Page 1 of 1

SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 04, 2019 11:25 am
by Dries Skiet
Hi manne en maninne.

Wil net hoor wie gaan almal die eerste een vir die jaar aanpak?

As dit enige iets soos laas jaar gaan wees kan dit net lekker wees.

Groete

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 04, 2019 12:09 pm
by Hein22
Gaan ongelukkig die een nie maak nie, julle moet dit geniet!

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 04, 2019 2:26 pm
by 6.5/284Norma
Ek is daar.

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 04, 2019 3:16 pm
by toelie
Ek gaan ook hom gaan skiet

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Thu Feb 07, 2019 11:23 am
by JBS
Dries Skiet wrote:Hi manne en maninne.

Wil net hoor wie gaan almal die eerste een vir die jaar aanpak?

As dit enige iets soos laas jaar gaan wees kan dit net lekker wees.

Groete
Middag Dries
Hopelik het jy so bietjie " inside info" wat jy te koop aanbied?? ;) Is die terrein bergagtig?

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Sat Feb 09, 2019 8:32 pm
by JBS
Was n lekker taai een gewees
:'(

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 11, 2019 12:53 pm
by Dries Skiet
Hi manne, dit was n lekker moeilikke een. Daar het n paar manne sleg gebloei. Die hitte het my gevang hier op die einde, seker maar nog die kerstyd skaapboud en die eksta 6Kg wat ek saam dra, kon die Sprinbok baan nie klaar maak nie, net drie skote geskiet toe moes ek handoek ingooi, die lyf wou net nie. Sal moet gaan oefen, sleg onfiks. Ek het darem nog 12de geeindig met n 670,3. Revo het gewen met n 790,4 en Piet Breedt het ook lekker geskiet en 8ste gekom.

Reelings was tops, daar was lekker pryse en ons het gesmul aan die skaap op die spit. Sommer n klomp nuwe vriende gemaak en saam met n paar ou bekendes gekuier na die tyd.

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 11, 2019 1:02 pm
by Hein22
Dries, gooi bietjie 'n uitleg van die bane, afstande en skiet posisies asb.

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 11, 2019 2:15 pm
by Riempies (Revo)
Dankie Dries vir die mooi terugvoering. Dit was nogal 'n uitdagende kompitisie. Dit is altyd lekker om die manne en vroue te akkomodeer wat lief is vir skiet. Daar was 'n goeie gees onder almal en met genade het die verrigtinge baie mooi vlot verloop. Hiermee verslaggie wat die manne saamgestel het, ek lê dit vir julle voor soos deur Hein versoek. (Jy het 'n lekker skiet en kuier gemis Hein) Next time!

Wildman het baie mooi pryse beskikbaar gemaak en ons wil hulle net ook bedank.

Baan 1: Teiken: Dwars Rooibok
Afstand: 206m
Posisie: Vryhand Lê

Baan 2: Teiken: Gongbaan
Afstande Links na regs: 358m, 288m, 328m, 232m, 344m
Posisie: Lê oor grond wal

Baan 3: Teiken: Gongbaan
Afstande links na regs: 231m, 262m, 251m, 290m, 203m
Posisie: 210 L Dromme, skiet bo-oor

Baan 4: Teiken: Frontale Blesbok
Afstand: 92m
Posisie: Vryhand Staan, 60 Sekondes

Baan 5: Teiken: Vlakvark
Afstand: 238m
Posisie: Kniel oor 3 poot Stokke

Baan 6: Teiken: Springbok
Afstand: 272m
Posisie: Trok Band, gebruik soos jy wil.

Groetnis

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 11, 2019 2:20 pm
by Hein22
Thanks Revo, dit is 'n mooi baan om die jaar mee te begin. Die manne het seker gehou vn die 92m Vryhand baan ;D

Baie spyt ek kon dit nie maak nie maar sien jou by die volgende een!

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Mon Feb 11, 2019 2:58 pm
by Riempies (Revo)
Hein

Jy weet mos die Staan is almal se liefde... :):

8)

Re: SAJSV KZN Ope op Vryheid.

Posted: Sun Feb 17, 2019 5:37 pm
by Sangoma (IAN)
Het julle dalk die resultate erens?