Page 1 of 1
Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 1:46 pm
by Dezman
Hi
Ek wil vir n oom as geskenk en dankie se n paar / stel slag messe gee.
Hy het onlangs begin met sy slag geriewe op die plaas en hy hou persoonlik daarvan. Daar word n klomp diere elke jaar gejag, so ekt gedink hy sal daarvan hou.
Enige advies oor make en tipe messe? Dalk selfs n stel wat die moeite werd is?
Ek hoor graag.
Sent from my SM-A500F using Tapatalk
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 2:07 pm
by tripodmvr
Een of twee Stanley tipe matmesse met die vervangbare lemme sal beter wees as om duur messe na 'n klip slypsteen te stuur. Vir slagmes om biltong te sny is Mundial staatmakers.
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 2:26 pm
by Ratel
Mundial of Victorinox
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 2:30 pm
by savage(P Coetzer)
Arcos lemme bly ook lekker lank skerp
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 3:38 pm
by andre007
Freddie Hirch messe werk ook baie lekker. Baie bekostigbaar.
http://www.freddyhirsch.co.za/shop/t/butchers-knives Klik die
view blokkie vir die prys
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 4:57 pm
by Dezman
tripodmvr wrote:Een of twee Stanley tipe matmesse met die vervangbare lemme sal beter wees as om duur messe na 'n klip slypsteen te stuur. Vir slagmes om biltong te sny is Mundial staatmakers.
Hahaha nee ek stem saam.
Het gekyk na die victorinox en hul lyk baie lekker, maar sal bietjie kyk na Mundial ook.
Sal wel n paar "cheapies" in gooi vir die vuil werk.
Is maar net lekker as mens met n lekker mes werk, so waardeer die insette.
Sent from my SM-A500F using Tapatalk
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 5:08 pm
by tripodmvr
Daar is baie billike pryse op sommige van die F Hirsch messe. R60-80 is weggee as hy goed werk en hou.
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 5:40 pm
by Frikkie Coetzee
tripodmvr wrote:Een of twee Stanley tipe matmesse met die vervangbare lemme sal beter wees as om duur messe na 'n klip slypsteen te stuur. Vir slagmes om biltong te sny is Mundial staatmakers.
Tripod
Het jy al met n Stanley mes geslag? As jy het sal jy weet dis n simpel idee. Daai skerp punt sny pens stukkend en sny jou vel stukkend. Vir afslag soek jy iets met n opwaartse snykant. N skerp punt is nie wat jy soek nie.
Die vraag is oor slagmesse. Nie vleisverwerkings messe nie. En vir oom self. Nie sy arbeiders nie.
Freddie Hirsch se messe is meestal vleisverwerkings messe. Die slagpale by ons gebruik heelwat FH messe. Ek is nie seker oor model nie maar hulle koop meestal vir prys omdat hulle deur n boks messe n maand gaan sonder diefstal.
Ek weet die Dick brand messe werk lekker. Vir slag en vleis van been af sny.
Ek slag heelwat self bokke af en verwerk heelwat vleis. My eie persoonlike slagmes is die Millborrow mes wat BKD altyd verkoop het. Punt is bietjie te skerp maar ek het hom al gewoond geraak. Die nuwes is daai gekleurde goed. Ek hou nie daarvsn nie.
As ek nou moet koop sal ek ernstig kyk na die Dick 15 cm.
Re: Slag Messe
Posted: Wed Aug 29, 2018 6:00 pm
by lekkerjag
Naand Manne.
Gaan kyk n bietjie op die forum na die manne wat messe maak. Baie goeie vakmanskap.
Ondersteun hulle gerus.
Lekker aand.
Re: Slag Messe
Posted: Thu Aug 30, 2018 7:01 am
by Dezman
Dankie. Sal bietjie loer.