Page 1 of 1
Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 12:27 pm
by alecjohnson
Goeie dag
Ek vra gou raad in verband met die volgende, ek moet vir my pel sy KLR650 neem, ek moet vroegoggend in die koue volgendeweek Vrydag ry, ek kan nie laat vertrek nie want die dag se rit is 1200km en wil dus weet hoe kan ek maak dat fiets sal vat die koue oggend?
Ek het nou al koerante onder gepak en met 'n kombers die enjin probeer bedek. raad asseblief as daar is?
ongelukkig het ek nie 'n motorhuis nie dink dit sou gehelp het. ek luister graag na raad as daar is? dalk toedraai in elektriese kombers? wil nou nie 'n kans var dat die fiets uitbrand nie.
Groete
Re: Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 12:52 pm
by Jean Marais
Doen vooraf 'n toetslope om hom aan die gang te kry sonder om enige iets te doen. As hy vat, het jy geen moeilikheid nie, As hy nie vat nie, dan kan jy verder eksperimenteer.
Re: Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 1:27 pm
by Aceofspades
Haha Alec
Ek verstaan die frustrasie. Eerstens wil ek net eers vra of dit nie valve clearance is nie?
Trek die scooter op karton of koerant. Vat 'n 60W gloeilamp en sit hom onder die scooter. Gooi dan 'n kombers bo-oor.
Die gloeilampie gee genoeg hitte dat dinge nie te koud word nie.
As jy nie daardie moeite wil doen nie, gooi maar so twee of drie emmers warm water oor voor jy try start.
Andersins moet jy maar die aand voor hybte koud word hom laat warm idle en dan so twee uur weer.
Maar kyk eers na jou valve clearance. Dit laat mense dink die carbs is nie reg nie. En dan 10uur start die bike ewe skielik

Sterkte
Kriek
Re: Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 2:07 pm
by alecjohnson
Baie dankie ek sal valve clearances check, maar ek dink dis maar die upington koue my eie fiets kon ek al paar oggende nie aan die gang kry nie, ek sal beslis die gloeilamp en kombers ook 'n go gee. ek het darm nog paar oggende om seker te maak hy gaan volgende vrydag vat.
Re: Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 2:19 pm
by Aceofspades
Ek wil dit nou nie te hardop sê nie, 'n paar manne gaan praat van sparks. Maar ek het erg gesukkel met 'n VFR en toe het ek begin om die gloelamp in die V te sit, reg onder die carbs. So is die intake valves lekker warm
Kriek
Re: Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 2:26 pm
by alecjohnson
Aceofspads wrote:Ek wil dit nou nie te hardop sê nie, 'n paar manne gaan praat van sparks. Maar ek het erg gesukkel met 'n VFR en toe het ek begin om die gloelamp in die V te sit, reg onder die carbs. So is die intake valves lekker warm
Kriek
Ek is vas oortuig dis die koue op carb want dis wat my XJ600 ook gedoen het op koue oggende, sparkpulg van KLR is pragtig "tan" so hy is beslis reg.
as dit onder 10 buite raak het die xj maar gesukkel. sal vanaand al gloeilamp truuk probeer.
Re: Koue oggend met vergasser(carburetor)
Posted: Thu May 23, 2019 4:36 pm
by Matewis28
Aceofspads wrote:Haha Alec
Ek verstaan die frustrasie. Eerstens wil ek net eers vra of dit nie valve clearance is nie?
Trek die scooter op karton of koerant. Vat 'n 60W gloeilamp en sit hom onder die scooter. Gooi dan 'n kombers bo-oor.
Die gloeilampie gee genoeg hitte dat dinge nie te koud word nie.
As jy nie daardie moeite wil doen nie, gooi maar so twee of drie emmers warm water oor voor jy try start.
Andersins moet jy maar die aand voor hybte koud word hom laat warm idle en dan so twee uur weer.
Maar kyk eers na jou valve clearance. Dit laat mense dink die carbs is nie reg nie. En dan 10uur start die bike ewe skielik

Sterkte
Kriek
Dikte van jou olie het ook 'n wesenlike invloed. My 1150 start altyd maklik. Maar in 1.3 grade 2 jaar terug by Angie's het hy traag geswaai die eerste 3 keer en toe gevat.