Ek dog ek deel die projek waarmee ek die laaste twee weke of so besig is met julle. Ek is al 'n rukkie lank lus om vir my 'n wet tumbler te bou, maar ek hou nie van planke aanmekaar spyker nie en wou nie iets groot en bulky hê op my herlaai tafel nie.
Ek het die body laat sny uit perspex en het die electronics van 'n hobby-shop af bestel. Die moeilikste deel was om 'n bottel te kry wat mooi werk, ek vind toe 'n 3L glas bottel wat baie mooi werk, met 4x conduit aggetators aan die binnekant vas geplak. Hy kan so 100x 9mm doppe, 50x 308/243 doppe of so 30x Magnum doppe op 'n slag doen, ek is nog op die uitkyk vir 'n motor wat bietjie sterker en vinniger as die een hardloop.
Hy draai nou teen so 12-15 rpm, ek het gelees 30rpm is glo waar mense wil wees, maar ek moet sê selfs nou werk hy heel mooi. Ek wil so paar vir van my pelle bou wanneer ek al die issues uitsorteer het.
AJ, daai spoed is 100%!! Laat hom vir 'n uur loop met wynsteensuur, sunshine liquid en warm water, en jy sal die doppe nie ken nie!
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 9:15 am
by Fanta300
Netjies!
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 10:56 am
by Plaashaas
Baie netjies.
Jy is nie dalk bereid om n "parts list" te deel nie?
Dankie
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 11:05 am
by AJ Botha
PWV wrote:AJ, daai spoed is 100%!! Laat hom vir 'n uur loop met wynsteensuur, sunshine liquid en warm water, en jy sal die doppe nie ken nie!
Dankie, ja hy maak al mooi! Sal happy wees as hy bietjie meer brass kan vat en effens vinniger draai. Ekt hom al gehol met Sunlight maar moet nog sunshine liquid probeer!
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 11:20 am
by AJ Botha
Plaashaas wrote:Baie netjies.
Jy is nie dalk bereid om n "parts list" te deel nie?
Dankie
Nog nie, soos ek noem ek karring nog met motors en gears. Maar ek sal dit aan die gemeenskap bied wanneer ek gelukkig is met die ontwerp.
Ek sal ook miskien 'n paar bou teen basically cost price as daar belangstelling is.
Dit maak goed soos die sny van perspex goedkoper, en meeste plekke bied free shipping as jy genoeg spandeer.
My mikpunt was om goedkoper uit te draai as die een viewtopic.php?f=171&t=67763, en hopelik 'n bietjie meer brass+pins te kan vat.
My parts cost op die oomblik is so rondom R1700-R1900 including die 1kg pins en shipping van twee verskaffers af.
Ek sal dit ook kon goekoper maak deur goed soos die belde en pulleys van Wish/China af te bestel - op die oomblik koop ek van Microrobotics af.
n Speed controller wat hier R250 kos het ek tot by my huis gekry vir R4. Ja korrek 1, 2 ,3, 4 Rand.
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 3:08 pm
by PWV
AJ Botha wrote:
PWV wrote:AJ, daai spoed is 100%!! Laat hom vir 'n uur loop met wynsteensuur, sunshine liquid en warm water, en jy sal die doppe nie ken nie!
Dankie, ja hy maak al mooi! Sal happy wees as hy bietjie meer brass kan vat en effens vinniger draai. Ekt hom al gehol met Sunlight maar moet nog sunshine liquid probeer!
Nie te veel seep nie. Dan is dit net skuim. 1 teelepel is genoeg.
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 8:18 pm
by Willem Grobler
Net n dom vraag (ek ken nie “wet tumblers” nie): sal die glasbottel en/of sy deksel lank hou? (Met al d media, doppe en souse draaiende binne-in)
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Tue Feb 19, 2019 8:25 pm
by AJ Botha
Willem Grobler wrote:Net n dom vraag (ek ken nie “wet tumblers” nie): sal die glasbottel en/of sy deksel lank hou? (Met al d media, doppe en souse draaiende binne-in)
Solank as wat jy hom nie laat val nie behoort die glas verewig te hou, die deksel weet ek nie!
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Thu Feb 21, 2019 6:45 am
by Blitzzz
Baie netjies. Ek vra sommer omdat ek nie van beter weet nie, maar is mens nie veronderstel om die bottel vol vloeistof te maak om te verhoed dat die doppe rond val binne? Vir my lyk hy nog bietjie leeg op die video.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Thu Feb 21, 2019 7:22 am
by LeRoy
Bou solank twee vir my asb.
Maar ek soek hulle nòù (Anders is die geld uitgegee )
Re: DIY Budget Mini Rotary Wet Tumbler
Posted: Thu Feb 21, 2019 10:22 am
by AJ Botha
LeRoy wrote:Bou solank twee vir my asb.
Maar ek soek hulle nòù (Anders is die geld uitgegee )
Binnekort!
@ Blitzzz, Ja die doppies moet toe wees onder die water, maar dit is nie nodig om die hele bottel vol water te maak sover ek verstaan nie- dan steel jy net gewig waar jy meer doppe kon insit.