Page 1 of 1
Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:20 pm
by FrancoisW
Deel graag ons lekker storie met julle.
Welman jag was einde Junie weer daar in Dwaalboom area.
Ruben wou graag sy eerste groot dier skiet en beste waarde vir geld bly maar blouwildebees.
Hy hoor hoe die manne altyd praat van hoe hy gekwes word. My woorde aan hom was jy skiet hom waar jy moet en hy sal val, moenie bang wees vir kwes nie.
So het ons weer baie geoefen op die baan. Op die baan het hy baie met die 243 geskiet en toe oor gegaan om met die 30-06 te skiet (met knaldemper).
Hy het geoefen oor die skiet stokke. Ek het vir hom self 'n lekker stok gemaak wat hy kan staan of sit en skiet.
1.jpg
Sy skootplasing was mooi. Hy het op 'n vollyf teiken geoefen. Ek glo dit het hom regtig baie gehelp om seker te voel oor sy skootplasing.
2.jpg
Die man het al 'n week voor die jag sy pakkie reg gesit waarmee hy plaas toe ry. Weet baie keer nie wie die meeste uitsien nie, ek of hy....
3.jpg
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:22 pm
by FrancoisW
Ons het die Woensdag 4uur die oggend uit Centurion gery en was kort na 7 op die plaas. Vinnig af gepak, die gewere gaan kyk en toe is ons veld to vir die eerste sessie.
Ek het hom probeer motiveer om bietjie meer aandag te gee aan wat om reg te doen as ons stap en jag, soos:
1. reageer om te stop as ek stop
2. klein bewegings met hande en jou kop as ons stop om te kyk
3. trap die blare en takke mis
4. hou die regte afstand van my
5. kyk rond en nie net vir sy voete nie
6. fluister en luister as ek iets se
Dit het regtig goed gegaan. het hom bietjie probeer motiveer deur te se ek gee hom R50 vir elke keer wat hy wild sien voor ek hulle sien.
Het darem net een keer gebeur. Die Sondag oppad terug van die jag se hy ek kan die R50 hou, hy wil nie geld he vir dit nie.
Die Woensdag het ons wild gesien maar nie skote gekry nie.
Donderdag is ons vroeg veld. Het lekker gestap en somer vinnig Waterbokke, varke en Zebras gekry.
Nie lank geloop nie toe sien hy die wildebeeste toe ons 'n pad oorgaan. Wind is mooi en ons beplan hoe ons hul gaan bekruip.
Ons kom toe tot op so 150m toe begin die wind beitjie lol. Belsuit toe om nog bietjie nader te gaan en dan reg te maak vir 'n skoot.
Op so 120m gaan sit ons in die koelte in die pad. Ruben kry sy posisie op die skietstok en ek kyk deur die verkyker.
Die bul beweeg links weg van die trop en staan mooi plankdwars. Ruben bevestig hy is gemaklik en die skoot loop.
Bul het mooi gereageer en sien dit 'n mooi skoot. Ons gee so 10 minute en gaan waar die bul weg gespring het.
Daar is sommer dadelik mooi bloed. Ek laat hom bietjie leiding vat en kyk hoe hy die bloed volg, hy het mooireg gekom. Nie eers 50 meter en daar le die bul.
Dit was 'n lekker trotse oomblik. Sy eerste grootbok met sy oorlede oupa Daan se weer. Bul het 130kg uit geslag.
4.jpg
5.jpg
Die Saterdag het hy 'n vark in die koring land met die 243 ook van die skietstok af geskiet op 180m. Mooi skoot agter die blad.
DSC_3430.jpg
Ek het 2 varke geskiet. Tyd saam my seun in die veld is beste medisyne vir my.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:23 pm
by FrancoisW
6.jpg
Ruben saam sy nefie Dian by sy vark
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:30 pm
by DWB
Welgedaan jongman!
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:37 pm
by henried
Te lekker, baie geluk.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:40 pm
by Stephan86
Uitstekend, nogal 'n besonderse dier om jou "groot" dier rekening me oop te maak.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:45 pm
by Gian_dP
Baie geluk! Fantasties as al die beplan en oefen mooi saamkom vir 'n suksesvolle jag.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 4:23 pm
by heywillie
Baie netjies !!
Ek het self al 'n hele paar doppies op daardie baan gemaak, lekker naby aan die huis
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 8:41 pm
by JPS
Baie geluk aan die jong jagter en ook vir jou wat hom uit skiet posiesies laat skiet by die baan van jonge ouderdom af. Great om dit nog te sien.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Mon Jul 30, 2018 8:54 pm
by Mellies
Mooi gegooi.
Met n vleisie...
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Tue Jul 31, 2018 8:01 am
by Carl
Geluk Francois en Ruben, die man wys sommer van die groot manne hoe skiet mens Wildebees dat hy lê.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Tue Jul 31, 2018 8:22 am
by FHM
Aag lekker Francois man, en baie geluk. Dis nou trips soos die waaroor jou klein kinders eendag laaaang jag-stories gaan hoor.

Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Tue Jul 31, 2018 12:48 pm
by Frederik
Baie mooi prag bees met swart gesig.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Tue Jul 31, 2018 2:29 pm
by CarelG
Lekke Cois. Sè vir Ruben baie geluk...die mannetjie skiet al n koekhou! Maar ook te danke aan sy Pa wat hom so mooi leer! Dit raak al amper lekkerder om hulle te sien skiet as om self te skiet! Groete daar...
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Tue Jul 31, 2018 2:48 pm
by FrancoisW
Dankie almal.
Ja Calla daai is waar, om oor sy skouer die skoot dop te hou is 'n hele ander ervaring en baie lekker.
Re: Welman Familie Jag 2018
Posted: Tue Jul 31, 2018 9:32 pm
by Ben Remington
Hy sal die jag altyd onthou...baie geluk aan hom.