Page 1 of 1

Vinnige Saterdag wegbreek...

Posted: Sun Feb 24, 2019 12:40 pm
by Ben Remington
Goeie middag...

Ek en Myburgh het Vrydadaand teen die vuur mekaar sit en lus maak vir jag en Saterdagmiddag was ons twee in die veld. Veld loop nou mooi groen uit na die genade water. Myburgh het 'n mooi blesbokram en springbokram geskiet met die .223, beide dubbellong skote op 106m en 142m. Bly maar net lekker om saam met 'n lekker pel in die veld te wees. Ons het die dag afgesluit met lekker dik steaks op die kole en 'n Kameelhout vuur.

Groetnis

Re: Vinnige Saterdag wegbreek...

Posted: Sun Feb 24, 2019 12:41 pm
by Ben Remington
......

Re: Vinnige Saterdag wegbreek...

Posted: Sun Feb 24, 2019 5:40 pm
by Jacquesb
Mooi man
Geniet die jagte saam jou laaitie.

Ek mis myne.

Re: Vinnige Saterdag wegbreek...

Posted: Sun Feb 24, 2019 7:22 pm
by koos 2
Pragtig, dankie vor die deel

Re: Vinnige Saterdag wegbreek...

Posted: Mon Feb 25, 2019 4:25 pm
by partner
Ai Ben. Baie dankie vir die deel van jag en fotos. Altyd lekker om jou en Myburgh se jagte te kan geniet.

Re: Vinnige Saterdag wegbreek...

Posted: Mon Feb 25, 2019 5:29 pm
by joe rocket
Netjies Myburgh baie mooi geskiet!