Page 1 of 1
Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 8:37 am
by Arnold van Wyk
Manne waar koop ons van daai hemde teen goiee pryse. Moet asb nie se Outdoor warehouse of Cape union mart nie. daar is geen manier ek betaal R800.00 NIE
Dankie
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 8:52 am
by Harrynd1
Kyk by Builders Warehouse hulle hou beck Fx Moisture Control Shirts aan. Daar is ‘n paar takke in die Kaap wat stock het:
https://www.builders.co.za/Protective-W ... 0000614106
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 11:17 am
by ruaanb
probeer ook die groot hengel winkels
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 11:18 am
by Pappabeer
Praat met Petrie van Greyghost Gear hier op die forum.
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 6:55 pm
by Jaco V
So ruk terug het ek so klomp hemde gesoek vir 'n visvang trip na St. Nowhere, na lang gesukkel reg gekom by Senqu maar moet bieg dit was toevallig op uitverkoping teen R200 stuk
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 10:59 pm
by Willeboer
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sat Oct 27, 2018 11:02 pm
by Willeboer
Die hemde werk soos n bom. Jy kry kortmou ook en breuk nie die bank nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sun Oct 28, 2018 10:01 am
by Arnold van Wyk
Dankie gaan by Johnsons kyk, moet se die Senqu hemde lyk baie goed. Maar hulle nie in Kaapstad, sal kyk of ek ander plan kan maak met hulle.
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sun Oct 28, 2018 12:16 pm
by Pappabeer
Arnold van Wyk wrote:Dankie gaan by Johnsons kyk, moet se die Senqu hemde lyk baie goed. Maar hulle nie in Kaapstad, sal kyk of ek ander plan kan maak met hulle.
Hulle winkels in die middelande het gereeld specials (nog altyd as ek daar was). Kontak hulle dat hulle vir jou stuur.
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sun Oct 28, 2018 1:00 pm
by GreyGhostGear
Arnold, ons het sulke hemde.
Watter kleur soek jy?
Langmou of kortmou?
Groetnis
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Sun Oct 28, 2018 7:33 pm
by Zuku
Mir Price Maxed range. Vir staproetes en river crossings word dit vinnig genoeg droog vir my
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Mon Nov 05, 2018 3:18 pm
by Vlakvark Soldaat
Johnson Workwear se hemde werk ook lekker. Ek het k-way, en ja dis tans vrek duur, Mr price sin werk ook lekker, maar die materiaal is effe krapperig.
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:20 pm
by tau
Die regte Columbia PFG reeks is asemrowend.
Ek het al gesien hoe een van daai WIT hemde vol snoek en Geelstert bloed is en dan was dit net uit en die hemp stink nie na die tyd nie. My Hemp is al 10 jaar oud turqouise en makeer nog niks nie.
Hulle is redelik duur, maar die moeite werd. Die probleem met van die hemde is as hulle eenkeer goed vol bloed was was jy hom of stukkend om die vlekke uit te kry of hulle kry so vreemde klankie.
https://www.columbia.com/mens-pfg-baham ... nColor=010
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Mon Nov 05, 2018 4:34 pm
by alecjohnson
Mr price sport het "trail" seil hemde ek het baie van hulle in my kas, en ek het 'n hengel langmou hemp daai rekmateriaal, werk ook baie lekker vir my, hom by The Fishing Specialist gekoop R299
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Tue Nov 06, 2018 1:03 pm
by Vlakvark Soldaat
Tau, jys reg, ekt vergeet van my Columbia hemp ook, presies dieselfde ervaring, ook al omtrent 10 jaar oud. Effens duur, maar dit hou vir ewig, en deur alles!
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Wed Nov 07, 2018 8:23 am
by Carl
Ja ek wou ook noem Columbia want vir die prys hou hulle lank en hulle is gemaklik. Van die ander kan jou tepels rou skuur 8-) Die Columbia is natuurlik ook 50SPF.
Maar Mr Price se reeks is redelik goed en Grey Ghost se hemde.
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Thu Nov 15, 2018 11:03 am
by Vlakvark Soldaat
Carl wrote:Ja ek wou ook noem Columbia want vir die prys hou hulle lank en hulle is gemaklik. Van die ander kan jou tepels rou skuur 8-) Die Columbia is natuurlik ook 50SPF.
Maar Mr Price se reeks is redelik goed en Grey Ghost se hemde.
Hahahahaha, jy het tepels gese...
Nee ernstig, dis die waarheid!
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Mon Nov 19, 2018 1:03 pm
by Vlakvark Soldaat
Arnold, en dan laastens, buiten die hemde, maak adidas n climacool quick dry broek ook, nie normale swembroek nie, ek dink dis meer n hardloop broek. Maar hy word vrek vining droog.
Re: Vinnig droog word hemde
Posted: Mon Nov 19, 2018 2:12 pm
by Stephan86
Hou die net dop, daar is so nou en specials op die Columbia PFG hemde.
As hul opkom en daar is in my grote koop ek, hul jag ook lekker em hak verbasend min aan doringtakke vas.