Page 1 of 1
Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:18 pm
by F.L.A.S.H
Middag almal
Ek oorweeg om vir my n winch agter die cab op die tralies te mount (tralie is versterk en het n winch plaat)
Ek wil net graag hoor by julle wat self het of ondervinding het wat die pros en cons is.
Gaan seker nou nie buffels laai nie maar wel Elande en beeste.
As julle dalk fotos het van winches wat al n tyd werk (nog nie tralies gebreek het nie) of dalk n video of 2 van hulle in werking sal ek baie waardeer om dit te sien
Dit is n Natko tralie
Groete
Dave
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:21 pm
by Malan123
Ek luister ook by die radio - is in presies dieselfde bootjie.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:35 pm
by Carl
F.L.A.S.H wrote:Gaan seker nou nie buffels laai nie maar wel Elande en beeste.
Dave sonder om te hijack die twee is nogal ewe swaar so moenie eland bul onderskat nie! En ek dink daai R1.8m Bonsmara gaan ook die raam toets.
Ek het lank hieroor gewonder omdat die plaas geen arbeid op gehad het nie. Ek dink 'n "winch" is beter voor op die neus met 'n katrolwiel op die dak/raam. Dit gee jou meer as een gebruik vir die winch (windas). Die ander voordeel is dat 'n lang bok dan heeltemal opgetrek kan word, vir as jy alleen is. Die nadeel is natuurlik jy moet 'n laang kabel uitlaat.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:38 pm
by tripodmvr
Weet van stelsels met wen-as voor op normale posisie en dan 2 katrolle wat kabelgebruik na agter moontlik maak.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:41 pm
by F.L.A.S.H
Dankie Carl
As ek voor wil mount gaan ek n nuwe bumper moet aansit
Die hoof doel sal kudu bulle wees, bakkie is ook single cab so spasie vir trek is darm nie n issue nie
As iemand vir my kan help fotos laai dan kan ek fotos van bakkie en tralies stuur.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:50 pm
by tripodmvr
'n Goedkoper oplossing is om 'n tik-tok te kry wat so 2 ton kan sleep. Klein om agter sitplek te bere en vinnig om op te stel.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 12:55 pm
by F.L.A.S.H
tripodmvr wrote:'n Goedkoper oplossing is om 'n tik-tok te kry wat so 2 ton kan sleep. Klein om agter sitplek te bere en vinnig om op te stel.
Is dit daai Ratchet stelsel oom?
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:12 pm
by Toyrsi
Dave hier is die fotos
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:13 pm
by F.L.A.S.H
Dankie Jacques
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:16 pm
by JohanvB
Hoekom dit nie net agter op die teen die "cab" mount nie, pêl van my het dit so gedoen met sy cruiser, werk 100%
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:19 pm
by Carl
Dave
Een van die plekke waar ons gejag het het die man 'n 3hoek yster agter op die bak gehad, die punt bo het die katrol op gehad. As hy dan die winch aan sit trek dit die bok en 3 hoek op, die 3 hoek bereik dan hoogtepunt net as die bok se gat op die bak moet kom, en dan as dit op is val dit voorentoe. Laai grootbok alleen. As ek reg onthou was die winch op die bak.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:23 pm
by JohanvB
Hoekom dit nie net agter op die teen die "cab" mount nie, pêl van my het dit so gedoen met sy cruiser, werk 100%
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 1:28 pm
by Flip Nel
F.L.A.S.H wrote:Middag almal
Ek oorweeg om vir my n winch agter die cab op die tralies te mount (tralie is versterk en het n winch plaat)
Ek wil net graag hoor by julle wat self het of ondervinding het wat die pros en cons is.
Gaan seker nou nie buffels laai nie maar wel Elande en beeste.
As julle dalk fotos het van winches wat al n tyd werk (nog nie tralies gebreek het nie) of dalk n video of 2 van hulle in werking sal ek baie waardeer om dit te sien
Dit is n Natko tralie
Groete
Dave
Ons het op al ons plaas bakkies Winches in die bak, ons het die tralies versterk, op die landcruiser sukkel mens meer want die bakkie is hoog, wat ons doen is die hek van die tralies skuins teen die klap te sit en so die bees/eland op te winch. Nadeel as jy die winch in die middel van die tralies sit belemmer dit jou uitsig agtertoe, ons het later die winches na die hoek van die tralies geskuif, werk nogsteeds goed jy moet maar die kabel help dat hy mooi opwen, ek trap hom sommer gewoonlik om hom reg te werk. Ek persoonlik hou nie van pulley op die tralie nie, as jy agter op bakkie staan val jy gewoonlik teen daai ding. Het jare gelede die tik-tok manier gebruik, werk noggal lekker vir Kudu maar is bietjie lig vir Groot Eland bulle en bees.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 3:11 pm
by Pappabeer
Dave die belangrikste is om langer kettings vir jou tailgate te kry dat hy so 45 grade afhang. Dit vat baie moeite om n groot bok te laai met die tailgate paralel met die bak.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 3:39 pm
by Geno
Wat ook lekker werk is 'n roller op die tailgate se punt. Dit help dat die bok makliker bakkie klim wanneer die winch trek.
Re: Pros en cons van winch op tralies
Posted: Wed Jul 18, 2018 3:49 pm
by Carl
Geno wrote:Wat ook lekker werk is 'n roller op die tailgate se punt. Dit help dat die bok makliker bakkie klim wanneer die winch trek.
Keer ook dat ouens op die bak se rand trap en jou "rubberrising" aftrap
