Page 1 of 1

Leeu Calls

Posted: Sun Nov 06, 2011 7:14 pm
by Naas
Middag Manne.

Ek wil hoor of iemand my gou met leeu calls kan help.
Hier het vanoggend n groot manietjie ingekom en ons wil hom
stop voor hy skaade maak.

As Iemand my dalk gou kan help.

Baie Dankie
Naas Potgieter

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 12:56 pm
by Danie Lombard .243
Wil my nie slim hou nie, het nog nie leeu gejag nie maar menigte male leeus beloer in die gemsbok park en by 'n vriend van my wat met leeus boer.

Leeu is 'n kat en die goed is nuuskierig en oppertuniste. Probeer sommer 'n kos klank en maak gebruik van 'n reuk van 'n karkas of 'n dooie ding wat soos leeu aandete ruik.

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:03 pm
by Gerhard
Naas,

Ek het lank terug n jag video gesien waar die manne leeu vreet klanke gebruik het om die katte in te roep.

Meskien is die "bait" manier meer effektief.

Sterkte

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:19 pm
by Raven
Naas,

Ek het al 4 leeus op een staanplek ingeroep binne 30 minute - gewone kosklank trek maar enige roofdier se aandag- sou bok klanke soos steenbok  of springbok of wildebeeskalf aanbeveel.
Di? leeus het egter ingekom op taffie se kliphasie - ek glo ek was in hul gebied en hulle het op nuuskierigheid kom loer.

Raven

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:23 pm
by VdWalt
Mense ek maak my vuil as ek sit en wag vir die jakkels se tjankie en daai meneer
grom of brul hier naby my !!! :o :o :o

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:23 pm
by Gerhard
Raven wrote: Naas,

Ek het al 4 leeus op een staanplek ingeroep binne 30 minute - gewone kosklank trek maar enige roofdier se aandag- sou bok klanke soos steenbok  of springbok of wildebeeskalf aanbeveel.
Di? leeus het egter ingekom op taffie se kliphasie - ek glo ek was in hul gebied en hulle het op nuuskierigheid kom loer.

Raven
En hoe lank het jy gewag voor jy die caller gaan op tel het??? he he he

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 1:26 pm
by Gerhard
VdWalt wrote: Mense ek maak my vuil as ek sit en wag vir die jakkels se tjankie en daai meneer
grom of brul hier naby my !!! :o :o :o
Het een aand op wild plaas geroep.

Was redelik naby die 1000HA leeu kamp gewees.

Was besig om uit te stap op die caller neer te sit toe daai V8's op start...

Toe raak die Hornet n regte duif kaliber. Net jammer hy is op die bakkie en ek n 100m weg.

Wat n bevange geluid is daai V8 in die nag nie...

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 2:01 pm
by Raven
Gerhard,

1 mannetjie , 3 wyfies  - het maar die lig sterk op hulle gehou - oor die dak voor in die bakkie ingeklim en tot teen die roeper gery. 'n man kry so 'n koue gevoel as jy daai o? reguit na jou kyk, terwyl jy deur die scope loer na hulle.

Raves

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 07, 2011 3:29 pm
by Naas
Baie dankie vir die replys.

Ek het ook maar gedink om kosklanke te gebruik,maar
dit is n leeu manietjie wat uit botswana in gekom het.
Die manne was al so 36km op sy spoor en het hom 1keer misgeskiet.

Dit is maar hoekom ek leeu klanke gesoek het,om hom na n trop toe
te lok.

Daar is intusen besluit om hom maar met n choper te dart,
en dan na n wilds plaas teverskuif.

Nogtans was ek baie lus vir daai kiesie.

Dankie Manne

Re: Leeu Calls

Posted: Mon Nov 14, 2011 10:17 pm
by molopohunter
Dagse Naas,

Bly julle het reg gekom. Ek was in navorsing projek waar ons bio-opsie darting moes doen vir genetieka dokteraat student van kanada, so net roep het gewerk.
Ons het n vlakvark wat skreeu gebruik, en n ruk later hyena.
As jy n mannetjie wil inroep is dit beter om nie leeu roepe te gebruik nie, want hy is heel moontlik uit sy eie gebied, en as hy ander leeus hoor is daar n goeie kans dat daar n "male co-allesion" kan wees.
So, as hy vlug, gaan hy baie moontlik lae profiel hou, leeus vermy en die maklikste moontlikke prooi aanvat. As hy kan roof nog beter.

Hoop dit kan help as daar weer so geval is.