Page 1 of 1

BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Tue Jan 22, 2019 7:50 am
by Frederik
Ons volgende skietdag is om die draai, stof daardie roere af van die lui vakansie en kom oefen bietjie lekker voor die komende jag seisoen.

Fred Everett range te Bronkhorstspruit.

Rigting aanwaysing na baan toe. http://bigbore.org/members/fred-everett-range/

Ons het nog nie 'n vaste baan plan op die oomblik nie maar sal laat weet sodra ons dit vas het maar hou maar 20 rondtes gereed. Enige iemand is welkom enige kaliber maar net die 9.3 en groter kalibers kom in berekenging vir die dag se prestasies. Juniors kan wel met kleiner kalibers kompenteer teen mekaar.

Jy moet vooraf registreer volg net die link http://bigbore.org/members/pre-booking-for-non-members/

Ons gaan seker weer 'n groot groep wees vir die dag so boek maar vooruit.
Bring Stoel vleis en verversing vir na dit tyd en deur die dag sal daar koeldrank water en kos verkoop word.

Nie lede seniors R300 inskrywing
Nie lede veterane en juniors R150 inskrywing

Ons is al 'n hele paar Jaracal manne wat gereeld kom skiet maar as dit jou eerste keer kom groet asb. Ek is die Hoof Baan beampte julle sal my sien die oggend voor die skiet.

Dan het ons lede gelde as jy lid wil word kyk na ons Familie lidmaatskap wat ek dink verskriklik baie waarde vir geld is.

Volwasse lid R810
Juniors onder 21 R430
Veterans ouer as 60 R430
Familie lidmaadskap R1215

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Tue Jan 22, 2019 7:55 am
by Frederik
Nog so paar fotos vir die lus maak.

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Thu Jan 24, 2019 10:05 am
by gillie
Vanoggend ingeskryf, sal daar wees saam met die 450 in die hand...

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Thu Jan 24, 2019 11:02 am
by Frederik
Gillie,

Sien jou daar !!!

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Sun Jan 27, 2019 2:02 pm
by Frederik
Nog meer informasie vir die skietdag.
17 skote, een van hulle oor die Chrony 4 bane, stormende katjie is deel van die dag.

Registrasie sluit Dinsdag as jy die dag self kom sonder dat jy registeer gaan jy ongelukkig meer betaal dit geld vir lede en nie lede.

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Mon Jan 28, 2019 8:00 pm
by Frederik
More laaste dag om te registreer.
Jy kan nog persoonlik kom maar dit gaan jou duurder kos vir inskrywing.

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Sun Feb 03, 2019 7:09 am
by DWB
Wat ñ lekker dag!

Ons het darem die Jaracal naam hoog gehou, Frederik was 3de en ek 5de uit net oor ñ 100 skuts.

As jy wil skiet soos wat mens grootwild jag en opvolg is dit die plek om te wees. Daar was tot ooms van oor die 75 wat lekker saam sports gehad het!

Lekker om jou ook weer te sien Gillie

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Mon Feb 04, 2019 8:31 am
by saswart
Baie geluk Frederik en Deon julle het mooi geskiet!

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Mon Feb 04, 2019 8:45 am
by Frederik
Dankie Stephen jy het self nie sleg geskiet nie en 10de ge-eindig.

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Mon Feb 04, 2019 8:55 am
by DWB
saswart wrote:Baie geluk Frederik en Deon julle het mooi geskiet!
Dankie Stephen!

Was lekker om ook weer te sien!

Geluk aan jou ook!

Re: BASA Skietdag 2 Februarie 2019

Posted: Mon Feb 04, 2019 8:57 am
by LoopSoosStroop
Baie mooi geskiet manne, dit wil gedoen wees!