Page 1 of 1
Musgrave manne.
Posted: Sat Jun 23, 2018 2:06 pm
by Speelmansjagter
Middag.
Help my asseblief.
Wat is die verkoopswaarde van die ou musgrave gewere in n goeie kondisie. .243 en .270 en .308 en so aan. Ek het opsie op n paar, maar weet nie regtig wat om aan te bied nie.
Ek gaan nou nie hier fotos plaas nie, maar hulle lyk goed en die scopes op die gewere is maar ou tasco's en sulke goed.
Hulp sal baie waardeer word.
Groete
Jaco
Re: Musgrave manne.
Posted: Sat Jun 23, 2018 3:46 pm
by skollie
Ek het my Musgrave 30-06 (Santa Barbara aksie) vir R8000 verkoop (sonder ekstras)
Vriend van my het onlangs Musgrave 308 Win gekoop vir R6000
............ Ek weet nie of dit regtig alles markverwante pryse was nie, maar gee jou dalk 'n indikasie. Hang natuurlik van toestand van geweer.
Soos hulle sĂȘ "dit is net die geld werd wat die volgende ou bereid is om te betaal"
Sent from my SM-T815 using Tapatalk
Re: Musgrave manne.
Posted: Sat Jun 23, 2018 7:12 pm
by Hein M.
Ek het 6 jaar gelede my Musgrave SB 243 verkoop vir R8500. Baie spyt nou natuurlik, maar dit is die goiing rate vir 'n goed opgepasde Musgrave. Die Mod. 80, 83 en 90 is meer werd. Dalk die RSA Enkelskoot gewere ook.
Die nuwe goed is so goed geprys - en sommige is bitter goeie waarde vir geld. Ek en 'n paar ander hardcore Musgrave-aanhangers sal egter altyd meer hou van die lekker gladde "old school" aksies se "feel"...
Mooi aand!
Re: Musgrave manne.
Posted: Sat Jun 23, 2018 7:28 pm
by Philip J
Hein M. wrote:Ek en 'n paar ander hardcore Musgrave-aanhangers sal egter altyd meer hou van die lekker gladde "old school" aksies se "feel"...
Mooi aand!
Waarheid!!!!
Jammer vir die kaping, maar ek kon myself net nie keer nie

Re: Musgrave manne.
Posted: Sat Jun 23, 2018 10:20 pm
by dehacked
Ja nee kyk 'n mod80 se aksie is glad soos seep.