Page 1 of 1

Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 7:36 am
by Heinz Petersen
Hoe gereeld kalibreer jy Strelok.
Elke keer as jy skiet of net op verskillende plekke waar jy skiet.?

Re: Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 10:37 am
by joe rocket
Gaan dit Strelok se kalibrasie, jou point of impact en dope verskil op n oos wes baan. Cariolis is hier ter sprake. Gaan Strelok, point of impact en dope dan ook verskil op n noord Suid baan? Gaan hoogte bo seevlak n indvloed hê? Moet jy dan verskillend bane op Strelok safe vir dieselfse roer?

Re: Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 11:13 am
by Gian_dP
Dit behoort nie nodig te wees om verskillende kalibrasies te doen vir verskillende plekke, dae ens nie.

As jy nie kan zero waar my skiet nie, moet jy die Zero Weather funksie gebruik. Dan verander jy slegs jou atmosferiese data wanneer jy skiet om die huidige toestande in ag te neem.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190310/fe5fbb3d01980027d1c4540e67e76ccd.jpg

Vir Coriolus moet jy Azmuth(rigting waarin jy skiet) en latitude invoer but elke skietpunt. Meeste slimfone kan dit met ingeboude gps/kompas doen. By XSSSA skiet jy in een rigting, so net nodig om dit by eerste punt te doen.


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190310/9d178d111d1291f2c1f7c25b6c2eeb4b.jpg



Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 12:29 pm
by Gawie(13mm)
Onthou jul twee maters ek het jul Vrydag gevra het of jul "Density altitude" verstaan? Ek verstaan nou daai glasige uitdrukking in jul oë! >:D

Ek doen 'n beroep op een van die manne wat gekonfyt is met die beginsel en die toepassing daarvan om dit vir ons in leke Afrikaans te verduidelik. Bowenal, hoe ons dit in Strelok gebruik.

....en moet om hemels naam nou nie kom sê ons moet Applied Balistics kry nie. ::)

Re: Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 1:05 pm
by Smitstertjies
Gaafsters. Ek gaan nou nie Density Altitude hier probeer verduidelik nie. Jou Afrikaans was nog nooit bo verdenking nie so gee dit n go asb. Dit is mos maar net n kort saamgevatte weergawe van lugdruk, humiditeit en temperatuur as een syfer. (sonder om te tegnies te wees)

Wil net noem dat as jy zero weather gebruik jy elke veranderlike die dag met die zero moet insit, nl lugdruk, humiditeit en temperatuur.

Daarna by die skietbaan gebruik jy net DA, al is dit op n ander dag of baan.

Re: Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 2:12 pm
by ruaanb
Hier verduidelik oom Piet Breedt dit mooi:

viewtopic.php?f=75&t=4735&p=103136&hili ... de#p103136

Re: Strelok kalibreer.

Posted: Sun Mar 10, 2019 2:21 pm
by Gian_dP
Ander ding om na te kyk is die temperatuur faktor in Strelok. Werk lekker as jy paar keer al gemeet het bu verskillende temperature, maar kan jou spoed verkeerd weergee as dit nie reg opgestel is nie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190310/63fe5362e28942e2847b204923692afa.jpg

Sent from my SM-G920F using Tapatalk