Page 1 of 1

Victorinox mes regmaak

Posted: Thu Nov 22, 2018 2:09 pm
by AOosie
Middag manne,
Ek het op n ou Victorinox slagtersmes afgekom wat my ouers seker so 30 jaar terug gekoop het. Ek onthou nog hoe trots my Pa was op die stel nuwe messe wat natuurlik die hele vleisbewerking epsiode baie makliker sou laat verloop. (as ek reg onthou was dit wel die geval - messe was baie skerper en moes minder tussendeur geslyp word) Daar is egter een probleem.....die lem het n "chip" in, seker so 1-2mm diep en dis amper in die middel van die lem. Is daar n manier om dit reg te maak of moet hy maar in die laai bly?
Ek weet nie veel van messe nie en dis heel moontlik n dom vraag :): - ek hoor graag

Re: Victorinox mes regmaak

Posted: Thu Nov 22, 2018 2:24 pm
by airhunter
Plaas n foto sodat mens n visuele verwysing van die skade het.

Re: Victorinox mes regmaak

Posted: Thu Nov 22, 2018 2:47 pm
by Capt. Yoda
AOosie wrote:Middag manne,
Ek het op n ou Victorinox slagtersmes afgekom wat my ouers seker so 30 jaar terug gekoop het. Ek onthou nog hoe trots my Pa was op die stel nuwe messe wat natuurlik die hele vleisbewerking epsiode baie makliker sou laat verloop. (as ek reg onthou was dit wel die geval - messe was baie skerper en moes minder tussendeur geslyp word) Daar is egter een probleem.....die lem het n "chip" in, seker so 1-2mm diep en dis amper in die middel van die lem. Is daar n manier om dit reg te maak of moet hy maar in die laai bly?
Ek weet nie veel van messe nie en dis heel moontlik n dom vraag :): - ek hoor graag

Vat hom na n man toe wat hom met n beld kan "slyp", ek het een so stukkend gedruk op n blok gevriesde vleis en my pa het hom toe so laat reg maak. Myne het seker goeie 5cm lank by 1cm diep chip in gehad, jy kan natuurlik sien die mes se dimensies is bq anders maar hy sny nog soos hy moet

Re: Victorinox mes regmaak

Posted: Thu Nov 22, 2018 3:21 pm
by Ds J
Los hom soos hy is - slyp en werk net verder. Hy sal mettertyd uitkom.

Re: Victorinox mes regmaak

Posted: Thu Dec 13, 2018 2:51 pm
by theedge
Ds J wrote:Los hom soos hy is - slyp en werk net verder. Hy sal mettertyd uitkom.
stem - my een buck mes het so anderman been gekap en my mes so stil stil gebere - toe later met skok gesien, het aangehou met slyp op lansky en toe is daai hap weg