Page 1 of 1
Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 9:25 am
by WicusdP
Goeie môre almal
Het iemand al Kriek se 82gr Long Range Target koeël gebruik vir baanskiet?
Volgens hul website is dit sommer 'n parmantige koeël met 'n G1BC van 0.512.
Dit is baie naby aan die BC wat jy kry met 'n 105gr Berger Hybrid en dit is 'n beter BC as wat jy gaan kry met 'n 95gr Matchking.
Die voordeel van die 82gr Kriek is dat jy hom heelwat vinniger sal kan stoot.....en natuurlik beskikbaarheid.
Of mis ek hier iets?
Is daar 'n rede hoekom 'n man hom nie sal kan gebruik vir veldskiet nie?
Ek luister graag na die slim manne.
Re: Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 12:28 pm
by Rudie
Wicus is jy seker jy het nie dalk die 264 se BC gelees nie. Selfs die 103gr is die BC 0.358
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 12:39 pm
by Aceofspades
Hi Wicus. Daar is so 'n klein foutjie iewers. Defnitief.
Die 243 82 LRT se BC sal 'n klein bietjie beter wees as sy jag eweknie, die 243 82 LRH. Die LRH se BC is 0.32, so Die 82gr LRT sal tussen 0.32 en 0.35 wees.
Ook net ter verduideliking. Ek gebruik uitgewerkte BC waardes en dis nie konkrete uitgeskiete waardes nie. So ek kan nie 'n waarborg daarop sit dat die waardes 100% korrek is nie.
Ek hoop dit lig 'n bietjie meer lig op die onderwerp.
Kriek
Re: Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 12:59 pm
by joe rocket
Die 82gr LRT se berekende bc is baie naby aan die 87 gr vmax'e. Ek het dit op 100m getoets deur om 2 kronograwe te skiet en Johan het dit bereken. Hy is net n bietjie beskeie. Wil hulle nog op 500m toets maar het nog nie tyd gekry nie.
Re: Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 1:18 pm
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:Die 82gr LRT se berekende bc is baie naby aan die 87 gr vmax'e. Ek het dit op 100m getoets deur om 2 kronograwe te skiet en Johan het dit bereken. Hy is net n bietjie beskeie. Wil hulle nog op 500m toets maar het nog nie tyd gekry nie.
Kom skiet hul verby my Labradar dan werk ons hom mooi uit.
Ek gaan Vrydag middag baan toe.
Re: Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 1:50 pm
by WicusdP
Dankie Johan en die ander manne vir die terugvoer.
Dit is hoe hy lyk op die website
Weight: 82
Length: 28.55
G1BC: 0.512
Het ook vermoed dat hier dalk 'n foutjie was......maar ek was vir 'n oomblik baie opgewonde......
Het ook geraam dat hy nader aan 0.400 sal wees.
Re: Kriek - Long Range - 243 - BC?
Posted: Mon Sep 10, 2018 2:08 pm
by joe rocket
Gawie(13mm) wrote:joe rocket wrote:Die 82gr LRT se berekende bc is baie naby aan die 87 gr vmax'e. Ek het dit op 100m getoets deur om 2 kronograwe te skiet en Johan het dit bereken. Hy is net n bietjie beskeie. Wil hulle nog op 500m toets maar het nog nie tyd gekry nie.
Kom skiet hul verby my Labradar dan werk ons hom mooi uit.
Ek gaan Vrydag middag baan toe.
Dankie Gawie maar soos jy weet is my 243 Al nog in ICU. Ludi het eers verlede week my verlore loop gevind. Geoffrey sal binne kort die hart oorplanting kan begin. Sit vrydag op ys....