Page 1 of 1
Musgrave Mini Model 90 sneller stram
Posted: Sun Nov 11, 2018 4:21 pm
by Machann
Manne, dalk kan iemand help of raad gee. Ons het n Musgrave Mini model 90 in 223. Op die oomblik sukkel ek bietjie met die geweertjie, maar ek dink en hoop dit is als te dien met die stram sneller. My pa skiet die meeate met hom, maar ek onthou nie dat sy sneller so stram was nie. Is daar iets wat ek kan doen of is daar n after market sneller wat ek na kan kyk vir die geweer?
Re: Musgrave Mini Model 90 sneller stram
Posted: Sun Nov 11, 2018 6:18 pm
by Philip J
Is die sneller nie net vuil nie binne-in nie?
Met verloop van jare, kan daar nogal baie aanpaksel opbou in die sneller se meganisme. Dis gewoonlik maar n mengsel van geweerolie en stof. Haal die sneller uit die slot uit en kyk of hy nie ook so aangepak is nie. Ek het my Mod90 Mini se sneller uitgehaal, met "contact cleaner" skoongespuit en toe met saamgeperste lug uit geblaas. Daar het redelik gemors uitgekom. Daarna was daar absoluut geen krapperigheid meer nie.
Re: Musgrave Mini Model 90 sneller stram
Posted: Sun Nov 11, 2018 7:02 pm
by Hein M.
My pa het ook daardie model. Hy het 'n Timney sneller. Kom so van die fabriek af. Kans is baie goed dat daarde een net vuil is.
Re: Musgrave Mini Model 90 sneller stram
Posted: Tue Nov 13, 2018 7:32 am
by Hein M.
Hein M. wrote:My pa het ook daardie model. Hy het 'n Timney sneller. Kom so van die fabriek af. Kans is baie goed dat daarde een net vuil is.
Praat toe gisteraand met my pa en vra hom uit oor die Mini 90 se sneller. Hy vertel toe dat hy die geweertjie destyds, toe hy nog nuut was, teruggestuur het Bloemfontein toe sodat hulle die sneller kon regmaak. Dit was baie stram en die veiligheidsknip wou nie werk nie. Musgrave het dit toe herstel. 'n Goeie wapensmid sal jou dus kan help - sou dit 'n soortgelyke probleem wees... Die manne in Ermelo by JJ-Wapens is ou Musgrave werknemers. Dalk die beste bet...
Sterkte!
Re: Musgrave Mini Model 90 sneller stram
Posted: Tue Nov 13, 2018 7:59 am
by Heinz Petersen
Maak eers seker die sneller is skoon. Haal dit af en was dit met petrol. Dit gebeur soms dat n splinter van die hout of n stukkie van die epoksie los kom en in die sneller beland. As dit als gedoen is, kan jy die geweer na n geweersmid toe neem dat hy die veer vervang en weer stel.
Re: Musgrave Mini Model 90 sneller stram
Posted: Wed Nov 14, 2018 11:44 am
by Machann
Dankie manne.