeie plan daai. Ek het destyds so bedryfie gehad wat vol kruit gelaai was, die lepel handvatsel (sosatiestok of dowel) was net bo die balkieskaal se pan monteer, met so ligte tik met die voorvinger kon ek lekker korrel vir korrel kruit in die pan gooi (trickle) om op gewig te kom