Page 1 of 1
Roep klanke...
Posted: Sun Nov 06, 2011 8:37 pm
by Cobus(Cobb)
Ter interesantheid wil ek weet wie neem die klanke op wat gebruik word in die roep toerusting.Waar kom die name vir die klanke vandaan.?
Wie "ontwikkel" 'n nuwe klank of hoe word die klank "uitgedink" en beproef?
Ek luister graag
Cheers
Re: Roep klanke...
Posted: Sun Nov 06, 2011 9:32 pm
by Ponkie
Cobb
Die voltydse jagters soos Oom Hein,Taffie en Jason neem baie van die klanke self op. Kombineer 'n 5sek van een klank met 5sek van 'n ander klank. Hulle ruil BAIE klanke onder mekaar uit waarvan meeste van ons nie eers weet nie.
Weet Jason en Oom Louis werk tans aan 'n nuwe CD klanke. Elke jagter het maar sy eie unieke benaming.
Groetnis
Ponkie
Re: Roep klanke...
Posted: Sun Nov 06, 2011 10:38 pm
by Cobus(Cobb)
mmm, interessant, dankie Ponkie
Re: Roep klanke...
Posted: Mon Nov 07, 2011 3:09 pm
by Arno Pienaar
Middag manne. Ek wil net by julle hoor ek het by n proffesor van stelenboch papiere gekry oor jakkals jag en op daardie papiere praat hy baie van n rondloper teef klank ek het hom gevra op wiese cd is daardie klank maar hy kan my toe nie andwoord nie maar as een van julle weet laat weet my asb
Re: Roep klanke...
Posted: Wed Nov 16, 2011 9:17 pm
by jeep
Pienaar
Sal self van daai en wil weet .
Ek dink so by my self dat daai klankie nogal die manne regop sal laat sit
JEEP
Re: Roep klanke...
Posted: Wed Nov 16, 2011 10:45 pm
by Boertjie
Jeep en ander
Hoe sal julle se, jakals huil, is dit n teef of n reun?
Boertjie
Re: Roep klanke...
Posted: Thu Nov 17, 2011 12:55 pm
by Louis102
Ponkie wrote:
... Weet Jason en Oom Louis werk tans aan 'n nuwe CD klanke ...
Aitsa Ponkie, lyk my jy is ingelig? Nee, dis geen geheim dat ek 'n geruime tyd reeds klankies opneem, meng en toets nie. Sommer 'n stokperdjie, wat ek baie geniet en omdat dit vir my interessant is. Ek het van die goed begin toets en gevind dat ek nogal sukses met van die klanke het. Dog toe ek sal dit vir 'n paar "pro's" gee om te toets, met die idee dat ek wil uitvind wat (in die bestaande roepklanke en nuwe opnames) dit is, wat die rooies "tickel". Hoekom werk sekere klanke beter as ander?
Ek het toe navraag gekry om 'n paar praatjies oor ongedietes te lewer en selfs 'n kursus of twee aan te bied en dit het gelei tot die gedagte dat ek dalk so paar klanke wat vir my werk saam met die kursus kan uitdeel. Ek was ook nog altyd bereid om ander te help om hulle opnames "skoon te maak" en te "edit". Jason is een van die manne wat my gevra het om te help (ek dink ek het 3 klanke vir hom skoongemaak). Blykbaar het hy nog ander klanke opgeneem wat baie goed is, maar dit het ek nog nie gesien nie.
Alhoewel ek vir persoonlike gebruik bestaande klanke vermeng het en sulke klanke vir van die "pro's" gegee het om te toets, is dit nie vir die algemene mark of om te verkoop, beskikbaar nie. Om eties redes sal my "kursus-CD" (as jy dit so wil noem) slegs oorspronklike roepklanke bevat. Ek kan mos nie die vermenging / redigering van ander se klanke sonder toestemming, in die algemeen beskikbaar stel nie. Dit sal mos nie reg wees nie?
Die bestaande klanke van Heinrich en Taffie is uitsekend en 'n paar van Tewis se klanke werk baie mooi. Dis eintlik al wat 'n man nodig het, want dit is van die beste. Wat ek probeer doen is om 'n paar alternatiewe vir bestaande klanke beskikbaar te maak, vir daar waar die bestaande klanke so bietjie "moeg" begin raak.
Vra maar, daar is geen "geheime" hierdie kant nie.
Mooiloop
Louis
Ns. Ek het ook al agter gekom dat van die goed, soms die rooies wegjaag eerder as inroep, wees maar versigtig as jy van die beproefde we? afdwaal.
Re: Roep klanke...
Posted: Thu Nov 17, 2011 5:46 pm
by Arno Pienaar
Ek is bly daar is nog manne wat nuwe klanke uitbring en wat jakkals jag laat aangaan nuwe klanke laat rol maar altyd dai ou slim jakkalse
Re: Roep klanke...
Posted: Fri Nov 18, 2011 9:23 am
by iceman1982
Louis102 wrote:
Ns. Ek het ook al agter gekom dat van die goed, soms die rooies wegjaag eerder as inroep...
Ons luister...?
Re: Roep klanke...
Posted: Fri Nov 18, 2011 9:41 am
by Rooies
dit is, wat die rooies "tickel".
LOUIS
Solank sy n donkerkop het en mooi glimlag, "tickel" sy my>
Groete daar op Kuduberg.
Re: Roep klanke...
Posted: Fri Nov 18, 2011 1:02 pm
by Louis102
Rooies wrote:
Solank sy n donkerkop het en mooi glimlag, "tickel" sy my>
Reds, jy's t? maklik, Afrikaanse Sokkie-treffers op die roeper en 'n aapsap en pannekoekie vir lokaas. Dis jou dood, ek weet.