Page 1 of 1

Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroting

Posted: Wed Mar 06, 2019 9:52 am
by DWB
Dagsê Manne,

As ek nou op sealine moet uitval gaan die manne dalk begin glo spoke bestaan!

So ek vra maar hier.

Ek wil vir my 'n gly/slide stok koop maar op 'n klein begroting!

Ek hengel nie meer te gereeld nie en die dae van Assassin Blade HMG en my Purglass 400/6 is lank vergete!

Soek iets waarop ek my nuwe Saltist 50 kan sit?

Wil kan aas gooi vir platvis en dan ook 'n haai trek as dit moet.

Raad asb!

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 9:57 am
by charlk
Hi DWB

Wat is jou begroting?
Ek het n Shimano Technium H
Die stok werk vir my baie lekker.
Mooi dag
Charl

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 10:05 am
by DWB
Dankie,

Ek het gedink nie veel meer as R2000 nie, het al op die internet na hom geloer en lyk nogal na 'n opsie!

Ek sien ou ek het net nie na sy prys opgelet nie!

Het nogal na die Assassin Beachmaster ook gekyk wat binne my prysklas val.

Lyk net effens skaars tans.

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 10:43 am
by avo
jy gaan sukkel om jou Blade se trek krag te verbeter..
Technium goeie roep, baie lig, moet hom net nie stamp nie...HPC bars in flarde bitter maklik.

Smous jou blade sit die geld by en kry nuwe makaira CASTING. meer as genoeg vir wat jy wil doen, baie lig en kan stampie of twee vat

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 10:56 am
by DWB
avo wrote:jy gaan sukkel om jou Blade se trek krag te verbeter..
Technium goeie roep, baie lig, moet hom net nie stamp nie...HPC bars in flarde bitter maklik.

Smous jou blade sit die geld by en kry nuwe makaira CASTING. meer as genoeg vir wat jy wil doen, baie lig en kan stampie of twee vat
Dankie!

Ek het ongelukkig lank terug van my Blade ens ontslae geraak, so ek begin weer van voor!

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 11:06 am
by alecjohnson
DWB Vir haaie by fransmans het ek Poseidon Heavy 5-7oz gebruik saam met 'n SQUALL 60 LD(7oz tip en sinker) en Fathom 40(6oz tip en sinker), braid 50LB sooveel as wat jy kan en 200m .45-.6mm topshot 27kg werk sooos 'n droom! die mono moet lekker rek vir goei werks verrigting. en ons het lekker aas laat gly (en swem)

My stok was R1.8k

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 11:10 am
by DWB
Dankie Alec,

Soos Avo noem, ek is juis skugter vir goed wat maklik breek!

Sal bietjie loer na die BG opsies, mens kry lyk my ongelukkig nie meer die ou Poseidons nie.

Het sommer 'n Poseidon Eclipse 6oz gekoop Desember, maar hy is 'n raps te pap!

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 11:31 am
by bsaaiman
Hi Deon,

Ek het n Purglas 400/4 as jy belangstel.

Bartho

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 12:30 pm
by ruaanb

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 12:59 pm
by DWB
Dankie Ruaan!

Dink ek moet daai Sensation Rugged vat!

WAJ is mos hier op die forum ook

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 1:51 pm
by ruaanb
Ek het die klein boetie van hom in 3-5oz in 12ft6. Al waarmee ek deesdae vang. Enigma het hom gebou.

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 1:51 pm
by DWB
Dankie!

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 3:10 pm
by ZKK
Sal jy belangstel in n one piece?
Ek het n gremlins 8+1

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Wed Mar 06, 2019 3:31 pm
by DWB
Dankie! Lyk of ek reggekom het!

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Thu Mar 07, 2019 7:26 am
by japievan
DWB
Enige stok wat 8-9oz sinkers kan gooi sal werk. Ek het destyds sommer my poseiden multi-tip gebruik. Ander opsie is die Blue marlin multi tip. Werk goed. Het wel ervaar dat die Shimano bietjie pap was vir my smaak.

Re: Al die vissermanne - Raad asb - Slide stok op 'n begroti

Posted: Thu Mar 07, 2019 7:31 am
by DWB
Baie manne. Lyk of ek daai sensation rugged gaan vat.

Goeie goed oor die stok gelees.