Page 1 of 1
Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:37 pm
by Ben Remington
Hartlike goeie naand...
Myburgh het bg model...kan iemand dalk inligting verskaf watter pellets ons kan gebruik vir bosduiwe...ons het hier pellets wat onbekend is en hopeloos groepeer...
Baie dankie
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:46 pm
by tripodmvr
H&N en Air Arms se pitte het 'n goeie reputasie - hier by 18gr is 'n lekker gewig. Gamo het 'n groot verskeidenheid en mens moet maar soek totdat dit bevedigend werk.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:46 pm
by Jaco v Zyl
Ek kan nie kommetaar lewer op die Bsa spesifiek nie, maar ek sou Jsb match Diabolo exact jumbo (15.89) en jumbo heavy (18.13) sterk aanbeveel. Glo hul sal goed werk.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:47 pm
by CvZ
Goeie naand
Ek gebruik slegs EXACT se jumbo heavy pellets in 18.13gr. Hulle werk vir my in n 5.5mm FX Wildcat. Agtergekom ligter pellets word te veel rond gegooi.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:48 pm
by Geno
Jaco v Zyl wrote:Ek kan nie kommetaar lewer op die Bsa spesifiek nie, maar ek sou Jsb match Diabolo exact jumbo (15.89) en jumbo heavy (18.13) sterk aanbeveel. Glo hul sal goed werk.
Die is die beste pellets vir n 5.5mm PCP!
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 6:54 pm
by Jaco v Zyl
Verkoop jy hul dalk Geno?
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 7:34 pm
by Ben Remington
Baie dankie vir die hulp...mooi naweek vir almal.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 8:14 pm
by Geno
Jaco v Zyl wrote:Verkoop jy hul dalk Geno?
Yes Jaco. Die 18.13gr kos R180 of R190 per blik. Ek is nie 100% seker nie.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 8:21 pm
by Jaco v Zyl
Dankie ek gaan jou kontak.
Mooi prys .
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 10:11 pm
by JPS
Ben,
Jy kry toets blik met so 8 verskillende pellets en gewigte in. Gamo doen dit. Dan kan jy toets om te kyk watter doen die beste in Myburgh se geweer en dan vol blikke koop sodoende sit jy nie met klomp vol blikke wat nie werk in geweer nie .
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Fri Aug 24, 2018 11:11 pm
by LUAN
My bsa pcp kon nog nooit n jsb pellet baie klein groepeer soos ander windbukse. Hy hou net van h&n ft of baracuda en crossman ultramag.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 7:27 am
by Dirkvh
Agter op die JSB blik sal jy 'n sticker sien, soek die een wat 5.52 lees
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 7:57 am
by finch
Jsb exact. Toets maar watter gewig werk met jou pcp beste.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 3:18 pm
by Ben Remington
Baie dankie aan almal vir die raad...
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 6:59 pm
by Jaco v Zyl
Dirkvh wrote:Agter op die JSB blik sal jy 'n sticker sien, soek die een wat 5.52 lees
Wat beteken die 5.52 en wat moet da nie opstaan nie Dirk?
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 7:28 pm
by Capt. Yoda
Hulle kom in 5.50, 5.51 en 5.52mm. Gaan oor die choke in baie lope maar jy kan ma begin by die 5.52mm. Persoonlik in die seker amper 100k JSBs wat ek al in 5.5 geskiet het het ek nog nooit n blik op n rak gesien wat nie 5.52mm is nie. Air Arms kry jy baie wat 5.51mm is
In enige pellet kan jy maar eerste met n JSB begin
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 7:40 pm
by JPS
Jaco,
Pellets word in verskillende grotes gemaak meestL van 5.48 tot 5.53 vir die 5.5’s dis hoekom ek gesê het Ben moet toetsblik probeer kry. Hulle het ook van selfde pellet verskillende grootes in die toetsblik.
Dit kan ook die rede wees wat een persoon sê pellet werk glad nie maar dan skiet hy moontlik under size pellet in sy geweer as voorbeeld.
So as jy een kry wat werk maak seker onderaan die blik oor die grote en kry dieselfde elke keer
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sat Aug 25, 2018 7:44 pm
by Jaco v Zyl
Dankie Cappie en Jan.
Ek nogals nou onlangs so blik Jsb gesien met verskillende pellets in, ma nie opgelet dat da verskillende sizes ook in is nie.
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sun Aug 26, 2018 7:50 am
by andre007
Ben. Daai gemengde blik is goeie raad. Nou al gesien hoe verskillende pellets my jongste se windbuks affekteer. Ek wens mens kon so 'variety pack' vir die puntjie 22 koop!
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Sun Aug 26, 2018 7:23 pm
by Frikkie Coetzee
Geno wrote:Jaco v Zyl wrote:Ek kan nie kommetaar lewer op die Bsa spesifiek nie, maar ek sou Jsb match Diabolo exact jumbo (15.89) en jumbo heavy (18.13) sterk aanbeveel. Glo hul sal goed werk.
Die is die beste pellets vir n 5.5mm PCP!
Ek stem. My Gamo Coyote is basies selfde ding as die BSA Buccaneer en hy skiet hulle met eentonige reelmaat in een bug hole in op 40m
Re: Beste pellets vir PCP BSA Buccaneer SE 5.5MM
Posted: Thu Aug 30, 2018 9:27 am
by Ben Remington
Goeie dag...
Ek het toe heel paar pellets getoets van JSB en ook nog paar ander....die ULTRA SHOCK 25.39GR werk baie mooi...die groepe is geskiet op 30m.
Ek het nog nooit gesien dat 'n airgun/PCP oor soveel vermoeë beskik nie...Myburgh geniet die geweertjie baie en ons het paar duiwe gemaklik dood geskiet op 40m.
Dankie vir almal se raad en insae.
Groetnis