Page 1 of 11
Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Tue Oct 09, 2018 10:35 pm
by Diesel Dog
Ek het toe die sneller getrek op n 6mm xci van Gerrie Coetzee die naam van die kaliber wat hier op n ander draad genoem was geval my nie so ek sal hom maar na my jongste hond vernoem.
Het toe besluit om my Sabatti aksie en kolf te gebruik met n Kriegler loop 1-7.5 twist vir 108gr eldm ,die dop kapasiteit is 50gr h2o ek hoop om so 2950fps te haal met S365 en straks so bietjie meer met ingevoerde kruit.
Kan die QL manne met die beperkte inligting bepaal wat die optimale loop lengte sal wees ?
DD
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 6:17 am
by Sangoma (IAN)
DD, sover ek weet skiet meeste manne met custom lope in 6XC 28"
3050 fps met 105gr
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 6:34 am
by joe rocket
28 duim is reg en wanneer die keël gegroet het kan jy die roer weer herkamer en terug sny na 26 duim.
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 7:27 am
by tripodmvr
28 duim loop.
108ELDM - 3120vps op node en berekende druk van 59K psi.
Ek het S365 se brandtempo opgejaag om te kompenseer vir die gebruiklike verhoging wat ons kry.
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 7:55 am
by Diesel Dog
tripodmvr wrote:28 duim loop.
108ELDM - 3120vps op node en berekende druk van 59K psi.
Ek het S365 se brandtempo opgejaag om te kompenseer vir die gebruiklike verhoging wat ons kry.
Dankie Marius is die dop redelik vol met die lading?
DD
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 8:07 am
by Silent Hunting
Daai geweer gaan n bars hou skiet. Jy die loop by Gerrie gekry?
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 10:26 am
by Frikkie Coetzee
Diesel Dog.
Ek dog jy koop plaaslik? Het Gerrie nou n Weskus winkel oopgemaak?
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 1:30 pm
by James Wilson
Diesel Dog wrote:Ek het toe die sneller getrek op n 6mm xci van Gerrie Coetzee die naam van die kaliber wat hier op n ander draad genoem was geval my nie so ek sal hom maar na my jongste hond vernoem.
Het toe besluit om my Sabatti aksie en kolf te gebruik met n Kriegler loop 1-7.5 twist vir 108gr eldm ,die dop kapasiteit is 50gr h2o ek hoop om so 2950fps te haal met S365 en straks so bietjie meer met ingevoerde kruit.
Kan die QL manne met die beperkte inligting bepaal wat die optimale loop lengte sal wees ?
DD
Dit is Gerrie se ontwerp daai, en hy het hom die hoerkind dedoop. Ek het hom al gevra of daar nie n meer elegante naam is nie, maar nou ja. Miskien moet ons maar eerder fokus op die resultate as die naam
Het jy nou al gedink as jy n kompetisie wen met een van die gewere? ".....en in die eerste plek is Koos, en hier kom hy juis aangestap met sy Hoerkind."
Nogmaals geluk, ek glo noggal in daardie ontwerp
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 1:44 pm
by Geno
Frikkie Coetzee wrote:Diesel Dog.
Ek dog jy koop plaaslik? Het Gerrie nou n Weskus winkel oopgemaak?

Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 2:04 pm
by Diesel Dog
Frikkie Coetzee wrote:Diesel Dog.
Ek dog jy koop plaaslik? Het Gerrie nou n Weskus winkel oopgemaak?
Ek het mos plaaslik helfte van die geweer gekoop
DD
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Oct 10, 2018 2:11 pm
by Diesel Dog
Silent Hunting wrote:Daai geweer gaan n bars hou skiet. Jy die loop by Gerrie gekry?
Het hom gevra om alles te voorsien sy prys vir die loop was billiker as wat ek dit self sou voorsien.
DD
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Tue Dec 18, 2018 10:27 pm
by Diesel Dog
Almal is met verlof en ek pas plaas op.Ek kan nie meer wag vir die nuwe 6mm om te kom nie so om die tyd om te kry het ek begin om n knaldemper te maak , vandag al die draaiwerk gedoen nou is dit nog net vrees werk en afwerking.
DD
http://oi66.tinypic.com/24q0lz6.jpg
http://oi63.tinypic.com/2wlwoiu.jpg
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Tue Dec 18, 2018 11:24 pm
by figjam
Aitsa!
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Dec 19, 2018 3:35 pm
by .270 Man
Baie nice
Sent from my LM-G710 using Tapatalk
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Dec 19, 2018 3:44 pm
by joe rocket
Netjies welgedaan.
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Dec 19, 2018 4:29 pm
by Sangoma (IAN)
Iets interresant. Lyk nie of jy n 28" nodig het nie.
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Dec 19, 2018 4:35 pm
by Rudie
Ian. Wat nogal interessant was van daai opname is die hoeveelheid manne wat nou weer terug is na die 6 Dasher toe.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Dec 19, 2018 8:12 pm
by Sangoma (IAN)
Yip
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Wed Dec 19, 2018 10:06 pm
by Francoisv
Is daar tyd vir lood gooi?
“The Only Easy Day Was Yesterday”
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Fri Dec 21, 2018 2:19 pm
by Diesel Dog
Francoisv wrote:Is daar tyd vir lood gooi?
“The Only Easy Day Was Yesterday”
Laat weet as jy wil kom daar is n nuwe baan wat nog getoets moet word.
DD
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Sat Dec 22, 2018 6:51 pm
by tripodmvr
Sangoma (IAN) wrote:Iets interresant. Lyk nie of jy n 28" nodig het nie.
Onthou net dat die plaaslike dryfmiddels moontlik ekstra looplengte nodig gaan hê of selfs beter daarmee kan vaar.
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Sat Dec 22, 2018 7:39 pm
by Diesel Dog
tripodmvr wrote:Sangoma (IAN) wrote:Iets interresant. Lyk nie of jy n 28" nodig het nie.
Onthou net dat die plaaslike dryfmiddels moontlik ekstra looplengte nodig gaan hê of selfs beter daarmee kan vaar.
Die 28"is n gegewe kan altyd afsny as dit moet.Terwyl ek wag maak ek maar nog so n paar DIY goedtjies vir die 6mm.
http://oi67.tinypic.com/2j5c0vq.jpg
DD
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Sat Dec 22, 2018 9:35 pm
by Rudie
Baie Spoggerig DD. Sit 'n paar fotos op van die ringe as hulle klaar is.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Sun Dec 23, 2018 6:15 am
by Apie
Ek raak ook sommer lus vir die 6mmHK
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Semi custom 6mm watsenaam se kind .
Posted: Mon Dec 24, 2018 8:21 pm
by Diesel Dog
Rudie wrote:Baie Spoggerig DD. Sit 'n paar fotos op van die ringe as hulle klaar is.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Nog nie klaar nie maar amper daar ,die ringe het " zero gap" as die skroewe vas is .Die maklike werk is nou klaar nou kom die afwerking ,toe ek op skool kuns klasse geloop het was kunstenaars soos Claude Monet,Edgar Degas en
Vincent Van Gough n groot invloed op my. Die manne het almal as deel van die impresionisme beweeging met groot kwas hale geskilder wat volgens hulle kritiesie hulle werke onafgerond en amateuragtig laat voorkom het .
http://oi66.tinypic.com/o70l7c.jpg
http://oi67.tinypic.com/2ep57ie.jpg
http://oi68.tinypic.com/10mq1wg.jpg
DD