Page 1 of 1

Varswater fish finder

Posted: Mon Nov 12, 2018 11:41 am
by Antonie
Goeie more Julle,

Ek is opsoek na n varswater fish finder vir my seun.

Die tiepe wat jy sommer in cast? So iets soos wat verlede week op "Hier gaan ons alweer" geadverteer was.

Het van julle al so iets gebruik? Werk dit? Is dit die moeite werd om so iets te koop. Waar koop ek die ding?

Ek luister graag na julle insae.

Groete.

Re: Varswater fish finder

Posted: Mon Nov 12, 2018 3:22 pm
by Lourens Potgieter
Antonie ek dink daai is sommer 'n foefie. Vis bly nie op een plek nie, gebruik eerder daai geld en belĂȘ in twee goeie stokke of katrolle vir die man. Ek kan sien dat manne op 'n boot fishfinders gebruik.

As jy steeds wil kry, ek is seker by Western Accessories sal jy kry, of by Ganis in Witbank.

Re: Varswater fish finder

Posted: Mon Nov 12, 2018 6:59 pm
by Trompie
Fishfinder word nie net gebruik om vis te soek nie. Dit word eintlik meer gebruik om struktuur te soek wat jy weet gaan vis oplewer in varswater.
Probleem wat ek kan sien met daai tipe fishfinder is dat hy wifi gebruik om met die foon te praat. So hoe ver kan hy werk?

Hang maar seker af watse frequency hy gebruik maar dit kan nie fantasties wees vir nie veral as daar golwe op die dam is.

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: Varswater fish finder

Posted: Tue Nov 13, 2018 7:28 am
by Antonie
Dankie vir die terugvoer.

Ek sal die ingedagte hou.