Page 1 of 1
.270 Musgrave Prys
Posted: Thu Jan 10, 2019 2:15 pm
by Bostik
Hi Almal,
I am looking to purchase my first rifle. Dit is 'n Musgrave .270 win met 'n Lyttleton RSA aksie. Verder het dit 'n Lynx scope op en daar word ook 'n silencer ingesluit wat nie op die fotos is nie.
I would please like to get an idea of what price these go for more or less? Ek ken die verkoper persoonlik baie goed en weet die geweer is nog minimaal gebruik in sy leeftyd. Volgens hom is dit baie akkuraat en ek vertrou sy woord.
Any helpful information will be appreciated.
Groete
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Thu Jan 10, 2019 2:17 pm
by Supacow
10-12k
Jy kan 4k opsioneel bybetaal vir n puik kaliber

Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Thu Jan 10, 2019 3:05 pm
by Albertdwk
Supacow wrote:10-12k
Jy kan 4k opsioneel bybetaal vir n puik kaliber

Hahaha



Wie kan nou daarmee stry,
Moet sê die geweer lyk nog mooi op die fotos,
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Thu Jan 10, 2019 11:47 pm
by MB James
Het dit 'n maggesyn?
Dis defnitief nie 'n enkelskoot RSA aksie nie.
Ah ek sien nou die maggesyn. Netjiese geweer daardie.
Sent from my S60 using Tapatalk
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Fri Jan 11, 2019 7:20 am
by Bostik
MB James wrote:Het dit 'n maggesyn?
Dis defnitief nie 'n enkelskoot RSA aksie nie.
Ah ek sien nou die maggesyn. Netjiese geweer daardie.
Sent from my S60 using Tapatalk
Hi MB James,
Dit het wel 'n maggesyn ja.
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Sat Jan 12, 2019 9:32 am
by Bostik
Supacow wrote:10-12k
Jy kan 4k opsioneel bybetaal vir n puik kaliber

Dankie vir almal se terugvoering so vêr. Ek was vandag by die geweer winkel naby my werk. Die persoon daar het die .270 geprys teen R6k alles ingesluit.
Ek moet sê hy het maar baie vinnig na die fotos gekyk. Mis hy dalk iets, dat hy dit so goedkoop prys?
Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Sat Jan 12, 2019 9:45 am
by jdpretorius
Bostik wrote:
Dankie vir almal se terugvoering so vêr. Ek was vandag by die geweer winkel naby my werk. Die persoon daar het die .270 geprys teen R6k alles ingesluit.
Ek moet sê hy het maar baie vinnig na die fotos gekyk. Mis hy dalk iets, dat hy dit so goedkoop prys?
Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Hy vat 'n kaans...hy kan net die aksie vir meer as dit verkoop. As die loop gaar was sal die aksie seker 'n lekker 280 AI ook kan maak. Ek kan nie sien wat se Lynx scope dit is nie maar is sekerlik so 4K werd.
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Sat Jan 12, 2019 11:49 am
by Fanta300
Ek dink ook R10k is billik na albei kante toe. Het onlangs ‘n mooi Musgrave 30.06 Mod98 verkoop vir R8500. Hy het ‘n goedkoop Tasco op gehad
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Sat Jan 12, 2019 11:57 am
by Arnold
Daai geweer lyk nog mooi. Ek dink R6k is iets wat die geweerwinkel sal wil betaal sodat hulle n wins kan maak om hom weer te verkoop.
Die geweer sou ek se minstens R8k en die teleskoop lyk soos n LX 4-16 of 6-24 wat seker nog so R3500 by die prys sit. So hier rondom R11k vir alles ingesluit sou ek se is redelik en R10k is nader aan n bargain as daai geweer se loop nog mooi is en hy skiet mooi. Minder as R8k is n moese bargain en hier by R13k sal jy iemand moet he wat regtig so geweer soek om die kopie te realiseer.
My 50 sent

Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Sat Jan 12, 2019 1:22 pm
by JJV
Dit is die Vrystaat MK11 (2) geweer, basies ‘n Rsa enkelskoot aksie wat ‘n magesyn het as ek reg kyk. Nogals iets besonders.//uploads.tapatalk-cdn.com/20190112/629dcd14525620050af1c95c16f93d51.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190112/05987b929f1eee80311d76a62f684d10.jpg
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Tue Jan 15, 2019 9:16 am
by Bostik
Dankie vir almal se bydrae. Ek voel ek het nou heelwat 'n beter idee vir hoeveel die gewere gaan. Dink ook ek kry 'n redelike goeie deal op die geweer so gaan hom aanskaf.
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Tue Jan 15, 2019 10:08 am
by THOMAST
Die veld model (nie verstelbare visiere en dowwe/"Matt" afwerking) het in 1974 vir R135.00 verkoop by BKB
Goeie ou dae..
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Tue Jan 15, 2019 10:46 am
by Arnold
Laat weet vir ons die prys dat ons darem kan sien of ons ons pryse oor moet kalibreer

Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Tue Jan 15, 2019 10:49 am
by Bostik
Arnold wrote:Laat weet vir ons die prys dat ons darem kan sien of ons ons pryse oor moet kalibreer

Nog besig met onderhandeling, maar klink my ek gaan seker so R8k betaal.
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Thu Mar 19, 2020 1:32 pm
by Bostik
Na 'n geweldige lang wag vir bevoegtheid en lisensie kan ek uiteindelik Maandag my geweer gaan optel. Ons het toe ooreengestem op R8k. Die verkoper het intussen 'n silencer ook opgesit wat ek by kry. Nogals opgewonder!
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Thu Mar 19, 2020 1:35 pm
by Aceofspades
Geluk Bostik. Hoop jy geniet hom.
Kriek
Re: .270 Musgrave Prys
Posted: Thu Mar 19, 2020 2:13 pm
by Armand Steenkamp
Bostik ek het presies so een. Meet bietjie sy loop en laat weet hoe lank hy is... Myne is 25.8duim lank
Groetnis