Page 1 of 1

Bakoor

Posted: Tue Aug 28, 2018 6:29 pm
by Dawid S
Manne ie ek reg vandag vier Bakoorjakkalse op die plaas gesien. Gelukkig die kamera by my gehad vir iets anders.
Hulle het weg gehardloop en net 'n kans gevat en ge-zoom en geneem.
Man dit is goed on die te sien.

Re: Bakoor

Posted: Tue Aug 28, 2018 7:45 pm
by alecjohnson
Dis nou iets lekker om in die veld te vind!

Dankie!

Re: Bakoor

Posted: Tue Aug 28, 2018 7:47 pm
by tripodmvr
Bly om die' mooi hondjies te sien. As jy kans kry, hou hulle dop as hulle so deur die veld loop en klein prooi soek. Het vir lank 'n klompie dopgehou toe ons kudus voorgesit het naby Stella.

Re: Bakoor

Posted: Wed Aug 29, 2018 10:43 am
by Alberts
Paar jaar terug was hulle vollop by ons, in die aande het hulle sommer klomp bymekaar geloop. Maar ek het baie lanklaas een weer gesien.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Bakoor

Posted: Wed Aug 29, 2018 11:16 am
by tripodmvr
Predatore het maar 'n ranglys volgens hul doodmaakvermoƫ en grootte. Moontlik het 'n toename in rooijakkalsgetalle gesorg vir die afname van die bakore.

Re: Bakoor

Posted: Wed Aug 29, 2018 12:09 pm
by Langeraat
Het baie van hulle gesien toe ons vroeer die maand op Stampriet gejag het. Bly maar 'n interessante dier.

Re: Bakoor

Posted: Wed Aug 29, 2018 12:18 pm
by wlm
Een van ons juwele in die veld.

Re: Bakoor

Posted: Wed Aug 29, 2018 6:11 pm
by joekroon
wlm wrote:Een van ons juwele in die veld.
Daar is baie in Graaff Reinet omgewing. Sien tot 20 in n dag hier op die plaas


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Bakoor

Posted: Wed Aug 29, 2018 6:52 pm
by Raditipa
Op Marken was hulle al die jare Matossies genoem. Mal oor hulle!

Re: Bakoor

Posted: Thu Aug 30, 2018 10:40 am
by Ben Remington
Baie mooi....besonderse diere om dop te hou.

Re: Bakoor

Posted: Fri Aug 31, 2018 6:04 am
by tripodmvr
Ek het die jakkalsies gou beloer op Google. Verfris weer die geheue oor hul optredes en kosvoorkeure en waarom hulle voordelig is om op jou grond te he.