Page 1 of 1

QL bevestiging van lading

Posted: Sun Apr 21, 2019 1:21 pm
by QWest
Goeie middag

Sal iemand asseblief die onderste deur QL hardloop omte sien hoe naby my lading aan node is.

Die data is vanoggend geneem.

Caliber: 6.5 x 55 (Howa)
Loop: 22” / 601mm
Weer: 14deg C, Weste wind 10km/uur
Chrono 5m van loop, geen aanpassing gemaak aan onderste spoen nie
Poeier: S365 092-18, -0.1%
TPL: 78.14mm
Lading: 46.9grains
Case: Lapua
Point: Nosler BT 140grains

Spoed Case Volume Case Length
1) 2753fps. 58.7gr. 55.14mm
2) 2754fps. 58.8gr. 55.08mm
3) 2741fps. 58.6gr. 55.05mm
4) 2741fps. 58.8gr. 55.07mm
5) 2777fps. 58.8gr. 55.03mm

Die onderste is 5 skote

Kan dalk nog klein aanpassing maak.

Dankie
1A852990-F7A6-441B-BE4D-60121D289068.jpeg

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Sun Apr 21, 2019 2:16 pm
by tripodmvr
Prakties gesproke is jy op die node as jou geweer wel 'n 22 duim loop het. Mate van 22 duim = 559mm.

Verder lyk jou doppe langer as die maks vir die' kaliber? Terugsny lengte van 54,75mm is die orde wat dit in moet wees.

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Sun Apr 21, 2019 5:54 pm
by QWest
Dankie Marius

As ek my doppe terug sny na 54.75mm moet ek die TPL verander en sal my lading se spoed verander?

Of sal dit vir my meer uniformity gee?

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Sun Apr 21, 2019 6:17 pm
by tripodmvr
As jou doppe te lank raak kan hulle voor in die kamer vasdruk en die koeël vasknyp. Dit kan gevaarlike druk veroorsaak. Die terugsny van die dop het bykans geen effek op greep en nul op spoed.

Jy het ook nie bevestig wat die lengte van die loop is nie?

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Mon Apr 22, 2019 10:29 am
by QWest
Hello

Dankie vir die verderer inligting

Ek’t nou net my loop gemeet en jou mate van 559mm is reg ( ek was deurmekaar met my 308 se mate)

Toe ek oorsponklik my doppe gekoop het, het ek helfte weg gesit na Fire-forming. Ek sien hierdies meet nog naby aan die 54.75mm.

Ek sal hierdie gebruik tot ek ander terug sny.

Is daar ‘n maksimum keur dat ‘n doppie gebruik kan word?

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Mon Apr 22, 2019 12:55 pm
by tripodmvr
Doppe word verloor omdat die geelkoper hard word deur die skiet en tergudruk proses (koudverharding). Om dit te keer moet die nek en skouers hittbehandel word deur die proses van uitgloeiing (annealing). Kyk na nuwe doppe of nuwe ammunisie waar die die nekke en skouers 'n blou kleur het. Google "annealing" vir 'n beter verduideliking.

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Mon Apr 22, 2019 3:22 pm
by QWest
Dankie sal so maak, sal ook op lees oor doppie lengte impak op herlaai

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:24 pm
by Hansieslim
As jy jou doppe "gereeld" anneal (ek doen dit met ELKE herlaai) sal hulle jou baie lank hou. Op my 6.5 Creedmoor trek ek op van my doppe al 20 keer herlaai is met geen tekens van probleme nie. Met my 6.5x55 het ek al na 8 keer se herlaai doppe gekry waarvan die nekke gekraak het...dit was die tyd voordat ek van annealing geweet het.

Vir my is dit persoonlik vrek belangrik om doplengtes terug te sny (dis ook iets wat ek doen met ELKE herlaai). Daardie wat Oom Marius noem dat druk kan toeneem as die doppe te lank is, is die uiterste waarheid. Vra jouself die vraag af...gaan die dop die koeël dieselfde vashou (lees nekspanning) as die een dop se nek langer as die ander dop s'n is.

Voorspoed

Re: QL bevestiging van lading

Posted: Tue Apr 23, 2019 8:39 pm
by QWest
Dankie Hansieslim

Moet eerlik sê dat ek nooit dop lengte veel aandag gegee het nie, altyd net na TPL.

Bly dat julle meer ervare manne die res van ons kan reg help.

Waardeur dit.