Page 1 of 1

Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:01 pm
by Flip Nel
Is daar iets wat mens op 'n cruiser kan verf of spuit wat die werf so bietjie gaan spaar, bakkie is sopas oorgeverf. Paaie het maar hier en daar tak wat teen bakkie skuur as ou ry, bedoel nou nie waar nog nooit pad was nie. Bakkie is wit cruiser

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:19 pm
by Gawie(13mm)
Jy sal maar viniel moet laat plak. Dit is al wat sterk genoeg is.

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:02 pm
by THOMAST
My neef het eenkeer 'n klomp gegids in die Kalahari in. Die een man in 'n natnuwe mercedes . Elke keer as hulle deur 'n krapperigheid moes ry het die kerel eers stilgehou en magnetiese "plate" (het op 'n paneel vasgetrek en dit heeltemal bedek) op die sypanele van sy voertuig vasgeplak en is dan eers deur die bosse.
Weet nie wat die fyn stoffies met jou verfwerk gaan doen as dit agter die panele gaan inkom nie, maar nouja..

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:38 pm
by Flip Nel
THOMAST wrote:My neef het eenkeer 'n klomp gegids in die Kalahari in. Die een man in 'n natnuwe mercedes . Elke keer as hulle deur 'n krapperigheid moes ry het die kerel eers stilgehou en magnetiese "plate" (het op 'n paneel vasgetrek en dit heeltemal bedek) op die sypanele van sy voertuig vasgeplak en is dan eers deur die bosse.
Weet nie wat die fyn stoffies met jou verfwerk gaan doen as dit agter die panele gaan inkom nie, maar nouja..
Intresant dankie

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:47 pm
by JohanvB
_20180730_184614.JPG

Wat van die goed??

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 8:01 pm
by Flip Nel
JohanvB wrote:
_20180730_184614.JPG

Wat van die goed??

Klink goed gaan bietjie navorsing doen. Dankie

Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 8:28 pm
by musgrave270
Ekt Flexi dip vir baie lank gebruik. Het regtig my bakkie se oorspronlike verf beskerm. Ek het dit egter te lank op gehad en het vreeslik gesukkel om dit af te kry. Koop dit ook in n spuit blikkie

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180730/261fd78932a51597bba9c22f4fd16620.jpg

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Mon Jul 30, 2018 8:43 pm
by Flip Nel
musgrave270 wrote:Ekt Flexi dip vir baie lank gebruik. Het regtig my bakkie se oorspronlike verf beskerm. Ek het dit egter te lank op gehad en het vreeslik gesukkel om dit af te kry. Koop dit ook in n spuit blikkie

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180730/261fd78932a51597bba9c22f4fd16620.jpg
Dankie

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:18 am
by FHM
Tyd en wyl jou navorsing aan die gang is, laai jou saag en panga agterop en soos jy ry op die plaas laat tattie net gou die takke wat n groot pyn is afsny. Dalk moet jy vir jou n ou plaasbakkie aanskaf wat net plaaspaadjies ry Flip ;)

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:25 am
by joe rocket
VPS is die regte ding. Dit is n sterk viniel maar ongelukkig n duur produk maar dit hou.

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:28 am
by Boesman10
Vinal wrapping is maar die roete om te gaan. Daar is twee tipes. 'n Baie duur model (VPS) wat baie dun is en mooi om al die kontoere en bulte vou van die voertuig vou. Goeie produk. Dan is daar 'n dikker wrap wat goedkoper is maar nie so lekker om al die bulte en rondings van die kar vou nie. Hierdie is amper dieselfde materiaal waarvan vinyl stikers en bottel etikette gemaak word. Het my jagbakkie daarmee laar dek in Robertson vir R5000 so 2 yaar terug en dit hou nog steeds. Het nie die dak en bonnet laat doen nie net die kante.

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:38 am
by Carl
FHM wrote:Tyd en wyl jou navorsing aan die gang is, laai jou saag en panga agterop en soos jy ry op die plaas laat tattie net gou die takke wat n groot pyn is afsny. Dalk moet jy vir jou n ou plaasbakkie aanskaf wat net plaaspaadjies ry Flip ;)
'n Lang arm snoeiskêr werk ook goed, veral vir die takke wat 'n stukkie vleisie wil vat.

Ek het natuurlik gedink 'n LC bakkie met krap merke het houding, mens kan nie maand na maand met 'n blink nuwe bakkie by die Kooperasie stop nie. ;)

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 8:17 am
by FHM
Carl wrote:

Nee Carl ek weet presies waar sy pyn le, dis nou daai koedoes wat nie kom koffie drink nie - daai wat doer diekant in die verste kamp met die minste paadjies hou, dan moet die cruiser mos nou bos in om die kudu te laai - en daar le die probleem... ;)

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:07 am
by Flip Nel
Dankie Manne

FHM, mater is besig om skoon te kap maar daar is altyd nog een erens wat mens mis ;D

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:18 am
by JJV
Ek het eenmaal gelees van ‘n ou wat toergroepe uitvat en hy polish sy voertuig met Cobra vloer polish voor hy uitgaan, dit het ook glo gehelp, maar ek weet nie of dit waar is nie. JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:20 am
by Joe13
Ek sou die VPS roete gaan, dit is dalk duurder maar dit gaan beslis die ding doen. Ek sou ook sê die paaie moet in stand gehou word. Ek sien baie plaas bestuurders wat heeldag ini workshop sit...

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:22 am
by FHM
JJV wrote:Ek het eenmaal gelees van ‘n ou wat toergroepe uitvat en hy polish sy voertuig met Cobra vloer polish voor hy uitgaan, dit het ook glo gehelp, maar ek weet nie of dit waar is nie. JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hel nee ek weet nie van die een nie, imo is dit om tabbard aan jou bene te spuit vir slangbyt keer... ???

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 6:59 pm
by JJV
Nee dit is soos om jou beenhare te skeer sodat jou bene so glad is dat die slang se tande verby gly sonder om in te gaan.... te glad om te krap blykbaar!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Plaas Cruiser beskerm teen doring krapmerke

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:38 pm
by prohunt
joe rocket wrote:VPS is die regte ding. Dit is n sterk viniel maar ongelukkig n duur produk maar dit hou.
Jip verseker goed maar baie duur.....ongeveer R20k om net die sye van 'n dubbelkajuit bakkie te doen ::)