Page 1 of 1

Hulp met 223 ladings vir Howa Varmint

Posted: Tue Mar 05, 2019 12:12 pm
by 264 Win Mag
Ek het 'n Howa Varmint 24" 223 volgens Howa se website behoort hy 'n 1/12 twist te he maar hy kan dalk een wees met 1/10

Die geweer groepeer uitstekend met fabrieks ammunisie en bykans enige iets wat mens deur hom skiet. Huidiglik skiet ek Sierra Game King 55 gr met 'n lading van 25,1 grein S321. My gemiddelde spoed is 3200 fps en hy skiet sub MOA en kleiner op 100 meter met die lading. Ek full size al my doppe en sit 'n ligte krimp op elke klaar gelaaide rondte. My slot maak maklik oop en ek kan nie merkbare druktekens sien nie, PMP doppe lyk reg dis net die lapua's wat die primers so bol staan.

Ek sien Somchem spec's se Max lading op S321 is 25,9 en max spoed is so 3278 FPS. So volgens die boekie is ek goed onder maximum druk. Probleem is op my Lapua doppe lyk dit of die primers na hulle geskiet is half uit die primer pocket gedruk is.

Die naweek wat verby is het 'n vriend van my van my ammo geskiet want sy geweer will nie groepeer met 'n verskeidenheid fabrieks ammunisie nie. Sy geweer is 'n Bruno Fox met 'n nuwe loop wat so duim langer as myne is en hy weet nie wat die twist rate is nie, die probleem is dat sy geweer baie viniger gechrony het met my ammunisie. Hy het 5 skote geskiet met sy supressor op en sy spoed was, 3322, 3314, 3328, 3342 en 3348 fps wat 'n gemiddeld gee van 3331 fps gee, dit is 131 fps vinniger as my geweer en 53 voet meer as Somchem se max. Sy geweer het mooi met die lading gegroepeer en daar is nie merkbare druktekens op die dop nie sy slot het ook maklik oopgemaak.

My vraag is waarom kan dit wees dat sy geweer soveel vinniger as myne met dieslfde ammo chrony (ek weet elke geweer verskil)?
Ek wil ook van die manne weet wat Howa 223's skiet en laai met 321, wat se spoed en ladings skiet julle uit julle Howa varmints?
Is my 3200 nie te hoog nie ek skiet baie met die geweer en wil nie my loop leeftyd benadeel nie. Is my lading te hoog, wat se spoed is ideaal vir die 223 Howa's en waar le julle nodes met 321?

Wat se julle ek sal graag will hoor wat julle dink.

Re: Hulp met 223 ladings vir Howa Varmint

Posted: Tue Mar 05, 2019 12:37 pm
by Witpietskiet
Skiet met my 223 Howa Varminter 55gr V-max, 25gr S321 vir 3200fps, niks moeilikheid nie.

Re: Hulp met 223 ladings vir Howa Varmint

Posted: Tue Mar 05, 2019 12:45 pm
by tripodmvr
Node met 55gr koeëls is gewoonlik naby 3230 na 3250vps. Druk is so 50K psi met 24 duim loop. Met 20 duim loop is druk by 60K en nodespoed is nog dieselfde.

PMP se FMJBT ammunisie gee my meer as 3300vps en ek kry gepriemde slagdoppe. Druk is dan te hoog.

Uit my rekords wil dit voorkom asof my geweer (24 duim dikloop) ook goed doen met spoed van 3270vps en 55gr koeëls.

Herlaaide ammunisie se doppe en TPL is vir ontwerp tydens die herlaaiproses. 'n Ander geweer se kamer en leade is nie daarvoor gepas nie en daarom die ander spoed met jou vriend se geweer. Vermy om herlaaide ammunisie in 'n ander geweer te skiet.

Re: Hulp met 223 ladings vir Howa Varmint

Posted: Tue Mar 05, 2019 3:00 pm
by Capt. Yoda
Soos Oom 3Poot se die kans is baie goed dat jou lading se TPL in sy geweer in die lands is, om n ander man se self gelaaide patrone in jou geweer te skiet is soos om met n ander man se vrou te speel.... 11.1.11 soek

Jou rede vir die primers in die lapua dop wat nie lekker lyk nie kan heel moontlik wees dat jy die lapua dop se skouer meer terug druk as die PMP sin en nou met bq van te vee head space voor die dop sit

Re: Hulp met 223 ladings vir Howa Varmint

Posted: Tue Mar 05, 2019 5:28 pm
by 264 Win Mag
Dankie manne julle verduideliking is uitstekend soos gewoonlik en die opmerking oor sy kamer wat te kort is maak sin. Op my Sako 264 Win Mag het ek dit gesien, ek het ver onder Somchem specs gelaai maar my TPL was baie korter as die standaard en my spoed was baie hoer as wat dit moes wees en ek het primers geblaas. Moes toe oorskakel na 130 grein punte plaas van die 140's en toe is die probleem opgelos. Julle is reg oor my ammo in sy geweer en ek sal maar van nou af dit in ag neem ook as my pelle se vrouens aanloklik begin lyk weereens dankie