Page 1 of 1

SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 04, 2019 3:31 pm
by JBS
Baan 3 se 3de Gong is as 385m gelys.

Was dit n tikfout? Seker hy was nader as Gong 5 (360m)

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 04, 2019 3:35 pm
by toelie
Nee, volgens wat ek hom gerange het was hy n raps verder as no5 gewees.

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 04, 2019 3:43 pm
by Hein22
Ek het nie gedink hy was heeltemal so ver nie, maar ek glo Reggie en Ralf sou hulle mooi gerange het.

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 04, 2019 3:48 pm
by JBS
Ek is seker die een het gaan "range" en die ander een het getik.......met 'n vinger fout.
Seker hy was nader aan 358m ;)

EK het hom op 'n 330 verstelling gepot......op 385m sou ek beslis gemis het.

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 04, 2019 4:02 pm
by Hein22
Wel, op die lug fotos die oggend was gong 3 beslis verder as gong 5 gewees. Christie my spanmaat het hom vir 380m geskiet en was toe bo-oor, ek het met my beurt hom presies diesefde as as gong 5 geskiet en raak geskiet, so, go figure... :o

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Wed Mar 06, 2019 10:30 am
by Silent Hunting
Ek het hom mooi laat lui...

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Wed Mar 06, 2019 10:39 am
by Hein22
Jis, soveel jaracal manne daar en ek weet nie eers daarvan nie.

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Wed Mar 06, 2019 8:01 pm
by SakoTrippel2
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190306/7306f734e52f40cf958e6e1d0ba72c6e.jpg

Wel....hys slegs 45 uit 162 skote raak geskiet... Ekt hom op 'n 390 geskiet op 10X vergroting... Ek was hoog en links...mis

Die was my mik punte op baan 3 in my Leupold Varmint Hunters kruis... Let wel dis my 222tjie gewees... Hoop julle kan my sketse ontsyfer. Gong 2 se skets is foutief (afstand reg maar mikpunt verkeerd) ekt na die foto hom reg gemaak

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190306/88788742f8a0a7feab15f320e110b0c5.jpg

Groete
Frans

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Wed Mar 06, 2019 8:38 pm
by Silent Hunting
Ek het gong 2 gemis want ek het om een of ander rede dit goed gedink om gong 1 2x keer te skiet. So dit was 4 uit 5 daar. Die SLR is darem so bietjie vergewend as jou afstande nie spoton is nie. Ek het daai gong geskiet op 350 plus 2 clicks...

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 2:10 pm
by Deon de Villiers
My magtag Hein22, nou weet ek ook wie jy is as jou spanmaat Christie was!

Dit is vir my oor die algemeen 'n vreemnde verskynsel dat die forumgebruikers nie hul eie name en vanne gebruik nie. Gesels is tog lekkerder as jy weet met wie!?

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 2:16 pm
by Hein22
Deon de Villiers wrote:My magtag Hein22, nou weet ek ook wie jy is as jou spanmaat Christie was!

Dit is vir my oor die algemeen 'n vreemnde verskynsel dat die forumgebruikers nie hul eie name en vanne gebruik nie. Gesels is tog lekkerder as jy weet met wie!?
Dit is so Deon. Ek het lank hier gelees voor ek saam gesels het en het gesien almal gebruik skuil name, ek hou maar van saam die stroom swem jong. ;D

Vir die wat nie weet nie, Deon en Johan het die kompetisie gewen en Deon was die enigste skut wat 'n voltal kon bemagtig. Geluk Deon. SĂȘ bietjie, wat het jy baan 3 gong 3 op geskiet?

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 2:41 pm
by Deon de Villiers
Ek het hom vir 380m geskiet - 400 setting minus 2 klieks, wat eintlik net mooi op 385m uitwerk. Selfs met spoed van net 2820vs sou dit steeds raak wees in teorie al was die afstand 350m.

As dit 'n 8 duim gong was?

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 5:25 pm
by Reggie Gerber
Die ranges is 100% korrek

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 7:36 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek wil hom beslis volgende jaar skiet! Waar hoor mens van dit? Ek is nie op facebook nie, en ek het dit dalk hier op Jaracal gemis...

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 7:53 pm
by Silent Hunting
Ons het laat ingeskryf, 3 dae na inskrywings ge open het, en was op waglys. As ek reg onthou, dag en n half toe is alles uitverkoop.

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 8:20 pm
by Reggie Gerber
Die manne en vrouens wat vanjaar geskiet het gaan eerste opsie kry volgende jaar. Was n lekker dag en goeie gees onder mekaar

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Thu Mar 07, 2019 9:37 pm
by PietSkiet6.5
SakoTrippel2 wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20190306/7306f734e52f40cf958e6e1d0ba72c6e.jpg

Wel....hys slegs 45 uit 162 skote raak geskiet... Ekt hom op 'n 390 geskiet op 10X vergroting... Ek was hoog en links...mis

Die was my mik punte op baan 3 in my Leupold Varmint Hunters kruis... Let wel dis my 222tjie gewees... Hoop julle kan my sketse ontsyfer. Gong 2 se skets is foutief (afstand reg maar mikpunt verkeerd) ekt na die foto hom reg gemaak

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190306/88788742f8a0a7feab15f320e110b0c5.jpg

Groete
Frans
Wanneer jy in code jou notas maak ;)

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Fri Mar 08, 2019 10:09 am
by SakoTrippel2
PietSkiet6.5 wrote:

High-Grade Hieroglyphics Image

Maar ja was 'n diep lekker skiet gewees. Volgende jaar sal ek myself 'n beter kans gee en met 'n regte geweer opdaag!

Groete
Frans

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 25, 2019 10:13 am
by Sangoma (IAN)
Waar kan n ou die dag se uitslae sien?

Re: SWAROVSKI Gongskiet - Baan 3 Gong 3

Posted: Mon Mar 25, 2019 11:25 pm
by SakoTrippel2
Sangoma (IAN) wrote:Waar kan n ou die dag se uitslae sien?
Stuur 'n WhatsApp na 072 7242 agt agt vyf.. Ekt die hele lys gaan afneem na die tyd... Dink nie die klein geskryf gaan mooi wys op 'n forum upload nie.

Groete
Frans