Page 1 of 2

Stoet Veillings

Posted: Thu Oct 13, 2011 11:33 am
by Christo Els
Middag aan almal .
Die topic is vir die interesantheid oop gemaak.
Dit gaan oor die tiepe diere en die gem prys per kop wat behaal is op die veilling en as dit moontlik is die duurste een ook

Dan kan manne soos Biker wat in die bedryf is vir ons inligting ook hier gee.

Dit maak nie saak watse diere dit is nie van hoenders tot vliegtuie.

Re: Stoet Veillings

Posted: Sat Oct 22, 2011 9:25 am
by Flip Fouche
Christo

Hier in die Vyburg omgewing die volgenge:

Koeie met eerste kalwers  R13500.00-R14500.00

Koeie met kalwers  R15500.00 +

Dragtige koeie en verse  R15000.00 +

Groete

Flip Fouche

N S Dit was op n veiling van n plaas wat verkoop is.

Re: Stoet Veillings

Posted: Fri Nov 04, 2011 7:53 pm
by Christo Els
Thanks Flip Sorry sien nou eers
Dit is glad nie sleg nie

Inter nasionale Dorper Veilling op Upington gister gehou

Witkop ramme          T5 R33000    Gem R 18 300  Stoet R 32 000 Gem R 10 300 Kudde R14 500 Gem R 7 400.00
Swartkop Ramme    T5 R150 000  Gem R 41 600  Stoet R 50 000 Gem R  8 400 Kudde R 55 000 Gem R 8 400

Witkop ooi              T5 R 11 000 Gem R 6 400 Stoet R5 500    Gem R 2 800 Kudde R 5 500  Gem R3 020
Swartkop ooi          T5 R 35 000 Gem R 7 500 Stoet R 10 000 Gem R 4 300 Kudde R 20 000 Gem R6 900

Ek Hoop julle vestaan wat ek hier getik het

Re: Stoet Veillings

Posted: Fri Nov 04, 2011 8:09 pm
by Dawid
Christo as ek die pryse so kyk dan was dit darem seker wragtig mooi skape, was seker n telers vendusie?

Re: Stoet Veillings

Posted: Mon Nov 07, 2011 7:41 am
by Christo Els
Ja nee Dawid die skapie was van ho? gehalte. Die vekopers het hierdie jaar darem wragtig 'n goeie aanbieding gegee.

Ek sal later van die ramme en ooie wat top pryse gegaan het op sit.

Re: Stoet Veillings

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:48 pm
by Ponkie
Oom Christo

Ja sit asseblief op. Daar is darem min dinge so mooi soos 'n Tipe 5 swartkop Dorperram.  ;)

Groetnis
Ponkie

Re: Stoet Veillings

Posted: Mon Nov 07, 2011 9:17 pm
by Dawid
Christo baie dankie ek sal likes om die mooi diere te sien, wag vir die foto`s.

Ponkie ekt self n bakgat witkop dorper ram wat by my damaras loop.

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Nov 09, 2011 11:33 am
by Christo Els
Image

Image

Image

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Nov 09, 2011 1:40 pm
by Ponkie
Christo

Ai Oom daar is darem min dinge so mooi soos dit!! Dankie vir die fotos.

Groetnis
POnkie

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Nov 09, 2011 4:39 pm
by Christo Els
Jong dis nou te danke aan die teler van hierdie skape.

Re: Stoet Veillings

Posted: Mon Nov 14, 2011 7:58 pm
by Dawid
Dis pragdiere.....baie dankie vir die foto`s.

Soos n oubaas eendag aan my gese het...." n mooi dier is amper mooier as n mooi vrou".......aan die een kant, daai dier praat nie terug nie.. :laugh: :laugh:

Re: Stoet Veillings

Posted: Tue Nov 15, 2011 7:19 am
by MEERKAT
Christo

Lyk nogal of die gemiddelde pryse laer is as laas jaar?

Is die twee ramme nie van die Grevelink bloedlyne nie , die enkel ram se kop trek nogal baie na die Cronje lyne, sommer wilde raaiskoot.

Daar is twee mooi goete waarna graag gekyk word die een het jy nou al opgesit . ;D ;D

Mooi loop
Knou goggas af
MEERKAT

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Nov 16, 2011 10:24 pm
by Coenie (Swift)
Meerkat,

Dit wil nogal soos Charles en Coleen se hande werk lyk.

Dankie vir die foto's dis soos 'n mooi geweer altyd sag op die oog en 'n knop in die keel van trots en afrikaner wees.

Re: Stoet Veillings

Posted: Mon Jan 23, 2012 10:02 am
by Christo Els
Kerels sorry dat ek nou eers weer hier uitkom.

Die skapies kom uit die Rooidam stoet

Ja nee die jaar het begin en ek sien uit na hierdie jaar se stoetvee veilings. Ek sal julle op hoogte hou en as ek kan maar weeer fotos op sit.

Julle manne moet ook julle stoetvee veillings op sit.

Re: Stoet Veillings

Posted: Tue Jan 24, 2012 7:03 am
by Flip Fouche
Christo

Die kommersiele aanteel veilings begin hierdie week in die Vryburg gebied.

Sal laat weet.

Flip

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Jan 25, 2012 10:28 am
by Christo Els
Dankie Flip

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Jan 25, 2012 11:40 am
by JK
Ek boer nie met dorpers nie so ek kan seker maar kommentaar gee ;D

Ek sien die nekke word al langer omdat die bene te kort word om nog by die water krip te bykom, en in die suide kla die ouens nou, al hulle vuurmaak hout is op ge-eet deur die dorpers.

Sorry, ek het damaras, en eet lekker aan die 4 blaaie,

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Jan 25, 2012 12:25 pm
by MEERKAT
JK

Hoor Damara boere het net yster droppers in hul drade?

Mooi loop
MEERKAT

Re: Stoet Veillings

Posted: Mon Jan 30, 2012 3:55 pm
by Flip Fouche
Kommersiele  Simbra Veiling 25/01/2012 Vryburg


Koeie met kalwers R15000.00 tot R16000.00

Dragtige koeie  R12000.00+

Dragtige verse  R10000.00

Groete

Flip

Re: Stoet Veillings

Posted: Tue Jan 31, 2012 8:26 am
by Christo Els
More flip
Jong daardie pryse lyk baie goed

Re: Stoet Veillings

Posted: Tue Feb 14, 2012 8:45 am
by Christo Els
Ram veilling wat op brandvlei gehou is op Donderdag 10 Feb
Ek het ongelukkig net fotos van die witkoppe
Duurste Witkop was 'n tipe 5 Ram R24 000.00
Duurste Swartkop was 'n stoet Ram R7 500.00

Image

Image

Re: Stoet Veillings

Posted: Tue Feb 14, 2012 8:57 am
by Beretta
Dit bly darem mooi

Re: Stoet Veillings

Posted: Sat Aug 18, 2012 9:39 pm
by Andre Hugo
Naand Alle lede.

Ons hou Donderdag 23 Augustus 2012 ons tweede Merino Produksie veiling van ons Merino Stoet(Torenskop Merino's).  Daar is 70 top  Merino ramme op die veiling.  Die wat belangstel dit is om 11uur by Deon Vlok se perseel op Calvinia. 

As daar iemand is wat meer inligting oor die ramme soek kan julle my kontak.

Baie dankie

Andre Hugo

Re: Stoet Veillings

Posted: Tue Sep 04, 2012 7:35 am
by Christo Els
More Andre
Sit bietjie fotos op man

Hoop dit het toe goed gegaan

Re: Stoet Veillings

Posted: Wed Sep 19, 2012 12:53 pm
by Christo Els
Vir die manne wat wil kan maar kom kuier

[img width=339 height=480]http://i1137.photobucket.com/albums/n51 ... 70888e.jpg[/img]