Page 1 of 1
Helle mes skerp maak
Posted: Sun Jan 27, 2019 6:50 pm
by wbuys
Dagsê almal,
Ek het 'n Helle jag mes wat'n skerp maak nodig het. Volgens Google moet mense nie die messe wat 'n Skandi grind het op'n Lansky skerp maak nie.
Ek wil graag hoor of julle iemand kan aanbeveel wat weer wat hy doen met wet stones wat messe skerp maak. Ek is in Centurion, so dit sal great wees as dit iemand in Jhb/Pta is.
Dankie & Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Helle mes skerp maak
Posted: Sun Jan 27, 2019 7:17 pm
by DWB
Kontak vir Dries101
Re: Helle mes skerp maak
Posted: Sun Jan 27, 2019 8:13 pm
by wbuys
Dankie DWB, ek gaan so maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Helle mes skerp maak
Posted: Sun Jan 27, 2019 10:53 pm
by Pappabeer
Jy moet besluit hoe lief is jy vir hom. Sleep hom deur n Warthog tot die scandi grind weg is en hy werk. Opsie B. Bestel n watersteen by Zululand Grey, en slyp hom daarop. Ek het twee Helle messe persent gekry en hulle is redelik sag, dus slyp hulle maklik op die watersteen.
michael@zulugrey.com
Hulle bied ook n diens aan om messe te slyp vir jou
Re: Helle mes skerp maak
Posted: Tue Jan 29, 2019 7:10 am
by ZKK
N scandi het n primary bevel met geen secondary bevel.
So jy moet baie metaal verwyder om hom skerp te maak.
Gaan kyk op die draad "Maak jou eie mes"
Van die ouens het jigs gebou om hulle bevels te fyl.
Jy kan dieselfde jig gebruik om n mes skerp te maak.
ek gebruik soms n vierkantige dowel waarop ek skuur papier plak met kontak gom.
kleur jou bevel in met n vilt pen.
stel dan jou jig tot jy presies dieselfde angle as op die mes se bevel kry.
ek kan n mes redelik skerp kry op n belt grinder, maar as ek n mes gril skerp wil maak gebruik ek die manier.
Afhangende hoe stomp die mes is, koop 1000 grit 1500 grit, en eindig met 2000 grit.
en as jy nog n stap verder wil gaan, plak denim op een van die dowels met bietjie buffing compound, en strop jou mes ook met die jig.
Groete
Re: Helle mes skerp maak
Posted: Tue Jan 29, 2019 9:15 am
by wbuys
Baie dankie vir die raad. Ek sal bierjie die detail beloer. Ek hoop net ek gaan nie die mes in 'n putty mes omskep.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk