Page 1 of 1
.22-250 Tika
Posted: Thu Mar 21, 2019 10:04 pm
by OU VOORSLAG
Naand Manne
Eks opsoek na raad. Watse punte en kruit sal julle aanbeveel vir n Tika .22-250 met n 22” loop en n 1:14 twist?
Luister graag.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .22-250 Tika
Posted: Thu Mar 21, 2019 10:13 pm
by Diesel Dog
53gr vmax met S335 behoort te werk.
DD
Re: .22-250 Tika
Posted: Fri Mar 22, 2019 4:02 am
by tripodmvr
QL berekeninge en die beskikbaarheid van drymiddel. Koeël = 53gr Vmax
1. S321 is die wenner met spoed.
2. S341 is ook heel bruikbaar en gee effe beter dopvul.
3. S355 kan ook werk as dit nie 'n stadige lot is nie.
Re: .22-250 Tika
Posted: Fri Mar 22, 2019 7:53 am
by Armand9
Ek sien baie manne skiet met min of meer daardie kombinasie S335.
My ervaring wys dat S355 beter dopvulling gee en soms n effe hoër node gee.
Met n 22 duim loop en 55gr pitte sal jy 3500fps kan haal sonder moeilikheid
Re: .22-250 Tika
Posted: Fri Mar 22, 2019 9:45 am
by Hercules Louw
53gr V-max benodig 'n stywer twist as 1 in 14, sien nota laaste reël op foto van Hornady herlaaidata.
Beste opsies is 55gr V-Max (plat basis), 50gr Noster BT of 50gr Sierra Blitz King.
53gr VMax (833 x 921).jpg
Re: .22-250 Tika
Posted: Fri Mar 22, 2019 10:52 am
by OU VOORSLAG
Baie dankie vir die terugvoering. Wardeer
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .22-250 Tika
Posted: Sat Mar 23, 2019 9:58 pm
by sPRINGHAAS
Ek het baie goeie resultate gekry met 52gr Nosler CC en S335. Kon nie die 53g Vmax kry dat hy naastenby dieselfde groepe gee nie.. al wou ek hom bitter graag laat werk met daardie beter BC.