Page 1 of 1
Rotary Tumbler Bou
Posted: Sun Jun 24, 2018 8:38 pm
by Ockert1992
Naand julle,
Ek is besig om 'n tumbler te bou.
Alles is nou so te sê reg. Net vir die krag. Is hier dalk iemand met 'n maklike vinnige plan om 'n 12v wiper motor aan te dryf?
Ek het 'n ou rekenaar psu hier, maar lyk my nie ek kry hom aan die gang nie.
Groete
Ockert
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Sun Jun 24, 2018 9:33 pm
by Gawie(13mm)
Ockert, daai kragbron moet ten minste 6 amp uitsit om die motor aan die gang te kry.
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Sun Jun 24, 2018 10:37 pm
by J P
Gebruik 'n 12V battery, koppel terselfdertyd jou batterylaaier aan die battery om hom vol gelaai te hou.
Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Mon Jun 25, 2018 7:40 am
by Aceofspades
Het jy die sensing draad van die PSU uitgeshort? Sover ek kan onthou is die die pers wat jy moet koppel aan 'n groen? Kan nie presies onthou nou nie
Kriek
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Mon Jun 25, 2018 7:47 am
by Quenets
Aceofspads wrote:Het jy die sensing draad van die PSU uitgeshort? Sover ek kan onthou is die die pers wat jy moet koppel aan 'n groen? Kan nie presies onthou nou nie
Kriek
Môre Kriek,
Ek het die volgens youtube se bystand getackle.
Die groen draad koppel op 'n swart draad om te start. Dit werk, maar fan draai vir so een of twee sekondes en sit dan af.
Die pers draad is die bystand krag. Hy gee altyd 5v of die psu loop of nie.
Ek het gelees van die sensing draad, volgens my moet dit een van die bruin drade wees. Maar ek is nie lekker seker op watter een hy gekoppel moet word nie.
Groete
Ockert
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Mon Jun 25, 2018 8:11 am
by Aceofspades
Sorry, ja. Dis groen en swart. Gou geloer.
Kyk ook op die psu wat is jou hoogste amperage per draad. Swart-geel is gewoonlik die hoogste en blou die laagste.
Anders miskien 'n ander power supply of soos genoem, 'n battery.
Kriek
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Mon Jun 25, 2018 8:17 am
by blaser
het vir jou die regte transformer R500
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Mon Jun 25, 2018 9:15 am
by Berra .204
More Ockert. My anealer loop van rekenaar power supply. Sal later gaan kyk hoe ek gemaak het en vir jou fotos stuur. Pm my jou nr dan stuur ek vir jou die fotos
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Wed Jun 27, 2018 1:23 pm
by Ockert1992
Middag julle,
Dankie vir almal se terugvoer! Ek het die power supply darem aan die loop gekry.
Nou net nog 'n vraag? Watter Stainless Media werk die beste? Ek sien jy kry pins(1mm of 1.5mm) en ronde balletjies(1,2 of 3mm).
Dan hoeveel het jy nodig? My houer vat seker so 2.5 L.
Groete
Ockert
Re: Rotary Tumbler Bou
Posted: Tue Jul 03, 2018 1:54 pm
by MB James
Ockert1992 wrote:Naand julle,
Ek is besig om 'n tumbler te bou.
Alles is nou so te sê reg. Net vir die krag. Is hier dalk iemand met 'n maklike vinnige plan om 'n 12v wiper motor aan te dryf?
Ek het 'n ou rekenaar psu hier, maar lyk my nie ek kry hom aan die gang nie.
Groete
Ockert
Mooi so! Sal jy bietjie met ons 'n paar fotos deel asseblief?