Page 1 of 1

Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Thu Oct 13, 2011 3:14 pm
by TINK
Het 2 Blue Ticks aangeskaf- so 8 weke oud. Kry oor n maand of twee 4 Boerwindhondjies by. Ek moet als van  a-z leer oor jag en spoorhonde. Wil graag meer weet oor wat/hoeveel julle voer, hoeveel honde per pak, ideale pakgrote/samestelling, grote van hondehokke, parasiet beheer, skok halsbande wat regtig werk en waar koop julle, gps opsporings, opleiding van die hanteerder. Deel met my julle slim idees en praktiese ervarings en sit sommer fotos op.

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Mon Oct 17, 2011 7:46 pm
by FJS
Jou grootste uitdaging gaan wees die opleiding van die honde, om jong honde te leer saam met opgeleide honde is makliker. Kry vir jou twee reeds opgeleide honde en gebruik hul om jou jong honde te leer.

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sat Sep 07, 2013 11:25 pm
by Turfjakkals
Hallo Tink
Jy se nie wat jy beoog om met jou honde te jag nie en of jy net op een plaas wil jag of beplan om uit te jag nie aangesien dit n groot verskil maak tov die samestelling van n pak
My jakkals pak waarmee ek op n gereelde basis uitjag is as volg saamgestel:
2 x koue neus spoorhonde
4 x meduim neus spoorhonde
4 x Windhond/spoorhond kruise
2 x windhonde (vir voorsit jagte)
2 x gat brakke
Die beste skok halsbande wat ek al gebruik het word deur tritronics en sportdog vervaardig
GPS opsporings halsbande werk goed vir voel en bosvark jagters maar vir jakkalsjag sal ek eerder die analoog tiepe aanbeveel. Kyk na die meer bekendes wat deur Trackerradio ,Marshallradio of Wildlife Materials gemaak word
Vir die beginner is dit n lang en moeilike pad maar as jy vasbyt en nie langs die pad met sy baie frustasies en slaggate tou opgooi nie wag daar groot gevoel van satisfaksie en genoegdoening voor wat min mense in ons land die voorreg het om te smaak

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sun Sep 08, 2013 6:46 am
by Jassie
Turfie

Vertel ons bietjie meer hoe die storie met die honde werk - wat is jou metode en wanneer doen jy wat?

Ek sal ook graag oor die voorbereiding en die verloop van die jag wil hoor asb?

Groete
JAS

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sun Sep 08, 2013 8:24 am
by PWV
Turfjakkals
Ek wil ook vra dat jy, interessantheidsonthalwe, vertel van jou jagstorie met honde.
Lyk my dit sit nie in elke ou se broek nie!
Groetnis.

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sun Sep 08, 2013 9:19 am
by James Wilson
Turfjak, ekweet jy het 100 jakke in die eerste 7 maande van die jaar net op 1 plaas gedood, wat ek egter nuuskierig oor is die verhouding tuseen die getal wat met die honde gevang is en die wat jy met die 308 geskiet het?

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Mon Sep 09, 2013 4:54 am
by Turfjakkals
Die persentasie is so 60% 308 en 40% honde
Die gemiddelde afstand waarop ek die jakkies skiet is so 87 tree
Die gemiddelde afstand wat ek die jakkalse met die honde jaag is so 5km maar het al van hulle gekry wat lus is vir hol en het die honde hom net duskant die 14km gejaag voor hy n gat gesoek het
Vir kort tydjies van die jaar as die lande oop is gebruik ek windhonde.
Ek probeer soveel moontlik my jagmetodes en tye wissel. Die beste en suksesvolste manier is voorsit jagte maar leen die terrein by ons hom nie daartoe nie . Ek gebruik gewoonlik een of twee geleerde spoorhonde wat net jakkals spore vat om voor die bakkie te draf. As hulle n vars jakkals spoor optel en hom begin hardloop voer ek die jonger spoories en halfkruise. In die meeste gevalle duik hy vir n gat as die honde hom hard begin druk. Ek volg hulle met die tracking collars tot by die gat en dan moet die gatbrakke hulle kant bring. Die tipe jag is nie net tot die dag beperk nie en het ek al redelike sukses in die aand gehad veral van n beeskarkas af. Die jakkies hou nie daarvan om ver te hardloop met n vol gevrete pens nie en soek gouer n gat

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Mon Sep 09, 2013 8:13 am
by James Wilson
Turf, hoeveel jaar is jy al met die honde doenig?

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Mon Sep 09, 2013 12:43 pm
by Turfjakkals
More James
Ek jag al van kleintyd af met honde maar was redelik onsuksesvol tot ek op 12 jarige ouderdom my eerste opregte boerwindhond kon koop . Ek het eers heelwat later (26jaar gelede) met spoorhonde in die Waterberge begin jag. Ek het vir die 13jaar wat ek daar woonagtig was my meer toegespits op die jag van bosvarke en probleem luiperds . Ek het later op aanvraag van verskeie safari ondernemings luiperds gejag vir buitelandse trofee jagters en was bevoorreg om nie net in SA te jag nnie maar het ook in ander lande soos Namibie ,Botswana en Mosambiek n draai gemaak. Buiten n paar gekweste luiperds wat ek vankant moes maak het ek nog nooit vir myself n luiperd geskiet nie. Ek het daarna Vrystaat toe verhuis en moes toe noodgedwonge vinniger spoorhonde begin teel aangesien my Bluetick,s nie idiaal geskik was vir jakkalsjag nie .

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Mon Sep 09, 2013 12:47 pm
by Stefan764
Baie interessant!

Welkom oom Jakkals, mag jy die forum geniet en mag ons lekker by jou leer.

Wes Transvaal groete,
Stefan

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sun Aug 31, 2014 2:45 pm
by TINK
My hondepak werk nou al baie lekker. Ek dink egter hulle verdryf meer ongediertes as om te vang. Ek het 5windhonde (2tewe), 4 spoorhonde en twee gathonde. Ek sien man moet maar altyd 1/2 honde in opleiding hê, dis 'n harde lewe en ek verloor maar jaarliks 'n hond of wat. Ek gebruik shock collar (6band), maar mens moet dit nie baie gebruik nie- dan raak die honde sku. Die laaste paar maande was baie droog en dan sukkel die honde om spoor te vat. Hulle moet amper op die ongedierte afloop! Ek vind dat met nagskiet (wanneer daar vangste is) en Jagpakke wat mekaar aanvul, die ongediertes redelik in bedwang bly. Ek begin nou my nagskiet toerusting in orde kry, maar wat 'n mision! Het al goeie ligte en geweer. Soek nou stoel en roeper. Sover het die rooikat baie slae geky, die jakkals is redelik stil, maar ek wil reg wees.

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sun Aug 31, 2014 4:12 pm
by 222 Sako
Tink kan jy foto's van jou windhonde opsit en waar kom hulle vandaan?
Ek het self een van my beter honde gister verloor. Dit bly maar baie sleg.

Groete Eddie

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Posted: Sun Aug 31, 2014 7:44 pm
by JK
FJS wrote:Jou grootste uitdaging gaan wees die opleiding van die honde, om jong honde te leer saam met opgeleide honde is makliker. Kry vir jou twee reeds opgeleide honde en gebruik hul om jou jong honde te leer.
Is jy fiks genoeg om agter hulle aan te hardloop :laugh: