Page 1 of 1

Beretta A300/A301

Posted: Thu Jan 03, 2019 10:09 am
by Edu
Hallo manne

Ek het 'n Beretta A301 semi-auto.

Ek wil graag by julle hoor wie van julle skiet ook A300/A301?
Ek het hulp nodig om die geweer te strip om skoon te maak.
Ek kan die basiese fore-end en loop af haal, maar dis tot waar dit gaan.
Ek wil graag die basiese komponente uit die aksie haal om daar binne te kan skoonmaak.
Ek weet die sneller meganisme kan ook apart uitgehaal word.

Ek wil nie alles tot in die fynste veertjie en skroefie uithaal nie, net basies.

Ek is net bang as ek my eie kop volg is die geweer vol outomaties as ek klaar is :laugh: :laugh: :laugh:

Groete

Re: Beretta A300/A301

Posted: Thu Jan 03, 2019 11:25 am
by tripodmvr
Hier is een van verskeie videos wat die uitmekaar haal en aanmekaar sit toon. Google dit net.

https://www.youtube.com/watch?v=_AZDSPTHMx4

Re: Beretta A300/A301

Posted: Thu Jan 03, 2019 11:36 am
by Ratel
Ek het ook maar you tube gaan raadpleeg en gevind die wapen haal maklik uit mekaar. Maak veral seker jy maak die "gas port" skoon. Ek het gevind dat dit nog al maklik 'n redelike dik kruit neerslag kry.