Page 1 of 1
Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Fri Feb 15, 2019 1:59 pm
by Smittie86
Goeie Middag Mede forum lede,
Ek het 'n Haelgeweer by persoon X in Alberton aangeskaf, en ek is geleë in die Weskaap. Maklik, courier die wapen af Kaap toe.
RAM verwag dat die wapen verpak moet wees in Hout boks/krat, of 'n wapen tas.
Waar kan ek een van die bogenoemde in die hande kry? Wapen tas is nie regtig opsie nie, want ek het nie tans die nut vir een nie.
OF as daar iemand is wat gou vir 'n dag trippie Alberton toe gaan sal dit ook waardeer word as ek sommer gou kan saamry? Hehehe
Enige hulp sal waardeer word.
Groete,
Johann
Re: Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Fri Feb 15, 2019 5:45 pm
by Fanta300
Stewige karton boks sal ook werk. Kry ‘n gebruikte geweer een by die plaaslike geweerwinkel. Meeste gewere word so deur Ram afgelewer.
Re: Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Fri Feb 15, 2019 10:21 pm
by SakoTrippel2
Na wat ek laas gesien het sal ek nie sommer settle vir iets "flimsy" soos 'n boks nie.... Gaan maar vir 'n GunCase. Dis nou 'n ekstra uitgawe maar koop maar 'n lekker tas en hou hom vir die toekoms... eerder dit as wat mens met 'n gekraakte kolf sit...
Groete
Frans
Re: Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Fri Feb 15, 2019 11:49 pm
by joe rocket
Koop n doos en pak spons onder en bo.
Re: Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Sat Feb 16, 2019 6:58 am
by Ds J
Skakel een van die wapenwinkels in Alberton en hoor of hulle plastiekkaste het.
Dit is gewoonlik die goedkoopste want as jy self n kas aanmekaar slaan sal jy hom tot in Alberton moet laat vervoer.
Re: Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Sat Feb 16, 2019 11:48 am
by Meteor
Ek het ook al n kolf laat seerkry. Jy sit met twee probleme. Jy weet nie asof dit hulle, die winkel of die vorige eienaar was en jy mag nie kla want RAM dryg al lankal om ons te forseer om sekere sterkte kasse te gebruik wat dit moontlik onbekostigbaar vir meeste gaan maak.
Koop daai tas. Laat hom daarin stuur. Verkoop die tas as hy hier kom.
Die gewig van daai ding binne daai trok wat bo-op jou geweer gaan val is te veel vir karton en bubblewrap.
As jy kies om steeds so te maak MOET NIE KLA AS HY SEERKRY. Hulle gaan ons almal dan forseer met goed wat klink soos volg. Staal/hout kas, moet kan sluit, moet so klas slot he, etc etc.
Re: Hulp met die vervoer van Haelgeweer
Posted: Sat Feb 16, 2019 4:13 pm
by Hein M.
Vra dat die persoon die haelgeweer uitmekaarhaal / of by winkel laat doen en dan goed bubbelwrap en verpak in 'n korter, stewige houtboks. As jy die geweer by hom koop kan hy darem wragtag die bietjie moeite doen.
Mooi naweek!