Page 1 of 1

Jagplek naby Clarence

Posted: Mon Feb 18, 2019 11:24 am
by Fanta300
F2D6571E-38BC-47D5-952C-8D8DCCEF7661.jpeg
Die naweek van hulle gehoor. Lyk na 5* plek. Na my vrou die foto’s gesien het mag ek net gaan as ek haar saamvat :laugh:

Re: Jagplek naby Clarence

Posted: Tue Feb 19, 2019 7:41 am
by Vlakvark Soldaat
Fanta300 wrote: Die naweek van hulle gehoor. Lyk na 5* plek. Na my vrou die foto’s gesien het mag ek net gaan as ek haar saamvat :laugh:
Klink na n baie slim parool offisier...

Re: Jagplek naby Clarence

Posted: Tue Feb 19, 2019 10:19 am
by Fanta300
Vlakvark Soldaat wrote:
Fanta300 wrote: Die naweek van hulle gehoor. Lyk na 5* plek. Na my vrou die foto’s gesien het mag ek net gaan as ek haar saamvat :laugh:
Klink na n baie slim parool offisier...
Na 45jr se getroude lewe (met dieselfde vrou) leer mens dat 'n klein belegging soms groot dividende oplewer ++>: ++>:

Re: Jagplek naby Clarence

Posted: Sat Mar 09, 2019 12:02 am
by JDEls
Ek het laas jaar hier gejag, was bitter lekker. Wil weer die jaar gegaan het maar hulle is reeds vol op die datums wat ons kan gaan.

Hierdie ouens het begrip vir die gesins mense. Laas jaar was dit net ek en my vriend wat jagters is, ons het ons vrou en kinders saam geneem. Ons het net 'n Blesbok en RHB geskiet en 2 aande geslaap. Ons min geld was goed genoeg vir hulle.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagplek naby Clarence

Posted: Wed May 08, 2019 8:27 pm
by J P
Ons het so 2 naweke gelede ook hier gaan jag. Werklik ongelooflike gasvryheid van Juan en Ronel ervaar. Hulle het uit hul pad gegaan om die naweek vir ons as gesin lekker te maak.

Chalets is verseker 5 ster in 'n prentjie mooi omgewing!

Lekker baie wild van al die spesies op hul lys. Wild loop op hele plaas (1000 + hektaar), sonder enige kampe.

Ek gaan verseker volgende jaar weer terug!

Groete
JP

Sent from my SM-N950F using Tapatalk