Page 1 of 1

Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Mon Apr 29, 2019 8:26 pm
by Kubus
Ek jag al van baie jonk af.
Een goeie middag in Okt 95 (Ek toe 34 jaar oud) gaan jag so 4 van ons bosbokke.
Ons word op plekke in die veld afgelaai, en ek skiet n mooi ram. Haal sy pens uit en dra hom pad toe, waar die bakkie my weer sal kom optel. Net daar kry ek hartaanval no1. Gelukkig kom die bakkie daar verby, tel my gou genoeg op, jaag na Kirkwood hospitaal, en ek oorleef dit.
So ses maande daarna, by my huis, hartaanval no 2. ek voel dit betyds kom, en my vrou jaag met my hospitaal toe. Ek oorleef die een ook na n besoek aan die Pretoria harthospitaal.
Dit gaan toe vir 13 jaar goed en ek en my vrou gaan dans een aand in 2009, en toe kry ek die grootte. Nommer 3. Kla potblou, kla dood, maar n verpleegster en medikus by die dans, kry my wragtig weer wakker.
PE hospitaal toe. Week in ICU, hulle bou my toe n masjien in, n masjien wat my skok elke keer as ek n hartaaval sou kry. Hulle noem dit n Defibrilator. R400 000 rand verder, medies betaal gelukkig. Soos die goed wat ons op TV sien wat hulle op die mense se bors druk en hulle skok tot hulle bykom. Die ding doen dit net self, in jou bors net onder vel met drade to in jou hart. Die outjie begin op 200volt en bou self op tot 1700v. Drie maande afsiek.
Gaan jag in 2016, sien n mooi kudubul verby hardloop en sien nie kans vir n skoot nie. Die gids beveel aan ons moet rant uithol, die bul staan net hier agter. Ooreis myself, pass uit en ek kry my eerste 3 skokke voor ek bykom, Hier sit die gids met die Lanie in sy arms, wat het die arme siel gedink. ><) ><)
Kom egter by en ek sit maar in bakkie res van dag.
Gedurende een saterdag in Mei 2017, klim hierdie selfde onnosel in bome voor my erf, met n kettingsaag, en saag dat jy net sien takke waai. Ek begin sleggerig voel en klim leer af, sit die kettingsaag neer, en dasit. Hartaanval no. 5. Die ou dingetjie skop sy laaste kraggies uit, en ek is weer mens. Vroulief teen die tyd taamlik op vir my slimmigheid. Terug hospitaal toe, Masjientjie se battery klaar en hy moet heeltemal vervang word. Hyt nie n oopmaakplek vir n nuwe battery nie.
6 April 2019, alleen by huis in binneplaas. Vroulief en suster PE toe. Terwyl ek so staan, besluit die dingetjie, maar ek het jou mos lanklaas geskok. 4 skokke terwyl ek by my volle positiewe is. Vrouens lieg, ek is seker dis erger as kraampyne.
Hy skop jou werklik van jou voete af. Daar opgestaan, bed toe. Le so vir twee ure en gaan weer binneplaas toe. Skop die klein wetter my weer, ligte uit. Volgens kardioloog 6 keer voor ek bygekom het.
Gaan jag die afgelope naweek weer in Cradock. Sien n mooi RHBees bul. Stokke en gewere uit. Net toe ek die sneller trek. Liggies uit, (No agt) twee skokke volgens die ouens saam met my. Geweer val daar stokke daar.
My vriend tel my geweer op, maak veilig. Lodge toe. Daai aand is dit n hele bespreking. Ons check die patroon wat in die loop was, en nou bo in magasyn. Sien hy was geskiet met die valslag. Trek sy punt. Daar was wragtig geen kruit in daai patroon wat ek gelaai het nie. Iemand kon lelik seer gekry het.
Ek is nog nie klaar gejag nie. MY GOD IS GROOT en sal vir my sorg. Al lees net een persoon hierdie stuk en dit kan hom help, het ek my doel bereik. Was vandag by Kardioloog. Gaan volgende week vir angiogram, want hy gaan eers n week lank jag. Hoes daai vir n dokter. 8)

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Mon Apr 29, 2019 8:30 pm
by 6mmMusgrave
Baie bly vir te hoor oom. Moet maar kyk na die tieker. Die Liewe Vader se Genade ken nie perke nie.

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Mon Apr 29, 2019 9:00 pm
by .270 Man
Baie goeie storie om te vertel. Wys n ou God beplan sy tyd vir ons elkeen en oom het paar keer kans gehaad om storie te vertel. Party mense kry nie een kaans nie. God is groot my oom.

Sent from my LM-G710 using Tapatalk

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Mon Apr 29, 2019 9:07 pm
by ruaanb
sjoe Ons Vader se genade is groot!

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Tue Apr 30, 2019 11:38 am
by PWV
Kubus, dit is erg!! Maar deur die genade is jy gespaar om hierdie storie te vertel!!

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Tue Apr 30, 2019 11:54 am
by jamalley
Kubus, die liewe Vader het heeltemal baie planne nog vir jou - net om jou te laat lag oor die skok storie-Paasnaweek is ek by my swaer in Sweizer en in 'n pandjieswinkel sien ek 'n Meps 125 (een van daai pulsators vir vee) en onthou 'n pel soek so iets, prys is reg, maar hy vra ek moet dit toets - sit dit sommer op 'n motor battery en omdat ek weet die ding kan skok vat ek eers net liggies aan die twee wassers op die skok kant, niks gebeur, want hulle le los om die geleier, toe ek ordentlik vat, brand daai ding my fingers en skok my dat my rugspiere saamtrek en my gout enkel, waarvoor ek nog 'n goutbom wou gaan koop, sommer die hele naweek weg was.

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Tue Apr 30, 2019 9:52 pm
by Hansieslim
Maggies het ek nou lekker gelag vir Kubus se storie. Wys jou net, as jy wil jag, is daar niks wat jou kan keer nie.

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Wed May 01, 2019 8:05 am
by Kubus
Na al die konsternasie, darem die volgende dag die 3 geskiet,
SWB.jpg

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Thu May 02, 2019 1:01 pm
by partner
Dankie vir die deel. Laat n mens dink. Bitter baie om voor dankbaar te wees.

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Thu May 02, 2019 2:41 pm
by FrancoisW
Dankie vir die deel oom. Baie lesse wat ek uit die storie kan huis toe vat.

Re: Hoe gelukkig kan een mens wees

Posted: Fri May 03, 2019 11:58 am
by win270
Mooi storie, Kubus. As jag eers aan mens gebyt het, hou niks jou terug nie! Baie sterkte met jou gesondheid. Jy's 'n man wat elke dag voluit leef en ook aan andere vertel wat die Vader se genade in jou lewe beteken. Doen so voort!