Page 1 of 2

Droewors speserye

Posted: Fri May 24, 2019 11:50 am
by Chris (vdB)
Dagse manne

Wat is julle manne se gunsteling pak droewors speserye. En hoe vergelyk Crown se Safari droewors met die Ouma droewors. Ek het nog nooit die Safari gebruik nie

Re: Droewors speserye

Posted: Fri May 24, 2019 12:48 pm
by alecjohnson
My gunsteling sal ek net moet seker maak oor, maar dink dis crown plaaswors, maar net omdat die pakkie iets se beteken nie dis waar jy stop nie. ek gebruik paar van crown se produkte en maak met hulle soos ek die dag lus het. 'n Voorbeeld is die plaaswors het ek nou al paar keer mee biltong gemaak, en die biltongspice werk worderlik in volstruis/bees wors, die wors droog ook baie lekker as jy lus het.

Edit:

Dit is crown plaaswors boerewors spice wat vir my mooi werk

Re: Droewors speserye

Posted: Fri May 24, 2019 10:13 pm
by Andre308
alecjohnson wrote:My gunsteling sal ek net moet seker maak oor, maar dink dis crown plaaswors, maar net omdat die pakkie iets se beteken nie dis waar jy stop nie. ek gebruik paar van crown se produkte en maak met hulle soos ek die dag lus het. 'n Voorbeeld is die plaaswors het ek nou al paar keer mee biltong gemaak, en die biltongspice werk worderlik in volstruis/bees wors, die wors droog ook baie lekker as jy lus het.

Edit:

Dit is crown plaaswors boerewors spice wat vir my mooi werk
Presies wat ek ook gebruik vir my droewors. Hy is so rapsie duurder as die res, maar hy doen die ding!

Andre

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 8:39 am
by Capt. Yoda
Ouma loop soos n jet veral as hy lekker vet in het

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 8:41 am
by hennief
Ouma met 'n ruim handjie Safari Biltong op 'n batch

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 11:54 am
by Harambe
Ek weet nie of dit die beste op die mark is nie, maar Checkers maak baie lekker biltong en droewors speserye. Jy kry dit in sulke silwer mylar pakkies.

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 12:29 pm
by Joe13
Kom ons gesels oor Wolmaranstad se biltong den. Ek het nog nooit sulker lekker billies en wors gevreet nie. Ek maak n punt daarvan om daar om te ry as ek daaikant toe gaan, al is dit 100km draai.

Weet iemand dalk watter spesirye hulle gebruik?

https://www.facebook.com/BiltongDen1/

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 8:49 pm
by KalahariKlong
Joe, hulle biltong is verseker vir my van die lekkerste. Ek koop altyd genoeg as ek daar verby ry.
Dis n plek daai wat my bek laat kwyl..

Trug by wors..
Vir nat wors hou ek van Crown se Wa Pad, Goudveld is ook lekker met n bietjie chillie bite spice.
Droewors gebruik ek ouma van crown met Freddie hirsh se hunters biltong spice. Ek sien Hennie maak hom ook so.

Groete
KK

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 9:19 pm
by JJV
Joe13 wrote:Kom ons gesels oor Wolmaranstad se biltong den. Ek het nog nooit sulker lekker billies en wors gevreet nie. Ek maak n punt daarvan om daar om te ry as ek daaikant toe gaan, al is dit 100km draai.

Weet iemand dalk watter spesirye hulle gebruik?

https://www.facebook.com/BiltongDen1/
Ek het nie goeie ondervinding by hulle gehad die laaste keer wat ek daar gestop het nie, dalk was ek net ongelukkig?

Sal ook graag lekker resepte wil kry om self smaaklike biltong en droewors te maak sonder gekoopte spices, want jy weet nooit wat is bygevoeg in die pakke spice, dalk het iemand lekker resep!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Droewors speserye

Posted: Mon May 27, 2019 9:23 pm
by KalahariKlong
JJV wrote:

My biltong resep

Vir elke 1 kg Biltongvleis....die volgende mengsel speserye..
18 gram Sout
2 gram swart peper
1 gram Bruinsuiker
4 gram Koljander

Skroei koljander en gebruik woestersous, nie asyn nie.

Re: Droewors speserye

Posted: Tue May 28, 2019 6:57 am
by Joe13
JJV wrote:
Joe13 wrote:Kom ons gesels oor Wolmaranstad se biltong den. Ek het nog nooit sulker lekker billies en wors gevreet nie. Ek maak n punt daarvan om daar om te ry as ek daaikant toe gaan, al is dit 100km draai.

Weet iemand dalk watter spesirye hulle gebruik?

https://www.facebook.com/BiltongDen1/
Ek het nie goeie ondervinding by hulle gehad die laaste keer wat ek daar gestop het nie, dalk was ek net ongelukkig?

Sal ook graag lekker resepte wil kry om self smaaklike biltong en droewors te maak sonder gekoopte spices, want jy weet nooit wat is bygevoeg in die pakke spice, dalk het iemand lekker resep!

Sent from my iPhone using Tapatalk
As dit die mense was dan is dit maar altyd so, hulle is nie baie vriendelik nie. Ek loop in vat my vleis en waai.

Re: Droewors speserye

Posted: Tue May 28, 2019 8:13 am
by Capt. Yoda
JJV wrote:
Joe13 wrote:Kom ons gesels oor Wolmaranstad se biltong den. Ek het nog nooit sulker lekker billies en wors gevreet nie. Ek maak n punt daarvan om daar om te ry as ek daaikant toe gaan, al is dit 100km draai.

Weet iemand dalk watter spesirye hulle gebruik?

https://www.facebook.com/BiltongDen1/
Ek het nie goeie ondervinding by hulle gehad die laaste keer wat ek daar gestop het nie, dalk was ek net ongelukkig?

Sal ook graag lekker resepte wil kry om self smaaklike biltong en droewors te maak sonder gekoopte spices, want jy weet nooit wat is bygevoeg in die pakke spice, dalk het iemand lekker resep!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Ja back in the day was hulle die nr 1 plek maar ek het die laaste paar jare ook al beter gehad

Re: Droewors speserye

Posted: Tue May 28, 2019 7:52 pm
by Morkel
Capt. Oblivious wrote:

Capt jy kan maar se wasr jy daai biltong en wors kryImage

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Droewors speserye

Posted: Wed May 29, 2019 8:28 am
by Capt. Yoda
Jou wild biltong en droewors is verseker top klas!

Re: Droewors speserye

Posted: Wed May 29, 2019 10:10 am
by Omnia
Capt. Oblivious wrote:
JJV wrote:
Joe13 wrote:Kom ons gesels oor Wolmaranstad se biltong den. Ek het nog nooit sulker lekker billies en wors gevreet nie. Ek maak n punt daarvan om daar om te ry as ek daaikant toe gaan, al is dit 100km draai.

Weet iemand dalk watter spesirye hulle gebruik?

https://www.facebook.com/BiltongDen1/
Ek het nie goeie ondervinding by hulle gehad die laaste keer wat ek daar gestop het nie, dalk was ek net ongelukkig?

Sal ook graag lekker resepte wil kry om self smaaklike biltong en droewors te maak sonder gekoopte spices, want jy weet nooit wat is bygevoeg in die pakke spice, dalk het iemand lekker resep!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Ja back in the day was hulle die nr 1 plek maar ek het die laaste paar jare ook al beter gehad
Ja Capt. ek wil met jou saam stem , … ek sal se so 3 jaar terug was Wollies se biltong uit die boeke , ek stop nog steeds daar maar ek kry nie meer daai smaak nie . Die afrika biltong stukke sien 'n ou ok nie meer nie , weet nie hoe hulle dit altyd reg gekry het nie maar die stukke gesnyde biltong het altyd in so Afrika form gewees

Re: Droewors speserye

Posted: Wed May 29, 2019 10:31 am
by Capt. Yoda
Ek het self so rukkie in daai game gespeel en dit is bitter moeilik om ek sal nie se n hoe gehalte te handhaaf nie maar om alles altyd dieselfde te hou. Jy kry mense wat jy moet bel as X produk reg is want hulle wag net vir dit en dan is hy bitter vinnig moerig as dit nie presies proe soos wat hy laas onthou het nie, prrobleem maar met n plek as hy so groot word is jy het mense nodig om die produk te lewer en hoe meer mense jy nodig het om alles aan die gang te hou hoe minder het jy self jou hand op die produk soos in die begin toe almal mal was oor die produk. Vandag srping biltong winkels orals op en elke plattelandse dorp het 3 or 4 plus n Chekcer, spar en PNP wat ook biltong maak so kompetiesie is ook taai.

So op n side note, so paar weke terug kom kuier my swaar en so met die braai is ek lus vir biltong. Langs tops het ons n ene biltong@za of so iets, netjiese plek en die vleis lyk altyd bitter lekker. Ek koop toe n paar biere en val somer daar in vir n stukkie bilong, die goed is nat en nie mooi gesny nie maar na n ruk kom ek daar op 2 stukke af. n Biltong spice stuk en n kalahari spice stuk, man weeg dit en kerf dit en tot my verbasing gooi hy my met n R934 rekening vir 2 stukke biltong, o nee R399 n kg se die seun. Wat kan man maak ek betaal toe en ry, die slegste 11.1.11 wat ek in my lewe geeet het, proe of die mense die vlies in asyn en sout laat le en dan so in die verby kom net so hand peper en koljander oor dit gooi maar die klomp hier in die stad staan toue om die goed te koop.

Re: Droewors speserye

Posted: Wed May 29, 2019 10:34 am
by GeorgeL
Suidwes boerewors

Vleisland windhoek se resep

32kg vleis
8kg vet
650gr sout
60gr swart peper
50gr fyn naeltjies
50gr fyn neutmuskaat
300gr Koljander (gerooster)
750ml Woestersous
4 liter koue water vir braai wors (droe wors geen water)

Re: Droewors speserye

Posted: Wed May 29, 2019 10:47 am
by Harambe
Die ander geheim is rooiwyn asyn i.p.v. daai bruin goed.

Re: Droewors speserye

Posted: Wed May 29, 2019 10:50 am
by ruaanb
GeorgeL wrote:Suidwes boerewors

Vleisland windhoek se resep

32kg vleis
8kg vet
650gr sout
60gr swart peper
50gr fyn naeltjies
50gr fyn neutmuskaat
300gr Koljander (gerooster)
750ml Woestersous
4 liter koue water vir braai wors (droe wors geen water)
Die een loop soos 'n jet.

Vervaldatum op speserye

Posted: Tue Aug 18, 2020 12:50 pm
by Viking
Ek het 2 pakke Crown droëwors speserye in my kas ontdek - ongelukkig is dit al oor die vervaldatum!

Nou ontstaan die vraag onwillekeurig by my "Kan die speserye, wat in 'n blink lugdig verseëlde verpakking nog is, verslaan?"

Hoekom sou die speserye nie nog bruikbaar wees nie?

Ek verstaan dat OOP pak sou die speserye dalk kon verslaan, maar as die pakke nog NOOIT oopgemaak was nie....sou dit sekerlik nog bruikbaar wees.

Wat is julle mening?

Re: Droewors speserye

Posted: Tue Aug 18, 2020 1:31 pm
by Willie
Dit hang mos maar af hoe lank dit al verval het en hoe dit gestoor was. Kanse dat dit bruikbaar is is baie goed.

Ek sou in so geval een nuwe pak koop en dan by die wors maak proses besluit of die ou een goed is al dan nie.

My standaard metode van wors maak is dat ek die eerste stuk gestopde wors gaar maar en proe voor ek die hele lot stop.

Re: Droewors speserye

Posted: Tue Aug 18, 2020 2:20 pm
by Capt. Yoda
Nee wat ek sou hom gooi maar soos Willie se maak n stuk gaar voor jy groot maat begin stop dan sal jy vinnig weet of hy dalk nog n bq sout gaan kort

Re: Droewors speserye

Posted: Tue Aug 18, 2020 6:33 pm
by Willie
As dit bietjie oud is kan mens gewoonlik net bietjie meer speserye gooi of dan minder vleis gebruik.
Maar as dit lekker koud gehou was en nie baie lank na verval datum is nie is kanse goed dat dit nog baie goed sal wees.

Re: Droewors speserye

Posted: Tue Aug 18, 2020 6:42 pm
by Lategan1
Ek gooi rapsie ekstra sout by saam ouerige speserye, ongeag op wat. Dit ‘pep’ dit so bietjie op.

Beste.

Re: Droewors speserye

Posted: Thu Aug 20, 2020 6:35 am
by 6.5/284Norma
Crown se Dry wors seasoning werk die beste vir my. Dan gooi ek 'n groot koffiebeker goeie kwaliteit worcestersous by. Dit maak 'n verskil...