Page 1 of 1

Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Tue Oct 09, 2018 11:11 am
by Gian_dP
My oom het so tyd terug gevra of ek twee van my oupagrootjie se gewere wil hĂȘ. Hy het papiere gestuur en ek het aansoek vir lisensies gedoen. Paar maande later het ek kaartjies in die hand.
RAM het gister die pakkie kom aflaai.

Die haelgeweer is 'n Harrington & Richardson(dink model 1908).

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181009/2df5f0d7a45c1a6e32a0e95d0b44d1ee.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181009/780cbaeb30bff591d173f2db8d38b6fa.jpg

Toestand is ok, kan sien geweer het al gewerk! Amper niks roes nie.

Oupagrootjie het blykbaar kolf gebreek toe hy 'n jakkals doodgeslaan het. Eerste skoot het hom gebriek, maar nie dood nie. Wou nie ammo mors op doodskoot nie!
Hy het blykbaar die kolf self herstel en met blik versterk.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181009/451730f1de1d370f83bd2f1cbe4e7f4e.jpg

Meganies lyk alles heel goed vir my. Sal graag paar skote met hom wil skiet. Volgens wat ek kom kry op die internet was hulle gekamer vir 2.5" doppe.

Watter geweersmit in Kaapstad omgewing sou julle voorstel om geweer deur te kyk voor ek gaan skiet? Is dit nodig?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Tue Oct 09, 2018 1:43 pm
by Pappabeer
Gian, dit is meganies bitter eenvoudige skietgoed. Daar behoort niks te wees wat jy nie self kan nagaan nie. Die kans dat sy lope dunner poleer is is basies nul, so jy sal veilig wees om 65mm ammunisie in hom te toets. Gee hom n goeie skoonmaak, koop n boks 24g 7,5s en hee hom n try. Jy kan maklik voel of daar enige speling op die aksie is.

Bennie in die Paarl is die enigste ou in die kaap met toerusting om loopwand dikte te meet, maar die tyd en geld maak nie werklik sin op die geweer nie.

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Tue Oct 09, 2018 3:22 pm
by Gian_dP
Pappabeer wrote:Gian, dit is meganies bitter eenvoudige skietgoed. Daar behoort niks te wees wat jy nie self kan nagaan nie. Die kans dat sy lope dunner poleer is is basies nul, so jy sal veilig wees om 65mm ammunisie in hom te toets. Gee hom n goeie skoonmaak, koop n boks 24g 7,5s en hee hom n try. Jy kan maklik voel of daar enige speling op die aksie is.

Bennie in die Paarl is die enigste ou in die kaap met toerusting om loopwand dikte te meet, maar die tyd en geld maak nie werklik sin op die geweer nie.
Dankie Pappabeer, als lyk stewig. Bewegende dele doen wat hulle moet. Gisteraand goeie skoonmaak sessie ingesit, sal dalk die naweek kans kry om hom uit te toets.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Tue Oct 09, 2018 8:25 pm
by Ds J
Maak seker dat hy nitro-veilig is. Die kanse is skraal dat dit n swartkruitmodel is.

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Tue Oct 09, 2018 8:40 pm
by 470rigby
Dis nie 'n swartkruit model nie

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Tue Oct 09, 2018 8:42 pm
by 470rigby
Amerika (VSA) het nie, en het nog nooit proefreels gehad nie. So daar is nie so ding soos "swartkruit" en "nitro- veilig" met VSA vervaardigde haelgewere nie

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Wed Oct 10, 2018 7:16 am
by Bass
Hallo Gian
ek het ook so n haelgeweertjie.
Dis sterk wapens,hulle is NP(hulle is genitro proof) en jy kan 70mm in hom skiet.
Dis al ammo wat ek in myne skiet en as ek moet ver stap dra daai geweertjie baie lekkerder as my swaar s/s en o/u gewere. Hy is maar in dieselfde klas as die CBC,Baikal en Boito geweertjies,daai goed is almal taai.
Solank die aksie nie los geskiet is en put merke en "buldges" in die loop is nie kan daai roertjie nog baie jare se ammo uitskiet. My geweertjie se loopwand is nog lekker dik.
Myne kom ook van my oupa,pa en toe ek.
Ek het al 1000'de skote met hom geskiet.
Geniet hom

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Wed Oct 10, 2018 9:27 am
by 470rigby
Hi Bass, dis interessant dat jy se joune is nitro-proof, dit beteken hy is in 'n land (waarskynlik VK) verkoop waar so 'n toets op hom gedoen is oor die wet dit vereis. Soos ek voorheen gese het, die VSA het nie fasiliteite vir sulke toetse nie. Wil jy nie asb 'n foto van joune se proefmerke plaas nie, dit sal insiggewend wees om dit te sien

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Wed Oct 10, 2018 10:45 am
by Bass
470 Ek se nie dat my geweer in die USA getoets is nie maar wel in Birmingham.My geweer het Nitro Proof op sy kant en ook die BV English Blackpowder inspection mark (Birmingham on foreign arms since 1925 merke) so ook die English definitive blackpowder proof (Birmingham) on foreign arms since 1925. Die Nitro stempel is ook van Birmingham en dis ook die post 1925 Birmingham stamp.
Die gewere is wel die Harrington and Richardson Mod 1908 met 30" loop en model wys hy is n 1940's model.
Jy kan al die info kry in Official guide to GUNMARKS 3rd edition van Robert H. Balderson

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Wed Oct 10, 2018 10:55 am
by Johan van Wyk
Bass wrote:470 Ek se nie dat my geweer in die USA getoets is nie maar wel in Birmingham.My geweer het Nitro Proof op sy kant en ook die BV English Blackpowder inspection mark (Birmingham on foreign arms since 1925 merke) so ook die English definitive blackpowder proof (Birmingham) on foreign arms since 1925. Die Nitro stempel is ook van Birmingham en dis ook die post 1925 Birmingham stamp.
Die gewere is wel die Harrington and Richardson Mod 1908 met 30" loop en model wys hy is n 1940's model.
Jy kan al die info kry in Official guide to GUNMARKS 3rd edition van Robert H. Balderson
Jy het sopas bevestig wat hy vir jou gevra het. Jou geweer het Britse proefmerke op omdat dit aanvanklik toe dit nuut was in Brittanje verkoop is en proef daar `n vereiste is vir nuwe wapens om wettig verkoop te mag word.

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Wed Oct 10, 2018 11:11 am
by 470rigby
Bass wrote:470 Ek se nie dat my geweer in die USA getoets is nie maar wel in Birmingham.My geweer het Nitro Proof op sy kant en ook die BV English Blackpowder inspection mark (Birmingham on foreign arms since 1925 merke) so ook die English definitive blackpowder proof (Birmingham) on foreign arms since 1925. Die Nitro stempel is ook van Birmingham en dis ook die post 1925 Birmingham stamp.
Die gewere is wel die Harrington and Richardson Mod 1908 met 30" loop en model wys hy is n 1940's model.
Jy kan al die info kry in Official guide to GUNMARKS 3rd edition van Robert H. Balderson
Soos ek gese het.....

Re: Harrington & Richardson enkelloop haelgeweer

Posted: Wed Oct 10, 2018 11:35 am
by Bass
...net info opgesit soos jy gevra het