Page 1 of 1

300 Norma IMP

Posted: Thu May 23, 2019 7:45 pm
by Diesel Dog
Ek wil vir my n switch barrel in 300 norma imp laat kamer wat ek op my 338 norma aksie will monteer.
Moet nou n loop selekteer en die twist rate bepaal ,will graag 225gr eldm of 230gr berger hybrid skiet .Volgens Berger se twist calculator is 1-10'' voldoende maar ek lees dat baie gewere word met 1-9'' gebou.

Wat sal die rede hiervoor wees ?

DD

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 23, 2019 9:58 pm
by jankraay
Ek kan nie vir jou se hoekom hulle hom so bou nie maar wel dat die 1:10 voldoende is. Eugene en DJ van der Linde se lope is 1:10 en hy skiet daai 225 ELD M laat dit bars.

As ek dit nie mis het nie is die 1:9 .30 lope maar skaars.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 23, 2019 10:07 pm
by Francoisv
Gerald volgens die twist calculators tot my beskikking is 1/10 net genoeg om marginaal te stabiliseer. 230 is te lank vir die 1/10, 1/9 gee stabfakt van 1.65 teenoor 1.34. Lugdruk speel ook ‘n groot rol. 1/10 sal werk op die hoeveld.


Francois Vogel

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 23, 2019 10:28 pm
by joe rocket
Seevlak 1:9 twist. Skiet die 225 eldm'e. Daai koele is lank.

Re: 300 Norma IMP

Posted: Fri May 24, 2019 5:40 am
by Heinz Petersen
Is daar iemand hier wat vir my kan help om n 300NM improve reamer te bestel. Ek het my eie mates.

Re: 300 Norma IMP

Posted: Fri May 24, 2019 8:42 am
by Eugene
Diesel Dog wrote:Ek wil vir my n switch barrel in 300 norma imp laat kamer wat ek op my 338 norma aksie will monteer.
Moet nou n loop selekteer en die twist rate bepaal ,will graag 225gr eldm of 230gr berger hybrid skiet .Volgens Berger se twist calculator is 1-10'' voldoende maar ek lees dat baie gewere word met 1-9'' gebou.

Wat sal die rede hiervoor wees ?

DD
Ek dink die 1-9 sal die ideaal wees, maar hulle is betreklik skaars. Ek en DJ het na 'n ruk moed opgegee met die soektog en besluit op die 1-10 wat beskikbaar was en skiet die 225gr redelik gemaklik en met goeie resultate. Ons skiet nou wel hier "bo" en nie by die see nie. As ons by die see is, braai en drink ons maar... ;)

As jy 'n 1-9 kan kry, vat dit.

Re: 300 Norma IMP

Posted: Fri May 24, 2019 1:19 pm
by Diesel Dog
Heinz Petersen wrote:Is daar iemand hier wat vir my kan help om n 300NM improve reamer te bestel. Ek het my eie mates.
Ek het kontak met n besigheid wat vir my solid-carbide reamers maak volgens my specs.Ek moet ook vir die projek reamer bestel kontak my as jy belangstel om reamer te deel.Moet net print he om kwotasie te kry.

DD

Re: 300 Norma IMP

Posted: Fri May 24, 2019 1:21 pm
by Diesel Dog
Eugene wrote:
Diesel Dog wrote:Ek wil vir my n switch barrel in 300 norma imp laat kamer wat ek op my 338 norma aksie will monteer.
Moet nou n loop selekteer en die twist rate bepaal ,will graag 225gr eldm of 230gr berger hybrid skiet .Volgens Berger se twist calculator is 1-10'' voldoende maar ek lees dat baie gewere word met 1-9'' gebou.

Wat sal die rede hiervoor wees ?

DD
Ek dink die 1-9 sal die ideaal wees, maar hulle is betreklik skaars. Ek en DJ het na 'n ruk moed opgegee met die soektog en besluit op die 1-10 wat beskikbaar was en skiet die 225gr redelik gemaklik en met goeie resultate. Ons skiet nou wel hier "bo" en nie by die see nie. As ons by die see is, braai en drink ons maar... ;)

As jy 'n 1-9 kan kry, vat dit.
Daar sak my vlag weer sal maar plaaslik n loop moet laat maak.

DD

Re: 300 Norma IMP

Posted: Wed May 29, 2019 8:37 pm
by Diesel Dog
Dankie Arnold ek kon toe 1-9 loop met jou inligting opspoor,nou wil ek net weet hoe gaan mens te werk om n barrel rifle te lisensieer?

DD

Re: 300 Norma IMP

Posted: Wed May 29, 2019 10:32 pm
by jankraay
Diesel Dog wrote:Dankie Arnold ek kon toe 1-9 loop met jou inligting opspoor,nou wil ek net weet hoe gaan mens tewerk om n barrel rifle te lisensieer?

DD
Kan jou nie help met die aansoek nie maar wel gedaan met die opsooor van die loop!! Bly jy kon een kry.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 8:43 am
by Eugene
Diesel Dog wrote:Dankie Arnold ek kon toe 1-9 loop met jou inligting opspoor,nou wil ek net weet hoe gaan mens tewerk om n barrel rifle te lisensieer?

DD
Met die nuutste verwikkellinge rakende loopvervangings by die CFR, weet ek nie of dit 'n ligte musiek oefening gaan wees nie. Ek sal voorstel dat jy die loop en aksie by 'n Geweersmid inboek en aansoek doen vir 'n custom build en eerder daai roete volg. Ek vermoed dit gaan vinniger wees.

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 8:54 am
by Arnold
Hi Eugene, ek glo hy behoort nog te kan aansoek doen vir 'n loop se lisensie aangesien hierdie nie 'n loop vervanging is nie maar net 'n ekstra loop?

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 8:59 am
by Eugene
Arnold wrote:Hi Eugene, ek glo hy behoort nog te kan aansoek doen vir 'n loop se lisensie aangesien hierdie nie 'n loop vervanging is nie maar net 'n ekstra loop?
Arnold, dis moeilik om jou in die skoene van die CFR te plaas en te probeer dink hoe hulle redeneer, want hulle maak die vreemdste besluite. Maar ek aanvaar as hulle so wesenlike probleem met loopvervangings het, dan sal die toestaan van 'n lisensie vir 'n loop alleen, seker ook problematies wees. Want wat is tog die doel daarvan om 'n loop te lisensieer anders as om dit te vervang met 'n ander loop? Maar toegegee, dit is seker die moeite werd om te probeer as mens nie haastig is nie.

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 9:12 am
by Arnold
As mens haastig is moet jy nie die game speel nie :(

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 9:12 am
by Capt. Yoda
Eugene wrote:
Arnold wrote:Hi Eugene, ek glo hy behoort nog te kan aansoek doen vir 'n loop se lisensie aangesien hierdie nie 'n loop vervanging is nie maar net 'n ekstra loop?
Arnold, dis moeilik om jou in die skoene van die CFR te plaas en te probeer dink hoe hulle redeneer, want hulle maak die vreemdste besluite. Maar ek aanvaar as hulle so wesenlike probleem met loopvervangings het, dan sal die toestaan van 'n lisensie vir 'n loop alleen, seker ook problematies wees. Want wat is tog die doel daarvan om 'n loop te lisensieer anders as om dit te vervang met 'n ander loop? Maar toegegee, dit is seker die moeite werd om te probeer as mens nie haastig is nie.

Sterkte, laaste wat ek nog gehoor het het jy amper n beter kans om saam met Arno op n jag musiek video te verskein as om n loop te verander. Soos Eugene se as jy aansoek doen vir die loop is die normale volgende stap om hom te gebruik en sekerlik een te vervang, ek sou ook maar die aksie en loop in boek en vra om te bou

Voor die nuutste sirkus het die switch barrels nogals lekker gewerk so dalk is jy gelukkig en een verstaan half wat jy wil doen

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 9:15 am
by Arnold
Ouens hou in gedagte dat die doel n switch barrel geweer is met n 338 en 300 loop

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 300 Norma IMP

Posted: Thu May 30, 2019 9:21 am
by Eugene
Arnold wrote:Ouens hou in gedagte dat die doel n switch barrel geweer is met n 338 en 300 loop

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ek verstaan dit, maar ek dink steeds soos hierbo. Maar ek sal verheug wees as DD kan regkom op daai manier!