Page 1 of 1

Spyderco Endura en Delica

Posted: Sat Jul 28, 2018 8:17 pm
by Arnold
Ek het my Spyderco Endura en Delica vervang met die Zero Tolerance 0452CF en 0450CF. Ek moet sĂȘ die flippers speel lekker :)

Het nogsteeds n Spyderco Dragonfly wat ek dra en kon nognie iets beter in sy plek kry nie, enige voorstelle?

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180728/d613780e08ba479514e1dd3604d94bd9.jpg

Re: Spyderco Endura en Delica

Posted: Sun Jul 29, 2018 8:07 am
by Swede
Mooi messe, ek het 'n Spy-dk aangeskaf baie gelukking met hom, 'n heer se penknife.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Spyderco Endura en Delica

Posted: Sun Jul 29, 2018 8:33 am
by Askari
Ek is self 'n groot Spydie "fan". Het verlede jaar my eerste ZT aangeskaf, die "350" of so iets. Was egter te "swaar" vir my. Het hom vervang met 'n Spyderco Manix 2 en is baie tevrede.

In my pa se woorde.... 'n ZT mes is gebou soos 'n baksteen $&$huis.

Re: Spyderco Endura en Delica

Posted: Sun Jul 29, 2018 4:41 pm
by Arnold
Die verskeidenheid wat Spyderco jou bied is regtig lekker.

Ek hou nie baie van die ander ZT messe behalwe die twee se vorms nie. Sou graag wou gehad het dat die lemstaal M390 of ZDP189 was instede van S35vn.

Benchmade maak ook hier en daar n mooie maar daar is deesdae so baie om van te kies!

Ek is eintlik nog opsoek na 'n Gareth Bull Shamwari ...

Re: Spyderco Endura en Delica

Posted: Sun Jul 29, 2018 7:09 pm
by Askari
My ZT was nog een vd ouer modelle met Elmax staal. Was nie mal oor die staal nie en besluit ook nog oor my Manix se S30V. Spyderco maak 'n Endura 4 met ZDP189 lem wat al lank by my spook.

Eendag wanneer my skip kom, koop ek 'n Chris Reeve Sebenza....

Re: Spyderco Endura en Delica

Posted: Sun Jul 29, 2018 7:45 pm
by Arnold
Askari wrote:My ZT was nog een vd ouer modelle met Elmax staal. Was nie mal oor die staal nie en besluit ook nog oor my Manix se S30V. Spyderco maak 'n Endura 4 met ZDP189 lem wat al lank by my spook.

Eendag wanneer my skip kom, koop ek 'n Chris Reeve Sebenza....
My endura was die een met die ZDP lem en het daarvan gehou! My Dragonfly is ook in ZDP189 ... lekker lank skerp!

Re: Spyderco Endura en Delica

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:45 am
by Hugov
Dra tans my spyderco paramilitary2 en n emerson commander. My hart se punt is die emerson rhino maar hy val onder die "holy grail" van skaars messe. Is mal oor my ZT 350 maar hy is n beast om te edc.

Groete H