Page 1 of 1

Desember 2018 se vis

Posted: Tue Jan 01, 2019 10:30 am
by DWB
Voorspoed vir die nuwejaar manne!

Al die stories van elf braai het ñ lus in my wakker gemaak!

Ons het nou 11 dae op Mtunzini gekamp. (Noordkus)

Ek het hare terug my swaar rots en strand gerei verkoop oor ek nie meer by die see gekom het nie en nooit regtig sukses behaal het nie. Ek het tot nou maar kunsaas gegooi by die see.

So kom ons op Mtunzini en ek hoor dis die tyd vir die Diamond rays, en ek wou nog altyd een vang. Ons ontdek toe heel toevallig goeie familie vriende daar en hulle wil net hengel. Ek gooi toe maar lepels sonder sukses. Ek besluit toe dit is sulke tyd en ek ry Richardsbaai toe om ñ stok en katrol te soek. Groot is my verbasing dat stokke vir 'penn' katrolle skaars is en dat die koffiemeul goed die visvang oorheers. Ek kry toe ñ Poseidon 4-6oz Heavy stok en Daiwa SL50 (Daai Assassin stok spook nog by my) en Kingfisher Giant Abrasion .50mm en so paar ekstras. Gaan sit toe by die kamp en sien ek kan darem nog ñ bimini twist maak en stroppe bou.

Gaan gou die middag en sien ek kan darem nog gooi!

Eerste dag se hengel is stil en ek vang net ñ klein melk haai in die skoon water. 2de dag is ek ook al man wat ñ byt kry en trek toe ñ baie mooi 53.5cm elf! (Neus tot punt van stert).

Die vorige aand het ons vriende se seun ñ 1.8m sandhaai gevang terwyl ek vir mamma gelukkig hou in die kamp.

Die middag is ek gewapen met ñ elf kop saam die vriende na Doggie Beach toe. Sukkel om sinker te laat sit, maar gly die swaar kop uit. Nou moet ek noem ek het nog nooit ñ vis bo 10kg gevang nie. Skielik voel ek iets trek en dit is nie ñ golf nie! Aan vir so paar sekondes en toe weer af! Die vriend lanks my kry toe ñ byt en verloor hom ook! Die ou lanks hom is toe ook aan en hy bly aan. My vriend kry toe ook weer ñ byt en is aan! Die 2 manne land toe elk ñ mooi Diamond en ek is dikbek!

Aand is op en ek sit die elf kop met sy strop net so in vrieskas. Vriende is huistoe en 2 dae later kom ek eers weer by die see.

Man alleen op die strand, gety op sy laagste, maar ek het ñ gat wat ek wil werk! Baie huiwerig gooi ek my sinker in en gly die elf kop in! Na so 15 minute, sien ek my stok kry sulke snaakse vibrasies en ek sien die sand gee mee onder die houer. Tel op en toe gaat die man! Ek bel toe gou my swaers dat hulle kom help en die hele familie kry toe kans om die episode te geniet! 40 min later met ñ seer rug en arms is die knaap op die sand! Ñ mooi groot Diamond! 201cm in deursnee wat volgens die tabelle op 75.3kg uitkom. Ons was 3 en het gebars om hom in die water in te sleep. Die gogga het nou weer gebyt!

Sit gerus jul fotos en stories hier by!

Desember 2018 se vis

Posted: Tue Jan 01, 2019 12:18 pm
by wynis
Lekker man! Ek moet bieg ek is ewe lief vir jag en visvang. Ek het baie stokke oor die jare aangeskaf en vind altyd die regte een vir die situasie en plek waar ek wil vang.
Ek beplan al klaar weer my volgende ekskursie.
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201901 ... 9e49f6.jpg[/IMG]


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Tue Jan 01, 2019 1:10 pm
by ruaanb
mooi man!

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Tue Jan 01, 2019 10:05 pm
by Dweetster
Mooi Deon..

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Tue Jan 01, 2019 10:41 pm
by Flip Nel
Mooi man baie geluk

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 7:20 am
by Marc
Baie geluk !

Mooi vis daai

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 7:31 am
by Geno
Netjies Deon! Well done Pel!

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 7:53 am
by Smitstertjies
Lekker Deon!

Het saam met die skoonfamilie by Shelly Beach uitgegaan net voor kersfees. Kon paar mooi Tunas inkatrol.

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 8:43 am
by DWB
Dankie manne en geluk aan al die res!

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 11:04 am
by Charles7x57
Baie geluk met jou goeie vangs. Dis vrek lekker as die vis byt.
Groete.

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 1:26 pm
by SakoTrippel2
Baie Geluk met almal se lekker vangste!

Ekt nou al myself blou gegooi van al die spoons, poppers, plugs, paddle tails ens op my lekker ligte gerei spinning setup (7ft Medium Heavy Berkley Cherry wood HD en 'n Shimano Sienna 2500D Gelaai met 15lb braid en fluorocarbon leadertjie) haha klink nou soos Petri De Wet.... Maar ek glo ekt myself die beste kans gegee vir sukses en ekt baie opgelees oor spots en tegnieke en alles rondom die hele "kuns aas by die see" metode van visvang.

Eks maar opsoek na medium size Leervis, elf en kabeljou... Maar nog net mooi niks gekry.

Was by Gansbaai, Mosselbaai en Witsand en geen geluk nêrens....Rotse, Rivier Monde, Diep gate op sand strande you name it ek was daar!

Ek sal maar hou by Bass vang!

Groete
Frans

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Wed Jan 02, 2019 3:55 pm
by ruaanb
Gansbaai soek daai manne wit chokka.

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Fri Jan 04, 2019 8:40 am
by tau
SakoTrippel2 wrote:Baie Geluk met almal se lekker vangste!

Ekt nou al myself blou gegooi van al die spoons, poppers, plugs, paddle tails ens op my lekker ligte gerei spinning setup (7ft Medium Heavy Berkley Cherry wood HD en 'n Shimano Sienna 2500D Gelaai met 15lb braid en fluorocarbon leadertjie) haha klink nou soos Petri De Wet.... Maar ek glo ekt myself die beste kans gegee vir sukses en ekt baie opgelees oor spots en tegnieke en alles rondom die hele "kuns aas by die see" metode van visvang.

Eks maar opsoek na medium size Leervis, elf en kabeljou... Maar nog net mooi niks gekry.

Was by Gansbaai, Mosselbaai en Witsand en geen geluk nêrens....Rotse, Rivier Monde, Diep gate op sand strande you name it ek was daar!

Ek sal maar hou by Bass vang!

Groete
Frans
Nou hoekom help Stefan jou nie? DIt is mos sy gate daardie.

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Fri Jan 04, 2019 9:18 am
by Frederik
My grootse vir Desember darem weer lekker gewees om lot kurpers te vang in die warm weer langs die kamp.

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Fri Jan 04, 2019 9:40 am
by SakoTrippel2
tau wrote:
SakoTrippel2 wrote:Baie Geluk met almal se lekker vangste!

Ekt nou al myself blou gegooi van al die spoons, poppers, plugs, paddle tails ens op my lekker ligte gerei spinning setup (7ft Medium Heavy Berkley Cherry wood HD en 'n Shimano Sienna 2500D Gelaai met 15lb braid en fluorocarbon leadertjie) haha klink nou soos Petri De Wet.... Maar ek glo ekt myself die beste kans gegee vir sukses en ekt baie opgelees oor spots en tegnieke en alles rondom die hele "kuns aas by die see" metode van visvang.

Eks maar opsoek na medium size Leervis, elf en kabeljou... Maar nog net mooi niks gekry.

Was by Gansbaai, Mosselbaai en Witsand en geen geluk nêrens....Rotse, Rivier Monde, Diep gate op sand strande you name it ek was daar!

Ek sal maar hou by Bass vang!

Groete
Frans
Nou hoekom help Stefan jou nie? DIt is mos sy gate daardie.
Self 'n middag saam hom gaan popper gooi vir Leeries in 'n mond maar sonder sukses. Hys 'n boffin as dit by lang stok met Aas ingooi kom maar daar was ongelukkig nie tyd nie... Hy moes terug werk toe.

Maar ekt darm noudie dag my Trots gesluk en maar 'n Charter gevat diepsee toe... Binne 1 en 'n half uur kwota vol gevang.(11 manne op die boot = 44 Visse) Lekker Paar Silwers gekry. Mens kans seker maar sê die vis het geloop Image

Groete
Frans

Re: Desember 2018 se vis

Posted: Fri Jan 04, 2019 1:47 pm
by wynis
SakoTrippel2 wrote:Baie Geluk met almal se lekker vangste!

Ekt nou al myself blou gegooi van al die spoons, poppers, plugs, paddle tails ens op my lekker ligte gerei spinning setup (7ft Medium Heavy Berkley Cherry wood HD en 'n Shimano Sienna 2500D Gelaai met 15lb braid en fluorocarbon leadertjie) haha klink nou soos Petri De Wet.... Maar ek glo ekt myself die beste kans gegee vir sukses en ekt baie opgelees oor spots en tegnieke en alles rondom die hele "kuns aas by die see" metode van visvang.

Eks maar opsoek na medium size Leervis, elf en kabeljou... Maar nog net mooi niks gekry.

Was by Gansbaai, Mosselbaai en Witsand en geen geluk nêrens....Rotse, Rivier Monde, Diep gate op sand strande you name it ek was daar!

Ek sal maar hou by Bass vang!

Groete
Frans
As die kuns aas nie werk nie probeer lewendige aas. Net so lekker as daai katrol begin loop met ‘n harder aan die hoek.
Ek vind ‘n mens moet baie aanpasbaar wees as jy in die see hengel. Die visse lees ander handboeke as ons ...


Sent from my iPad using Tapatalk