Page 1 of 4
Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 3:59 pm
by sako 30-06
As alles uitwerk gaan ek einde Maart uiteindelik takbok jag.
Ek weet dis die beste tyd vir die ramme voor hulle begin 'rut'.
Nou is my vraag, sal daar n verskil wees in vleis kwaliteit tussen n jong ram en n ooi die tyd van die jaar?
Sal die ooi of die ram die meeste vet he en die beter keuse wees?
Of skiet ek altwee en besluit maar self?

Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 4:03 pm
by DawieKotze
sako 30-06 wrote:
Of skiet ek altwee en besluit maar self?

Daai is die beste plan dan kan jy sommer vir ons almal kom vertel
Groetnis
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 4:37 pm
by win270
My gevoel is dat die ooi se vleis steeds beter sal wees, mits sy in goeie kondisie is en nie te oud nie.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:24 pm
by sako 30-06
Die rede hoekom ek vra is, die ramme bou heelwat vet op voor die rut begin so beteken dit n ram sal dus meer vet as n ooi he?
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:29 pm
by Gbyleveldt
Help my reg hier asb. Ek dog wild vet is gagga? Buiten dit, is takbok vir my van die lekkerste wild vleis. Ek het laas seisoen vir die eerste keer een geskiet en dit sal verseker hierdie jaar weer op die lysie wees.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:47 pm
by SakoTrippel2
Nico Harris kom in!!!
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:49 pm
by Nico Harris
Ons gaan altyd April dan is die vleis baie mooi!!
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:50 pm
by sako 30-06
Gbyleveldt wrote:Help my reg hier asb. Ek dog wild vet is gagga? Buiten dit, is takbok vir my van die lekkerste wild vleis. Ek het laas seisoen vir die eerste keer een geskiet en dit sal verseker hierdie jaar weer op die lysie wees.
As jy takbok die regte tyd van die jaar skiet het die vleis lekker baie vet op en kan jy dus die bok opsny soos skaap.
Proe glo beter as skaap.
Wanneer het jy jou bok geskiet en hoe is dit verwerk?
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:52 pm
by Nico Harris
Van die rug chops en boud chops.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 8:54 pm
by sako 30-06
Nico Harris wrote:Ons gaan altyd April dan is die vleis baie mooi!!
Het takbok gewoonlik n lekker laag vet en wat verkies jy vir vleis, n ram of ooi?
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 9:15 pm
by Gbyleveldt
Nico Harris wrote:Van die rug chops en boud chops.
Tjo tjo tjo, hoe lekker kwel ek nou!
sako 30-06 wrote:
As jy takbok die regte tyd van die jaar skiet het die vleis lekker baie vet op en kan jy dus die bok opsny soos skaap.
Proe glo beter as skaap.
Wanneer het jy jou bok geskiet en hoe is dit verwerk?
Dit was in Julie gewees. My ooi het verseker nie naastenby so baie vet gehad nie. Ek maar biltong en droe wors gemaak; ek is nog nie genoeg avontuurlustig vir steaks en chops nie. Maar wil dit verseker probeer hierdie seisoen omdat daai takbok so lekker was. Dus my nuuskierigheid.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 9:16 pm
by Nico Harris
Ramme het altyd baie meer vet.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 9:19 pm
by Gbyleveldt
Nico Harris wrote:Ramme het altyd baie meer vet.
Aha, ok. Nou het ek ‘n verskoning om ‘n mooi Stag te gaan haal. Net jammer dat eers Julie vir ons jag seisoen is.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 9:49 pm
by Nico Harris
My en n pel se bokke laas seisoen.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 9:50 pm
by Nico Harris
Mooi swart stag.
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 9:54 pm
by Nico Harris
My vrou se eerste ram en my tweede ram.
Takbok vleis
Posted: Wed Jan 09, 2019 10:07 pm
by Willeboer
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190109/21e077ad7324920b382222127276115f.jpgook eendag so gelukkie gekry terwyl ons SWB uitskiet. Boer het ongelukkig dadelik gese hy hou vleis en bok is gratis.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 5:20 am
by ruaanb
ek het een keer op n kerk kamp n takbok rib gebraai soos n skaaprib. die tannies het gestormloop vir nog n stukkie en gesê dis die lekkerste skaaprib wat hulle nog geëet het.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 7:23 am
by OosKaapJagter
Ek jag elke jaar by familie takbokke om die vrieskaste vol te maak. Slegs as ek nie genoeg takbokke kry nie, jag ek koedoes (tweede keuse). Slegs indien albei onsuksesvol was sal ek "take-aways", dis nou blesbokke, skiet. Dit was baie jare laas nodig vir blesbokke.
Die takbokke se vleis is wat my betref die lekkerste. Ek gee egter aan die slagter die diskresie oor hoe om die ramme en ooie te bewerk. Die instruksie is egter om altyd die ooie of jong ramme se vleis as sulks te bewerk en nie daarvan biltong of droëwors te maak nie. Die ou ramme of koedoes kan biltong en droëwors raak.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 7:29 am
by henried
Nico Harris wrote:My en n pel se bokke laas seisoen.
Wow, mooi bokke.
Meer as enige bok, het ek 'n ding vir 'n takbok...

Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 7:44 am
by Frikkie Coetzee
Skiet eerder n jong ram vir vleis.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 7:52 am
by heywillie
Ek en my vrou het so drie jaar terug elkeen 'n ram geskiet in die Welkom area. Die was so na die einde van Maart maand gewees.
Die vleis was baie bitter, al wat ons kon eet was die kerrie sosaties.
Alhoewel dit baie droog was daai jaar, was die ramme steeds baie vet, het soos skape gelyk toe hulle afgeslag was.
Nou weet ek nie of ons hulle net op die verkeerde tyd geskiet het nie, maar my vrou wil nou niks meer weet van nog takbok skiet of eet nie !?
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 8:18 am
by sako 30-06
Nico Harris wrote:My en n pel se bokke laas seisoen.
Nico, dis regtig mooi bokke wst julle geskiet het, baie geluk.
Ek neem aan dit was in die Oos Kaap gewees?
Het jy al wors van takbok gemaak of sny jy die hele bok op soos skaap?
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 8:36 am
by Nico Harris
Die eerste twee was in die vrystaat. Die ander drie in die ooskaap.
Ek het al wors gemaak met net takbok in en dit was lekker.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Jan 10, 2019 9:02 am
by tripodmvr
Skiet liefs 'n ooi. Die ramme se lywe is al vol testosteroon teen Feruarie na April. Nes ou bokramme is hul vleis dan nie lekker nie.