Page 1 of 1

Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:24 pm
by AOosie
Middag manne,
Ons is 9 manne wat Saterdagoggend Livingstone toe vlieg. Ons gaan 5 dae by Sekoma Lodge (so 75km suid van Livingstone) langs die Zambezi spandeer. Ek het as n laaitie op Kariba bietjie tiervis probeer vang, maar hierdie is eintlik iets heeltemal nuut vir my. Ek is glad nie n visserman nie, maar 5 dae daar in die bos het net te lekker geklink om te mis. Was iemand op Jaracal al daar en enige raad of advies is welkom. (al is dit hoe om 5 dae saam met besige manne te oorleef ;D )
Hoop die plasing hier is in orde, kon nie n visvang garing kry nie?

Groete

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:56 pm
by Geno

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:18 pm
by koos 2
Ek is nou sommer groen van jaloesie ++>: ++>: ++>:
Geniet dit en plaas ab baie fotos met die terugkom

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:24 pm
by Dupies
koos 2 wrote:Ek is nou sommer groen van jaloesie ++>: ++>: ++>:
Geniet dit en plaas ab baie fotos met die terugkom
Stem Koos, dit klink na 'n trip wat elke man eendag moet doen!

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 4:05 pm
by Raditipa
Ek was baie jare trug daar met Drifters toe daar nog niks was nie. Ons het uit Kasane n boot gevat deur die Kasai channel en dan sommer in tente op die eiland geslaap. Ek het altyd my beste sukses gehaad op "vars aas" soos imbiri's, bream, tiervis fillets en belly shine (pens snit) n Katrol met 30lb braid met n 3m nylon leader en so 30cm staal trace met n nommer 10 J hoek. Ek hou daarvan om n klein gly sinker op die lyn te laat gly as ek in diep water hengel om die aas naby aan die bodem te kry. Dit hang maar baie af van waar jy hengel. In oop water kan jy n paar goed try, die goeie ou EFFZET spinner in koper, Rooi TLS/Wakka spinner met n klein stukkie fillet aan, rapalas soos die fat rap, Slab rap, X rap countdown, Shad rap in die gewone tier kleure (fire tiger, perch, helsinki shad, yellow perch and baby bass. Soek vir plekke met drop-offs en plekke waar daar vinnige water verky n punt en stadige wate vloei. As julle teen die banke en tussen obstruksies hengel kan jy gooi (pitch) met swart lood koppe, en gewone bass creature baits. Daar is baie mooi drie kol en olyf kurpers ook! Sterkte, Geniet dit.

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 4:26 pm
by tripodmvr
Geskuif na regte garing.

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 7:02 pm
by Cbird
Vat n gooi net saam probeer klein vissies so 10cm lank vang en haak hom lewendig aan net agter die rugvin. Kurpers werk baie goed

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 9:12 pm
by hunter74
Sekoma se manne weet! Hulle sal julle uitsort met alles wat julle nodig het

Geniet

Re: Tiervis vang

Posted: Thu Aug 02, 2018 11:03 pm
by JDKey
Was laas jaar daar. Uitstekend gewees. Geriewe is top gehalte. Die gemiddelde gewig was so tussen 7/8 ponders wat algemeen gevang was. Grootste was 13 pond. Ons boot het in die 5 dae 32 tiere gevang. Die vorige jaar het die hele groep egter net 5 visse vir die hele 5 dae gevang. Pak maar genoeg loodkoppe in met verskillende kleure vere. Dis maar visvang....

Re: Tiervis vang

Posted: Fri Aug 03, 2018 6:26 am
by Jake1
Jy gaan met die lodge in verbinding moet tree en vra wat werk op daardie spesifieke area en wat spesifiek julle moet saamvat. Op sekere plekke werk drift met aas/fillets en ander werk spinners met repie tiervis fillet op.

Afhangend van prys wat mens betaal en hoe toegewyd of betroubaar jou gidse is behoort hulle die beste aas/kunsaas te voorsien. As jy nie die perfekte metode gebruik vir die area nie gaan julle sukkel.

As dit spinners is stel ek die "Tiger wakka" tipe voor en as dit drift is moet jy regte staal trace, skuif sinkers en hoeke hê.

Kry 'n regte tiervis visstok vir die doel (nie bass stok nie) en sterk braid.

Kom rapporteer bietjie hier met fotos na julle trippie asb

Groetnis
Jaco

Re: Tiervis vang

Posted: Fri Aug 03, 2018 8:40 am
by DriesdlR
Cbird wrote:Vat n gooi net saam probeer klein vissies so 10cm lank vang en haak hom lewendig aan net agter die rugvin. Kurpers werk baie goed
Dis ma hy die !!!

Niks beter as n lewendige asie nie.

Re: Tiervis vang

Posted: Fri Aug 03, 2018 9:22 am
by AOosie
Die manne van Sekoma het ons darem vooraf n redelike lang lysie gestuur van wat ons moet saambring, so ek glo ons is reg in daai departement. Aan die einde van die dag is dit steeds maar net visvang soos JDKey sê...geen waarborge nie. Baie dankie vir almal se insette. Ek sal defnitief terugvoer en fotos plaas as ons terug is.

Re: Tiervis vang

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:26 am
by Basjan123
JDKey wrote:Was laas jaar daar. Uitstekend gewees. Geriewe is top gehalte. Die gemiddelde gewig was so tussen 7/8 ponders wat algemeen gevang was. Grootste was 13 pond. Ons boot het in die 5 dae 32 tiere gevang. Die vorige jaar het die hele groep egter net 5 visse vir die hele 5 dae gevang. Pak maar genoeg loodkoppe in met verskillende kleure vere. Dis maar visvang....
Wat is die kostes verbonde aan so trip ?

Re: Tiervis vang

Posted: Fri Aug 03, 2018 12:37 pm
by JDKey
Basjan123 wrote:
JDKey wrote:Was laas jaar daar. Uitstekend gewees. Geriewe is top gehalte. Die gemiddelde gewig was so tussen 7/8 ponders wat algemeen gevang was. Grootste was 13 pond. Ons boot het in die 5 dae 32 tiere gevang. Die vorige jaar het die hele groep egter net 5 visse vir die hele 5 dae gevang. Pak maar genoeg loodkoppe in met verskillende kleure vere. Dis maar visvang....
Wat is die kostes verbonde aan so trip ?
British airways retoer vlug - +/-R3800
Sekoma lodge 5 nagte - +/-R14050
Drank is baie duur so koop maar by duty free op lughawe.

Re: Tiervis vang

Posted: Tue Aug 14, 2018 10:40 am
by AOosie
So n paar fotos van n ongelooflike ervaring!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/586f8d00629c4666c7b8a51fc8681833.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/f67c635c180d5d9cfae44850876eafb0.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/68e661b9ea968c4414a8dcc576524081.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/6f04ec066250ccd709d63465779ddca7.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/1658300899d5aa4ae9c99a9425dc2215.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/4064ab5fbd8f52aa34d2ac506fcfa3b4.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/37fad0563e4d82a66f7c19a13c59b48c.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/0aa283525a7f78d296416ca7096669a1.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180814/52b6283f65b81b083d15b7f09d98050d.jpg

Re: Tiervis vang

Posted: Tue Aug 14, 2018 4:33 pm
by Raditipa
Bly dit was n goeie trip! Mooi wereld daai.