Page 1 of 1
Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Sun Jan 13, 2019 9:11 pm
by Eight
Dag almal,
Ek wil jul advies he m.b.t. Die pak van n kolf. Is dit beter om die hele loop te free float en net tot by die recoil lug te bed of is dit beter on die eerste duim of so, “knox” van die loop ook te bed. Dis n dikloop 26 duim in lengte? Wat gee beter konstantheid en akkuraatheid?
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 7:08 am
by Wouter Roets
Eight
Ek persoonlik is nog altyd voorstander van die hele loop free float vir die eenvoudige rede dat ek geen eksterne faktore wil he wat n uitwerking op my loop se natuurlike osselasie proses wil he nie. Hierdie ekstene faktore wat gewoonlik die kolf is is nie altyd konstand nie en vir daai rede wil n mens nie nog n faktor in die vergelyking inbring nie. Dink so daaraan, jy skiet tog nie met ammunisie wat se sprong na die lande verskil nie, so hoekom dan enigsins n faktor inbring waar wisselvalligheid die norm is?
Groetnis
Wouter
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 8:03 am
by Armand Steenkamp
Ek stem saam met Wout. Ek het al my roere so gepak dat die hele loop tot by die aksie vry hang. Ek het wel gevind dat gewere met ligte profiel lope soms beter skiet as hulle onder die knox gepak word. My 303 en my .22Hornet is 2eer so gepak.
Ek sou se probeer eers sonder enige pakwerk.
Groetnis
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 8:51 am
by PWV
My twee nederige gewere ('n Howa 308 varminter en 'n 7 mm Tombi Mk 1 met "heavy palma"), is gebed tot onder die "knox". Ek moet toegee dit is baie vervelig om met hulle te skiet. Jy skiet elke skoot, taks in dieselfde gat!
So, vir my gewere werk dit. Ek het nie ondervinding van 'n algehele drywende loop nie.
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 8:55 am
by ruaanb
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 9:06 am
by PWV
Dit is spesiale waterpype, maar dit kan 'n oplossing wees vir baie se gesukkel!

Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 9:36 am
by Thunderhead
Hi Wouter wat van n groot kalibers in Cz/Brno hull het in middel van loop "Recoil lug" wat gebed moet word sodat die kolf nie kraak nie? Kan die geweer nog mooi groups skiet?
Wouter Roets wrote:Eight
Ek persoonlik is nog altyd voorstander van die hele loop free float vir die eenvoudige rede dat ek geen eksterne faktore wil he wat n uitwerking op my loop se natuurlike osselasie proses wil he nie. Hierdie ekstene faktore wat gewoonlik die kolf is is nie altyd konstand nie en vir daai rede wil n mens nie nog n faktor in die vergelyking inbring nie. Dink so daaraan, jy skiet tog nie met ammunisie wat se sprong na die lande verskil nie, so hoekom dan enigsins n faktor inbring waar wisselvalligheid die norm is?
Groetnis
Wouter
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 9:39 am
by Eight
Baie dankie, die totale free float maak heeltemal sin.
Dan wil ek ook hoor. Ek wil n mdt chassis bed. Ek weet hulle se dis nie nodig nie maar ek dink dit maak sin om n chassis te pak. Om n stress vrye bedding te doen trek jy die aksie enigstens met die aksie skroewe vas en indien hoe baie of draai jy maar net tape om aksie en kolf om aksie in plek te hou? Enige ander “tips” wat jul my kan gee? Ek is bekend met dit basiese beginsels van n kolf pak.
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 10:21 am
by Wouter Roets
Thunderhead wrote:Hi Wouter wat van n groot kalibers in Cz/Brno hull het in middel van loop "Recoil lug" wat gebed moet word sodat die kolf nie kraak nie? Kan die geweer nog mooi groups skiet?
Wouter Roets wrote:Eight
Ek persoonlik is nog altyd voorstander van die hele loop free float vir die eenvoudige rede dat ek geen eksterne faktore wil he wat n uitwerking op my loop se natuurlike osselasie proses wil he nie. Hierdie ekstene faktore wat gewoonlik die kolf is is nie altyd konstand nie en vir daai rede wil n mens nie nog n faktor in die vergelyking inbring nie. Dink so daaraan, jy skiet tog nie met ammunisie wat se sprong na die lande verskil nie, so hoekom dan enigsins n faktor inbring waar wisselvalligheid die norm is?
Groetnis
Wouter
Hallo Thanderhead
Ek het 4 Rugers wat ook op daai selfde prinsiep werk. Hulle aksies is gebed en die kolwe is nie free floated nie. Daar is absoluut niks fout met hulle akkuraadheid nie. Die eenvoudige rede hiervoor is dat jy met n baie dik loop oor die algemeen sit en daai tipe lope steur hulle nie veel aan hierdie eksterne faktore nie. Vir dieselfde rede soos in Oom PW se geval waar die knox ook gepak word en jy nog steeds baie goeie groepering beleef agv die dik loop. Ons moet ook besef dat jou materiaal van jou kolf n groot invloed het of jy kan wegkom met n sekere manier van bed of pak. Hout is die mees lewendigste, met lamineerd en plastiek wat aansienlik beter is met goed soos carbon en alluminuim wat weer as die "doodste" beskou kan word. Hierdie het baie keer n invloed oor aksies en lope aan die kolwe geanker word. Selfs verskillende aksies kan baie keer hulle eie voorkere he as dit kom oor hoe hy gepak moet word. Ek is geensins n kenner nie, maar het al genoeg raakgelees hoe sekere kolwe en aksies hulle unieke voorkere het.
Groetnis
Wouter
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 10:54 am
by Jurgen Visser
Wouter Roets wrote:Thunderhead wrote:Hi Wouter wat van n groot kalibers in Cz/Brno hull het in middel van loop "Recoil lug" wat gebed moet word sodat die kolf nie kraak nie? Kan die geweer nog mooi groups skiet?
Wouter Roets wrote:Eight
Ek persoonlik is nog altyd voorstander van die hele loop free float vir die eenvoudige rede dat ek geen eksterne faktore wil he wat n uitwerking op my loop se natuurlike osselasie proses wil he nie. Hierdie ekstene faktore wat gewoonlik die kolf is is nie altyd konstand nie en vir daai rede wil n mens nie nog n faktor in die vergelyking inbring nie. Dink so daaraan, jy skiet tog nie met ammunisie wat se sprong na die lande verskil nie, so hoekom dan enigsins n faktor inbring waar wisselvalligheid die norm is?
Groetnis
Wouter
Hallo Thanderhead
Ek het 4 Rugers wat ook op daai selfde prinsiep werk. Hulle aksies is gebed en die kolwe is nie free floated nie. Daar is absoluut niks fout met hulle akkuraadheid nie. Die eenvoudige rede hiervoor is dat jy met n baie dik loop oor die algemeen sit en daai tipe lope stuur hulle nie veel aan hierdie eksterne faktore nie. Vir dieselfde rede soos in Oom PW se geval waar die knox ook gepak word en jy nog steeds baie goeie groepering beleef agv die dik loop. Ons moet ook besef dat jou materiaal van jou kolf n groot invloed het of jy kan wegkom met n sekere manier van bed of pak. Hout is die mees lewendigste, met lamineerd en plastiek wat aansienlik beter is met goed soos carbon en alluminuim wat weer die as die doodste beskou kan word. Hierdie het baie keer n invloed oor aksies en lope aan die kolwe geanker word. Selfs verskillende aksies kan baie keer hulle eie voorkere he as dit kom oor hoe hy gepak moet word. Ek is geensins n kenner nie, maar het al genoeg raakgelees hoe sekere kolwe en aksies hulle unieke voorkere het.
Groetnis
Wouter
Hallo Wouter
Ek wonder nou oor daai vraag van BRNO met daai midelste skroef op loop , ek het 'n 8x64S nou onlangs gekoop en sukkel met groepering , ek het die aksie gepak tot onder die knox en daai middelste skroef by loop nie terug gesit nie ( dit is 'n dun loop ) , die groepering is nou heelwat beter , wat is jou mening , moet daai skroef terug ? of nie ? my 22 Hornett is ook 'n BRNO met daai selfde recoil lug op loop
Groete
Jurgen
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 11:04 am
by Wouter Roets
Jurgen
As die groepering beter is sonder hom as met hom, los die skroef dan uit. As dit esteties pla sny die skroef af en epoxy of breis hom net in plek. Soos ek se met die dik lope pla dit gewoonlik nie, maar met die dunner lope sien ek persoonlik net probleme. n Mens bring n addisionele komponent in met al sy geite wat logies tog totaal onnodig is. Persoonlik met die dun loop sal ek ook net die aksie pak.
Manne ek is regtig nie n ekspert op die gebied nie en sal graag veral geweersmede se bydraes waardeer op die onderwerp.
Groetnis
Wouter
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 11:46 am
by andre007
Ek weet van 2 smede is on kontrei, die 1 pak net die aksie en die ander die knox en aksie, volgens altwee is elkeen se eie manier reg.
Ek pak die aksie en knox as dit n dunloop is en slegs die aksie as dit n dikloop is. Indien dit n tupperware is net die aksie en maak die voorlaai regied. Maar nouja ek is nie n geweersmit nie nie en wie seg ek is reg.
Soos Wouter seg, dit sal gaaf wees as n wapensmit sy kennis met ons kom deelop die onderwerp.
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 12:03 pm
by Hercules Louw
Na my mening bepaal die ontwerp van die aksie of jy onder die loop pak of nie.
Kyk na die Howa, dit het 'n groot recoil lug met die aksie skroef in die middel van die lug, en basies geen aksie materiaal voor die recoil lug nie. Jy het nou twee opsies, of jy bed onder die recoil lug (met of sonder 'n pillar), of jy hou die recoil lug onder vry en bed onder die knox. Daar moet bedding materiaal vir ondersteuning voor en agter die voorste aksieskroef wees om die loop te dra, anders gaan die skroef 'n spanning oor die aksie veroorsaak. Al die Howa's met probleme waarna ek gekyk het, was as gevolg van die bedding wat nie die aksie onder die loop of onder die recoil lug ondersteun het nie, gewoonlik met die Euro varminter kolf. Die Houge kolf het 'n pillar onder die recoil lug en dit werk gewoonlik baie goed met die loop heeltemal vry.
RSA aksies het dieselfde soort probleem as die Howa met die skroef in die middel van die groot recoil lug op die voorpunt van die aksie.
Die Tikka het bv. weer genoeg aksie materiaal voor die recoil lug wat op die bedding kan rus, en die skroef sit verder terug. Dit is dus glad nie nodig om 'n Tikka onder die loop te bed nie, en verkieslik sal 'n mens dit nie doen nie vir die redes wat Wouter reeds aangedui het.
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 2:28 pm
by PWV
andre007 wrote:Ek weet van 2 smede is on kontrei, die 1 pak net die aksie en die ander die knox en aksie, volgens altwee is elkeen se eie manier reg.
Ek pak die aksie en knox as dit n dunloop is en slegs die aksie as dit n dikloop is. Indien dit n tupperware is net die aksie en maak die voorlaai regied. Maar nouja ek is nie n geweersmit nie nie en wie seg ek is reg.
Soos Wouter seg, dit sal gaaf wees as n wapensmit sy kennis met ons kom deelop die onderwerp.
Andre, dit is nou net die teenoorgestelde as wat Wouter ondervind het (in rooi hierbo).

Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 3:42 pm
by Armand Steenkamp
PWV wrote:andre007 wrote:Ek weet van 2 smede is on kontrei, die 1 pak net die aksie en die ander die knox en aksie, volgens altwee is elkeen se eie manier reg.
Ek pak die aksie en knox as dit n dunloop is en slegs die aksie as dit n dikloop is. Indien dit n tupperware is net die aksie en maak die voorlaai regied. Maar nouja ek is nie n geweersmit nie nie en wie seg ek is reg.
Soos Wouter seg, dit sal gaaf wees as n wapensmit sy kennis met ons kom deelop die onderwerp.
Andre, dit is nou net die teenoorgestelde as wat Wouter ondervind het (in rooi hierbo).

Dis presies die selle as wat ek ondervind het
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 6:40 pm
by jdpretorius
Dalk bietjie van die punt af maar hier is iets wat my nogals verbaas het t.o.v die moontlike spanning oor die aksie self.
Jammer, maar ek weet nie hoe om dit anders hier te laai nie
https://www.facebook.com/groups/6428975 ... 476032258/
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Mon Jan 14, 2019 9:41 pm
by Apie
Hoe rigied die aksie is en die dikte van die loop(lees gewig) gaan glo ek bepaal wat mens moet doen.
As jy n dik swaar lang loop op n K98 aksie draai sou ek glo dat dit beter is om die knox te bed om spanning op die relatief 'slap' aksie te verlig.
'N Barnard/XMax alsie is weer styf genoeg om 'n 'straight taper' 30 duim loop aan te hang en dit sal nie nodig of enigsins voordelig wees om die knox ook te bed nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Tue Jan 15, 2019 10:18 am
by Eight
Apie,
Waar sal die howa aksie wees m.b.t. rigiditeit?
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Tue Jan 15, 2019 1:12 pm
by Capt. Yoda
Eight wrote:Apie,
Waar sal die howa aksie wees m.b.t. rigiditeit?
Gaan ook nie net oor rigiditeit nie, dit gaan ook hoeveel van die loop jy in jou aksie kan in skroef veral as dit n baie lang en swaar loop is.
Die meeste of omtrent alle fabrieks askies is nie gebou om n 30" HV loop te dra nie, daar is net gewoonlik nie "genoeg vleis" om so swaar loop op die aksie in te skroef sonder laat daar te veel stres op die aksie en aksie skroewe is nie en hier sal jy ook gewoonlik sien n GS bed onder die knox in om te help met die swaar stuk pyp wat voor aan daai aksie hang. Soos Wouter ook gese het as jou loop 1.25" duk is gaan hy elk geval nie baie beweeg nie.
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Tue Jan 15, 2019 8:22 pm
by Apie
Eight wrote:Apie,
Waar sal die howa aksie wees m.b.t. rigiditeit?
As ek na Vasbrand se 32 duim HV loop kyk op syne en hoe hy skiet is die Howa stewig genoeg.
1 swaeltjie maak ongelukkig nie n somer nie so kom ons hoor wat sê die ander met Howa aksies
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Wed Mar 13, 2019 4:35 pm
by Eight
Ek het met Chrisjan en Andries Moller gepraat en hul altwee se met geen twyfel dat die loop heeltemal vry moet wees van die kolf tot by die aksie.
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Wed Mar 13, 2019 7:09 pm
by Blink Stefaans
Ek wou amper dieselfde vraag vra.
Vriend het n Vektor 270 wat sy pa self gebou het.
Die outjie is tot heel voor gepak.
Ek het hom gese om dit heeltemal te float...kom ons kyk of hy luister
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Wed Mar 13, 2019 9:09 pm
by Alwin
Blink Stefaans wrote:Ek wou amper dieselfde vraag vra.
Vriend het n Vektor 270 wat sy pa self gebou het.
Die outjie is tot heel voor gepak.
Ek het hom gese om dit heeltemal te float...kom ons kyk of hy luister
As die geweer op 'n K98 aksie gebou is, PASOP!
Ek het al heelwat gewere teëgekom wat tot by die punt van die voorlaai gepak is en soms selfs 'n ekstra drukpunt daar ingesit het. Dit was omdat hulle nie wou groepeer met 'n gewone "free float" pakking nie. Baie van hulle was op die antieke Mauser 1898 aksie gebou. Dis 'n sterk aksie in terme van die druk wat hy kan hanteer, maar baie slap a.g.v. die keep in die linkerkanste aksie-wand wat Hans se duim moes akkomodeer as hy gou met 'n 5-ronde "stripper clip" moes herlaai.
Rigiede aksies werk gewoonlik goed met 'n vry-hangende loop. Slap aksies benodig gewoonlik ondersteuning onder die loop, hoe swaarder hoe meer ondersteuning. Dan is daar die uitsonderings op elke reël...
Re: Bed “knox” van loop of heeltemal free float?
Posted: Thu Mar 14, 2019 5:51 am
by Blink Stefaans
Aksie is n M98