Page 1 of 1

Trueworx Silencer

Posted: Thu Mar 14, 2019 12:01 pm
by toxicsox
Het iemand dalk al ooit 'n video geneem van die silencers in aksie?
En, het iemand dalk bietjie data in terme van recoil en sound reduction op 'n spesifieke kaliber 6mm en groter?

Re: Trueworx Silencer

Posted: Thu Mar 14, 2019 2:33 pm
by nicolvisagie
Ek is seker Geno sal jou kan help op daardie topic.

Re: Trueworx Silencer

Posted: Mon Mar 25, 2019 11:08 am
by toxicsox
Dit is bitter moeilik om 'n produk te wil koop as daar geen info oor die produk beskikbaar is nie. Dit beteken jy koop dan maar die ding vir sy looks.

Re: Trueworx Silencer

Posted: Mon Mar 25, 2019 2:25 pm
by Aceofspades
Toxic, ek kan nou nie spesifiek van die silencer praat nie, maar jy gaan nie 'n stuk drek van Izak af kry nie. Hy doen baie goeie werk.

Kriek

Re: Trueworx Silencer

Posted: Mon Mar 25, 2019 5:56 pm
by Nico Harris
As jy opsoek is na n baie ligte baie still silencer sal jy ver gaan om die een te klop. Gebruik nou al een vir 500 plus skote op n dasher- daar is stiller- maar amper dubbel die gewig. En daar is maar min wat by sy looks en afwerking kom! Ek het ongelukkig nie n video nie.

Re: Trueworx Silencer

Posted: Mon Mar 25, 2019 6:02 pm
by Nico Harris
https://m.youtube.com/watch?v=RkaoVkDagZQ

Kyk by min 2:40 en 3:30 die geweer met n camo kolf. Dis n dasher met die trueworx op. Hy het net n cover op vir die baan skiet.

Re: Trueworx Silencer

Posted: Tue Mar 26, 2019 9:01 am
by Geno
Beste wat ek kan doen wat klank aanbetref is paar video links opsit waar ek met hom skiet.
Wat recoil aanbetref, het ons nie die apparaat om dit te toets nie. Klank is ook tricky om te meet sonder laboratorium toerusting in my opinie.

Ons nuwe Titanium demper is ook gereed. Ek sal n aparte topic skep daarvoor.

XSmall
330gram weight.
140mm long.
46mm in diametre
.222, .223, .204

Small
380gram weight
180mm long.
46mm in diametre
.22-250, .243, .308, 6.5Creemoor etc.

Medium
465gr weight
220mm
46mm in diametre
.270/.30-06 etc.

Magnum
495gr weight
260mm long
46mm in diametre
.300wsm/win Mag etc.

https://www.youtube.com/watch?v=5ToTCSL276I