Page 1 of 1
Plettenbergbaai
Posted: Sun Jan 06, 2019 5:04 pm
by Wilhelm Schultz
Middag manne
Kan iemand my dalk verwys na ‘n charter vir rivier en diepsee visvang gebaseer rondom Plett asb.
Baie dankie
Plettenbergbaai
Posted: Mon Jan 07, 2019 10:17 am
by Blitzzz
Sou jy belangstel om Segdefield - Mosselbaai area te vang sal ek jou kan help met ‘n kontak.
Gaan kyk op youtube en soek vir “xtreme estuary fishing adventures”.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Plettenbergbaai
Posted: Mon Jan 07, 2019 2:45 pm
by ruaanb
https://enricorestaurant.co.za/charters/ - my broer het hom nou al 'n paar keer gebruik.
Re: Plettenbergbaai
Posted: Mon Jan 07, 2019 10:00 pm
by Wilhelm Schultz
Dankie vir die raad manne maar het geboek vir Vrydag op Swartvlei meer saam met Xtreme Estuary charters. Lyk belowend so kom ons kyk maar. Sal die res van die naweek rondom Bitou en Keurbooms rivier of die lagoon krap.
Sal julle op hoogte hou.
Groete
Re: Plettenbergbaai
Posted: Mon Jan 14, 2019 7:14 am
by Vlakvark Soldaat
Die wereld rekord leervis is in 2014 op Swartvlei in Sedgefield gevang...
Wilhelm, deel maar fotos van jou suksesse.
Re: Plettenbergbaai
Posted: Mon Jan 14, 2019 11:20 pm
by Blitzzz
Wilhelm Schultz wrote:Dankie vir die raad manne maar het geboek vir Vrydag op Swartvlei meer saam met Xtreme Estuary charters. Lyk belowend so kom ons kyk maar. Sal die res van die naweek rondom Bitou en Keurbooms rivier of die lagoon krap.
Sal julle op hoogte hou.
Groete
Hoe het dit gegaan op Swartvlei?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Plettenbergbaai
Posted: Tue Jan 15, 2019 9:39 am
by Wilhelm Schultz
More Manne
So Sedgefield was baie goed vir ons gewees. Kon darem so 4 mooi groot (roostersize) grunters in die boot in boks en nog paar ander spesies soos leervis, elf en stompneus gevang. Niks baie groot nie. Die water in die meer is bietjie warm (24gradeC) volgens die experts, dan is die groter visse ook minder geneig om te buit.
Swartvlei en Pete van Xtreme Estuaries sal my defnitief weer sien. Pete is baie professioneel en het 'n baie lekker boot was perfek uitgerig is vir hengel op die meer. Ek sal hom defnitief vir enigiemand aanbeveel wat graag daar wil gaan lyn nat maak en lekker wil visbraai.
So paar fototjies aangeheg
Groete
Re: Plettenbergbaai
Posted: Tue Jan 15, 2019 9:48 am
by charlk
Geluk, dis mooi Grunters.
Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk
Re: Plettenbergbaai
Posted: Tue Jan 15, 2019 10:02 am
by Blitzzz
Bly julle het dit geniet. Pete is n baie goeie visserman.
Sent from my iPhone using Tapatalk