Page 1 of 1

Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Tue Sep 18, 2018 9:51 pm
by Vlakvark Soldaat
Ag deel bietjie jul kennis en visvang spots met my asb. Ons gaan Desember vir twee weke af, ek en die seuns (5 en 7) gaan beslis rock & surf en die lagoons hard stamp. Enige tips en tricks is welkom. Enige local kennis sal opreg waardeer word!

Ons gaan basies op die strand naby marina martinique bly, so dis op die peer (200m van Walskipper en Tappas af), ek weet dit self is n goeie spot...

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Wed Sep 19, 2018 7:22 am
by Malan123
Ry op cape st Francis toe.

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Nov 15, 2018 11:04 am
by Vlakvark Soldaat
Aangesien niemand enige verdere raad kon gee nie, het ek maar n 'Fish like a local' boek oor JBay gekoop...

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Nov 15, 2018 11:33 am
by Malan123
Jy kan by die krom rivier mond ook probeer. Daar is 'n paar lekker surf spots. Rotse gaan Cape st Francis nogsteeds die beste opsie wees.

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Nov 15, 2018 11:48 am
by Capt. Yoda
Vlakvark Soldaat wrote:Aangesien niemand enige verdere raad kon gee nie

Mieliebom en floaties werk nie daar nie, 2de tip is jy moet n groot stuk brood op jou lyn sit as jy wil sien as die vis byt

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Nov 15, 2018 12:13 pm
by Jakkie07
Jy kan Kabeljous surf vis, maar dit is n entjie se ry, anders by Ashton baai, daar waar die seekoei rivier "mond", daai surf weet ek ook vang die manne oor Desember tandemanne.
Gaan loer op Sealine, jy sal sommer vinnag leer daar.

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Nov 15, 2018 12:56 pm
by Morkel
[quote="Vlakvark Soldaat"]Ag deel bietjie jul kennis en visvang spots met my asb.

Jare terug komp daar gevang. Kabeljous is strand hengel. So ook waar jy bly wes.

My beste vangste was nog altyd verby die ou Hotel oos na karavaan park. Die tweede cul de sak voor karavaanpark af strand toe regs. Te ver regs en jy is in klippe so net op die rant. Lekker cob spot. En dan st fra verby hawe. Kyk op google hou reguit aan tot hy doodloop.
Dan klap n toon wes tot jy diep water kry. Nie speelplek vir kinders dis gevaarlik. Krap is my keuse en Cracker is die vis. Kan ook slide vir groter vis met harder of vis/ tjokka. Geniet jou vakansie. As jy wil kom vang saam met my op Sondags rivier so 80km oos van jou.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Nov 15, 2018 12:57 pm

Posted: Thu Nov 15, 2018 6:36 pm
by honda2
Jou seuns is nog jonk. Ek dink dis vir hulle lekkerder om iets te vang as om n pb te maak. My voorstel sal wees om n veilige plek by of naby rotse te soek en met ligte gerei bankvis te soek. n Klein hoekie met pilchard (vasgedraai met garing) of rooiaas of garnale. Klein swiwel met n balsinker. Hoe swaarder jou lood hoe minder byte voel jy. Maar dit moet ook gepas wees v die kondisies. Rowwe see vra n groter sinker. So 2 ure voor hoog is die beste tyd. Is dit dan nog vroeg oggend of laat middag is does te beter.

As jy self daai kabbeljou soek is die raad hier bo in die kol.

Stywe lyne! En onthou om die kinders se velle te beskerm teen die son.

Sent from my SM-A530F using Tapatalk

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Mon Nov 19, 2018 12:20 pm
by Vlakvark Soldaat
Joh, dankie vir die raad. Ek neem beslis notas (behalwe vir capt se floaties en bruin brood). Die seuns gaan ook nie elke keer saamgaan nie, ek sal hulle besig hou met die ligte gery by die riviere/lagoons.

Ek en Jacques (Stompe) het sommer n visvang kompetisie vir Desember vakansie, hy gaan suidkus toe. Ons gaan kyk wie kan die meeste uit trek!

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Mon Nov 19, 2018 5:48 pm
by Torpedo
Hello

Hengel hang als van die omstandigheide af.

Die wind ,water temp, kleur van die water speel n groot rol.

Indien jy baie vroeg op staan dan kan jy die "gap" probeer. Dit is net links van Kabeljous en daar is regtig mooi vis daar.

Na 8 uur die oggend raak dit soms stil.

Paradise werk altyd goed vir die kleiner raggies.

Wees asb net versigtig as jy in stap aangesien daar baie braid in die water is en daar is hoeke in die water is.

Jy behoort baie blue rays te kry op die staduim (sardien maag) en hulle kan jy gereeld kry net regs van die ou jetty in Botha ry laan.

As jy jou rug wil laat reguit trek kan jy gaan vir n swart pyl stert maar die is meer by St Francis. Maak seker jy gebruik die regte gery.

Verder as jy wil ry kan jy gerus gaan kyk na Sondags , Blue water bay , ens..

Dit is ook nie n slegte idee om met Theo Herps te gesles nie (Hy is by die nuwe mall) TJ's Tackel

Vroeg oggende en laat middae ;)

Maak seker jy het sand krewel as aas.

Neem fotos saam met die jong manne aangesien dit altyd kosbaar sal wees

Stuur foto's as jy reg gekom het

Sterkte daar.

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Tue Nov 20, 2018 12:47 pm
by Vlakvark Soldaat
Dankie Torpedo, ek gaan daai raad beslis volg.

Iets se vir my dat jy n JBay local is?

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Wed Dec 19, 2018 8:44 am
by LeonS
Dit is ook nie n slegte idee om met Theo Herps te gesles nie (Hy is by die nuwe mall) TJ's Tackel

Indien moontlik, gaan maak beslis n draai by Theo. Ken al die plekke, en kry gereeld updates van
waar vis uitkom. Jy kan by hom vars aas ook koop teen billike pryse.

Re: Jeffreys/Paradys Strand visvang spots

Posted: Thu Dec 20, 2018 3:03 am
by Vlakvark Soldaat
Dankie Leon, ek gaan beslis by hom n draai maak!