Page 1 of 2

Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 3:45 pm
by Xplicitly
Goeie dag manne

Hier is die eerste 5 messe wat ek die afgelope twee naweke gemaak het.

Wat dink julle? Moet ek aanhou of stop?
IMG-20180729-WA0004.jpeg
IMG-20180729-WA0003.jpeg
IMG-20180729-WA0002.jpeg
Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 3:46 pm
by Xplicitly
Nog so twee
IMG-20180729-WA0001.jpeg
IMG-20180729-WA0000.jpeg
Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 3:46 pm
by FrancoisW
Baie netjies, jy kan virseker aanhou en pryse ook sommer by sit.

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 3:57 pm
by Supacow
Bitter netjies!!!
Mooi soos n 270 uit Finland

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:09 pm
by Viking
Xplicitly wrote:Goeie dag manne

Hier is die eerste 5 messe wat ek die afgelope twee naweke gemaak het.

Wat dink julle? Moet ek aanhou of stop?
IMG-20180729-WA0004.jpeg
IMG-20180729-WA0003.jpeg
IMG-20180729-WA0002.jpeg
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Mnr jy mag maar aanhou - ek haal my hoed af vir daai mooi messe! Veral as dit jou EERSTE messe is - dan is jy mos eintlik 'n "natural", want jy doen alles reg!

Ek hou van jou lyne en veral die mosaikpennetjies trek my aandag!

DOEN GERUS SO VOORT!

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:23 pm
by Xplicitly
Baie dankie manne. Ek wil begin om messe oor die naweke te maak en te smous, maar ek het geen idee wat hul werd is nie!

Ek gaan nie lieg nie, dis harde werk en daardie vervlakste krappies wat nie wil uit nie kry my onder, maar ek geniet dit vreeslik baie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:31 pm
by Born2Late
Baie mooi. Ek hou veral van die eerste een en die laaste twee.
Jy het n goeie ding hier beet en ek glo dit gaan n sukses wees.
Groete.

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:46 pm
by Basjan123
Xplicitly wrote:Baie dankie manne. Ek wil begin om messe oor die naweke te maak en te smous, maar ek het geen idee wat hul werd is nie!

Ek gaan nie lieg nie, dis harde werk en daardie vervlakste krappies wat nie wil uit nie kry my onder, maar ek geniet dit vreeslik baie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Jong as ek so na hulle kyk is dit nie baie werd nie, stuur dit vir my en ek sal so gaaf wees om die posgeld te dek!!! >:+

(Pragtige messe !!!)

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 5:30 pm
by Jaco B
Baie mooi messe. Welgedaan

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 7:45 pm
by Sean3006
Xplicitly

Where are you located?
What is the price of the model in the first picture?
Does it come with a sheath?

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 9:45 pm
by Xplicitly
Sean3006 wrote:Xplicitly

Where are you located?
What is the price of the model in the first picture?
Does it come with a sheath?
Hi Sean. I am in Bronkhorstspruit. I am still working on prices. I have absolutely no idea what to ask for them, to be honest. Would R2000 be too much? Too little?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Jul 30, 2018 9:48 pm
by Xplicitly
Sean3006 wrote:Xplicitly

Where are you located?
What is the price of the model in the first picture?
Does it come with a sheath?
Oh, and at this stage I do not yet have sheaths for them. I am in the process of negotiating with someone doing leather work. But in the meantime i have zip pouches for them that is well padded with soft material on the inside and each comes with a microfiber cloth.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 8:11 am
by ZKK
Ek moet jou komplimenteer.
Jou grinding is baie netjies

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 8:20 am
by FHM
Baie mooi ou maat - hoe die girl gese "nee moennie ophou nie!" ;)

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 8:50 am
by GooseMan
Baie netjies.
Watter afwerking het jy op die lemme? stonewash?

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 8:55 am
by Xplicitly
GooseMan wrote:Baie netjies.
Watter afwerking het jy op die lemme? stonewash?
Dit is eintlik veronderstel om mirror te wees. Dit is maar die hoek waarteen ek dit afgeneem het. Image

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 11:07 am
by Pieter_Brink
Wragtig pragtig. Watse staal gebruik jy? Hollow grind onverbeterlik. As jy hooggepoleerde gestabiliseerde inheemse hout gebruik vir jou hefmateriaal (iets soos olienhoud of karree wortelknol) is R2000 n goeie prys. n Mooi hef verkoop n mes. Oorweeg selfs horing soos buffel-, gemsbok- of waterbokhorings. Moenie ophou nie. Jys n natural.
Groetnis
Pieter.

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 11:24 am
by Xplicitly
dogmatix wrote:Wragtig pragtig. Watse staal gebruik jy? Hollow grind onverbeterlik. As jy hooggepoleerde gestabiliseerde inheemse hout gebruik vir jou hefmateriaal (iets soos olienhoud of karree wortelknol) is R2000 n goeie prys. n Mooi hef verkoop n mes. Oorweeg selfs horing soos buffel-, gemsbok- of waterbokhorings. Moenie ophou nie. Jys n natural.
Groetnis
Pieter.
Hi Pieter. Baie dankie vir die terugvoer. Ek gebruik Bohler N690 vir die lemme. Die hout wissel tussen Wenge, African Leadwood, African Rose, Mozambican Teak en nog ene wat se naam ek nie kan onthou nie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 11:32 am
by OupaZA
Baie mooi messe! jy kan verseker aanhou,

Ek het al 'n mes gekoop by by Phillip(sien link http://dunnblades.co.za/). Meskien kan dit jou help met pryse.

Groete
Emile

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Jul 31, 2018 2:13 pm
by Xplicitly
Ek sal die 2 "Skinning Knives" laat gaan vir R1200 elk. Ek dink dit is billik?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Mon Oct 15, 2018 7:34 pm
by Xplicitly
Ek het alweer probeer. Buffelhoring met vlakvarktand.//uploads.tapatalk-cdn.com/20181015/ce0a6792515a44d351cf59cd567477eb.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181015/73c95396663860b572b0d55ea0ce79c5.jpg

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Oct 16, 2018 3:08 pm
by Johan Nel
Xplicitly wrote:Ek het alweer probeer. Buffelhoring met vlakvarktand.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181015/ce0a6792515a44d351cf59cd567477eb.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20181015/73c95396663860b572b0d55ea0ce79c5.jpg

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Regtig netjiese werk! Welgedaan.

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Oct 16, 2018 6:55 pm
by Capt. Yoda
Supacow wrote:Bitter netjies!!!
Mooi soos n 270 uit Finland

https://media.tenor.com/images/0fc1266862308f6728fb9b8c2cab2ee6/tenor.gif

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Tue Oct 16, 2018 7:32 pm
by Xplicitly
Capt. Oblivious wrote:
Supacow wrote:Bitter netjies!!!
Mooi soos n 270 uit Finland

https://media.tenor.com/images/0fc1266862308f6728fb9b8c2cab2ee6/tenor.gif
Lmga! Skerp.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Eerste Klompie Messe

Posted: Wed Oct 17, 2018 7:23 am
by Joe13
Hoekom sal jy wil ophou? As ek so na die messe kyk lyk dit vir my of jy n passie het, dit is bitter mooi, afwerking lyk tops. Wel gedaan.